1 Korintiërs 8:1-13

8  En wat voedsel betref wat aan afgode geoffer is:+ ons weet dat ons almal kennis het.+ Kennis maak opgeblase, maar liefde bou op.+  As iemand dink dat hy kennis van iets verwerf het,+ ken hy dit nog nie soos hy dit behoort te ken nie.+  Maar as iemand God liefhet,+ word dié deur hom geken.+  En wat die eet+ van voedsel betref wat aan afgode geoffer is: ons weet dat ’n afgod niks+ in die wêreld is nie en dat daar geen God is nie, behalwe een.+  Want selfs al is daar dié wat “gode” genoem word,+ hetsy in die hemel+ of op die aarde,+ net soos daar baie “gode” en baie “here” is,+  is daar in werklikheid vir ons een God,+ die Vader,+ uit wie alles is, en ons vir hom;+ en daar is een Here,+ Jesus Christus,+ deur wie alles is,+ en ons deur hom.  Nietemin is hierdie kennis nie in almal nie;+ maar party, wat tot nou toe aan die afgod gewoond is, eet voedsel as iets wat aan ’n afgod geoffer is,+ en hulle gewete, wat swak is, word verontreinig.+  Maar voedsel sal ons nie by God aanbeveel nie;+ as ons nie eet nie, skiet ons nie te kort nie, en as ons eet, het ons geen verdienste vir onsself nie.+  Maar let voortdurend daarop dat hierdie reg van julle nie op die een of ander wyse ’n struikelblok word vir dié wat swak is nie.+ 10  Want as iemand jou, die een wat kennis het, gedurende ’n maaltyd in ’n afgodstempel aan tafel sien, sal die gewete van dié een wat swak is, dan nie opgebou word tot waar hy voedsel eet wat aan afgode geoffer is nie?+ 11  Ja, deur jou kennis word die swakke te gronde gerig, jou broer ter wille van wie Christus gesterf het.+ 12  Maar wanneer julle só teen julle broers sondig en hulle gewete+ wond wat swak is, sondig julle teen Christus. 13  Daarom, as voedsel my broer laat struikel,+ sal ek nóóit weer vleis eet nie, sodat ek my broer nie sal laat struikel nie.+

Voetnote