1 Johannes 1:1-10

1  Wat van die begin af was,+ wat ons gehoor het,+ wat ons met ons oë gesien het,+ wat ons aandagtig aanskou+ en met ons hande betas het+ aangaande die woord van die lewe+  (ja, die lewe is openbaar gemaak,+ en ons het die ewige lewe+ wat by die Vader was en aan ons openbaar gemaak is, gesien en ons getuig+ en vertel julle daarvan),  wat ons gesien en gehoor het, vertel ons ook vir julle,+ sodat julle ook deelgenootskap met ons kan hê.+ En hierdie deelgenootskap+ van ons is met die Vader en met sy Seun Jesus Christus.+  En daarom skryf ons hierdie dinge, sodat ons vreugde volkome kan wees.+  En dít is die boodskap wat ons van hom gehoor het en aan julle bekend maak,+ dat God lig is+ en daar hoegenaamd geen duisternis in eenheid met hom is nie.+  As ons die bewering maak: “Ons het deelgenootskap met hom”, en ons nogtans voortgaan om in die duisternis te wandel,+ lieg ons en beoefen ons nie die waarheid nie.+  Maar as ons in die lig wandel soos hy in die lig is,+ dan het ons deelgenootskap met mekaar,+ en die bloed+ van Jesus, sy Seun, reinig+ ons van alle sonde.+  As ons die bewering maak: “Ons het geen sonde nie”,+ mislei ons onsself+ en is die waarheid nie in ons nie.  As ons ons sondes bely,+ is hy getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle onregverdigheid te reinig.+ 10  As ons die bewering maak: “Ons het nie gesondig nie”, maak ons hom ’n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.+

Voetnote