1 Korintiërs 9:1-27
9 Is ek nie vry nie?+ Is ek nie ’n apostel nie?+ Het ek nie Jesus, ons Here, gesien nie?+ Is julle nie my werk in die Here nie?
2 As ek vir ander nie ’n apostel is nie, is ek seer seker vir julle, want julle is die seël wat my apostelskap met betrekking tot die Here bevestig.+
3 My verdediging teenoor dié wat my aan ’n ondersoek onderwerp, is dít:+
4 Ons het die reg om te eet+ en te drink, nie waar nie?
5 Ons het die reg om ’n suster as vrou+ rond te neem net soos die res van die apostels en die Here se broers+ en Sefas,+ nie waar nie?
6 Of is dit net ek en Barʹnabas+ wat nie die reg het om geen sekulêre werk te doen nie?+
7 Wie dien ooit op eie koste as ’n soldaat? Wie plant ’n wingerd en eet nie van die vrug daarvan nie?+ Of wie hou as herder toesig oor ’n kudde en eet nie van die melk van die kudde nie?+
8 Spreek ek hierdie dinge volgens menslike standaarde?+ Of sê die Wet+ nie ook hierdie dinge nie?
9 Want in die wet van Moses staan daar geskrywe: “Jy mag ’n bul nie muilband wanneer hy die graan uitdors nie.”+ Is dit bulle waaroor God besorg is?
10 Of sê hy dit geheel en al om ons onthalwe? Ja, dit is om ons onthalwe geskryf,+ omdat die man wat ploeg, in hoop behoort te ploeg, en die man wat dors, dit behoort te doen in die hoop dat hy ’n deel sal ontvang.+
11 As ons geestelike dinge+ vir julle gesaai het, is dit dan iets groots as ons dinge vir die vlees van julle sal maai?+
12 As ander deel het aan hierdie reg oor julle,+ het ons dan nie des te meer nie? Nietemin het ons nie van hierdie reg gebruik gemaak nie,+ maar ons verdra alles, sodat ons geen hindernis vir die goeie nuus oor die Christus veroorsaak nie.+
13 Weet julle nie dat die manne wat heilige take verrig, die dinge van die tempel eet nie,+ en dat dié wat voortdurend by die altaar diens verrig,+ saam met die altaar ’n deel vir hulleself ontvang nie?
14 So ook het die Here vir dié wat die goeie nuus verkondig, verorden+ dat hulle deur middel van die goeie nuus lewe.+
15 Maar ek het nie van één van hierdie voorsienings gebruik gemaak nie.+ Ek het hierdie dinge werklik nie geskryf sodat dit in my geval so moes word nie, want dit sou vir my beter wees om te sterf as—geen mens gaan die rede vir my geroem+ verydel nie!
16 As ek dan nou die goeie nuus bekend maak,+ is dit vir my geen rede om te roem nie, want die dwang+ is my opgelê. Waarlik, wee+ my as ek die goeie nuus nie bekend maak nie!
17 As ek dit gewillig+ doen, het ek ’n beloning;+ maar as ek dit teen my sin doen, het ek nogtans ’n bestuurderskap+ wat aan my toevertrou is.
18 Wat is my beloning dan? Dat ek, terwyl ek die goeie nuus bekend maak, die goeie nuus kosteloos kan verskaf,+ sodat ek my reg in verband met die goeie nuus nie misbruik nie.
19 Want hoewel ek vry is van almal, het ek my ’n slaaf+ van almal gemaak, sodat ek die meeste kan wen.+
20 En so het ek vir die Jode soos ’n Jood geword+ om Jode te wen; vir dié onder die wet het ek soos een onder die wet geword,+ hoewel ek self nie onder die wet is nie,+ om dié onder die wet te wen.
21 Vir dié sonder wet+ het ek soos een sonder wet geword,+ hoewel ek nie sonder wet is ten opsigte van God nie, maar onder die wet+ ten opsigte van Christus,+ om dié sonder wet te wen.
22 Vir die swakkes het ek swak geword om die swakkes te wen.+ Ek het alles vir alle soorte mense+ geword om op elke moontlike manier sommige te red.
23 Maar ek doen alles ter wille van die goeie nuus, sodat ek met ander ’n deelgenoot+ daarvan kan word.
24 Weet julle nie dat die hardlopers+ in ’n wedloop almal hardloop, maar dat net een die prys+ ontvang nie? Hardloop+ só dat julle dit kan verkry.+
25 Wat meer is, elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, beoefen selfbeheersing+ in alles. Hulle doen dit natuurlik sodat hulle ’n verderflike kroon kan kry,+ maar ons ’n onverderflike.+
26 Daarom is die manier waarop ek hardloop,+ nie onseker nie; die manier waarop ek my houe rig, is só dat ek nie in die lug slaan nie;+
27 maar ek kasty my liggaam+ en lei dit as ’n slaaf, sodat ek, nadat ek vir ander gepreek het, nie self op die een of ander wyse afgekeur sou word nie.+