1 Korintiërs 7:1-40

7  En wat die dinge betref waaroor julle geskryf het: dit is goed vir ’n man om ’n vrou nie aan te raak nie;+  maar laat elke man weens die algemeenheid van hoerery+ sy eie vrou hê+ en elke vrou haar eie man.  Laat die man sy vrou gee wat haar toekom;+ maar laat die vrou ook dieselfde teenoor haar man doen.+  Die vrou oefen nie gesag oor haar eie liggaam uit nie, maar wel haar man;+ net so ook oefen die man nie gesag oor sy eie liggaam uit nie, maar wel sy vrou.+  Moenie mekaar dit ontsê nie,+ behalwe met wedersydse instemming vir ’n vasgestelde tyd,+ dat julle tyd aan gebed kan wy en weer bymekaar kan kom, sodat Satan julle nie weens julle gebrek aan selfbeheersing+ bly versoek nie.+  Ek sê dit egter by wyse van toegewing,+ nie as ’n bevel nie.+  Maar ek wens dat alle mense soos ek is.+ Nietemin het elkeen sy eie gawe+ wat van God kom, die een op hierdie manier, die ander op daardie manier.  En vir die ongetroudes+ en die weduwees sê ek dat dit vir hulle goed is as hulle bly soos ek is.+  Maar as hulle nie selfbeheersing het nie,+ laat hulle trou, want dit is beter om te trou+ as om van hartstog te brand.+ 10  Aan die getroudes gee ek instruksies—nogtans nie ek nie, maar die Here+—dat ’n vrou nie van haar man moet weggaan nie;+ 11  maar laat sy, as sy tog weggaan, ongetroud bly of haar weer met haar man versoen; en ’n man moet sy vrou nie verlaat nie. 12  Maar vir die ander sê ek—ja ek, nie die Here nie:+ As enige broer ’n ongelowige vrou het en sy nietemin bereid is om met hom saam te woon, laat hy haar dan nie verlaat nie; 13  en laat ’n vrou wat ’n ongelowige man het wat nietemin bereid is om met haar saam te woon, haar man nie verlaat nie. 14  Want die ongelowige man is geheilig met betrekking tot sy vrou, en die ongelowige vrou is geheilig met betrekking tot die broer; anders sou julle kinders in werklikheid onrein wees,+ maar nou is hulle heilig.+ 15  Maar as die ongelowige weggaan,+ laat hom weggaan; onder sulke omstandighede is ’n broer of ’n suster nie gebonde nie, maar God het julle tot vrede geroep.+ 16  Want hoe weet jy, vrou, of jy nie dalk jou man sal red nie?+ Of hoe weet jy, man, of jy nie dalk jou vrou sal red nie?+ 17  Maar laat elkeen, soos Jehovah hom ’n deel gegee het,+ so wandel soos God hom geroep het.+ En só verorden+ ek in al die gemeentes. 18  Is iemand as besnedene geroep?+ Laat hom nie onbesnede word nie. Is iemand as onbesnedene geroep?+ Laat hom nie besny word nie.+ 19  Die besnydenis+ beteken hoegenaamd niks, en onbesnedenheid+ beteken hoegenaamd niks, maar die onderhouding van God se gebooie.+ 20  Laat elkeen bly+ in watter staat hy ook al geroep is.+ 21  Is jy geroep toe jy ’n slaaf was? Moenie dat dit jou kwel nie;+ maar as jy ook vry kan word, gryp liewer die geleentheid aan. 22  Want enigeen in die Here wat geroep is toe hy ’n slaaf was, is die Here se vrygelatene;+ so ook is hy wat geroep is toe hy ’n vry man was,+ ’n slaaf+ van Christus. 23  Julle is met ’n prys gekoop;+ hou op om slawe van mense te word.+ 24  Broers, laat elkeen bly in watter toestand+ hy ook al geroep is, in verbondenheid met God. 25  En wat maagde betref, het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening+ as iemand aan wie die Here die barmhartigheid bewys het+ om getrou te wees.+ 26  Daarom dink ek dat dit goed is met die oog op die nood wat hier by ons bestaan: dat dit goed is vir ’n mens om te bly soos hy is.+ 27  Is jy gebind aan ’n vrou?+ Hou op om losmaking te soek.+ Is jy losgemaak van ’n vrou? Hou op om ’n vrou te soek. 28  Maar al sou jy ook trou, pleeg jy geen sonde nie.+ En as ’n maagdelike persoon trou, pleeg so iemand geen sonde nie. Diegene wat wel trou, sal egter verdrukking in hulle vlees hê.+ Maar ek spaar julle dit. 29  Daarbenewens sê ek dít, broers: die oorblywende tyd is kort.+ Laat dié wat vrouens het, van nou af wees asof hulle nie het nie,+ 30  en ook dié wat huil, soos dié wat nie huil nie, en dié wat bly is, soos dié wat nie bly is nie, en dié wat koop, soos dié wat nie besit nie, 31  en dié wat van die wêreld gebruik maak,+ soos dié wat dit nie ten volle gebruik nie; want die toneel van hierdie wêreld is aan die verander.+ 32  Ja, ek wil hê dat julle sonder sorge moet wees.+ Die ongetroude man is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here se goedkeuring kan verkry. 33  Maar die getroude man is besorg+ oor die dinge van die wêreld, hoe hy sy vrou se goedkeuring kan verkry,+ 34  en hy is verdeeld. Verder is die ongetroude vrou, en die maagd, besorg oor die dinge van die Here,+ sodat sy in haar liggaam sowel as in haar gees heilig kan wees. Die getroude vrou is egter besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy haar man se goedkeuring kan verkry.+ 35  Maar dit sê ek tot julle eie voordeel, nie om julle aan bande te lê nie, maar om julle te beweeg tot wat betaamlik is+ en wat volgehoue diens aan die Here beteken, sonder om afgelei te word.+ 36  Maar as iemand dink dat hy hom onbehoorlik gedra ten opsigte van sy maagdelikheid,+ as dit verby die bloei van die jeug is, en dit is hoe dit moet geskied, laat hom doen wat hy wil; hy sondig nie. Laat hulle trou.+ 37  Maar as iemand in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar gesag oor sy eie wil het en hierdie besluit, om sy maagdelikheid te bewaar, in sy eie hart geneem het, sal hy goed doen.+ 38  Gevolglik doen ook hy wat sy maagdelikheid in die huwelik gee goed,+ maar hy wat dit nie in die huwelik gee nie, sal beter doen.+ 39  ’n Vrou is gebind gedurende die hele tyd dat haar man lewe.+ Maar as haar man ontslaap, is sy vry om te trou met wie sy wil, net in die Here.+ 40  Maar sy is, na my mening, gelukkiger as sy bly soos sy is.+ Ek dink beslis dat ek ook God se gees+ het.

Voetnote