1 Johannes 2:1-29

2  My kindertjies, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie ’n sonde begaan nie.+ En tog, as iemand ’n sonde begaan, het ons ’n helper+ by die Vader, Jesus Christus, ’n regverdige.+  En hy is ’n soenoffer+ vir ons sondes,+ en tog nie net vir ons s’n nie,+ maar ook vir dié van die hele wêreld.+  En hieraan weet ons dat ons hom leer ken het, naamlik as ons sy gebooie bly bewaar.+  Hy wat sê: “Ek het hom leer ken”,+ en tog nie sy gebooie bewaar nie,+ is ’n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie.+  Maar elkeen wat sy woord bewaar,+ waarlik, in hom is die liefde vir God tot volmaaktheid gebring.+ Hieraan weet ons dat ons in eenheid met hom is.+  Hy wat sê dat hy in eenheid met hom bly,+ staan onder verpligting om self ook te bly wandel net soos hy gewandel het.+  Geliefdes, ek skryf nie aan julle ’n nuwe gebod nie, maar ’n ou gebod+ wat julle van die begin af gehad het.+ Hierdie ou gebod is die woord wat julle gehoor het.  Dan weer skryf ek aan julle ’n nuwe gebod, ’n feit wat in sy geval en in julle s’n waar is, want die duisternis+ gaan verby en die ware lig+ skyn reeds.  Hy wat sê dat hy in die lig is en tog sy broer haat,+ is tot nou toe in die duisternis.+ 10  Hy wat sy broer liefhet, bly in die lig,+ en daar is geen rede tot struikeling in sy geval nie.+ 11  Maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis,+ en hy weet nie waarheen hy gaan nie,+ want die duisternis het sy oë verblind. 12  Ek skryf aan julle, kindertjies, omdat julle sondes ter wille van sy naam vergewe is.+ 13  Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle hom leer ken het wat van die begin af is.+ Ek skryf aan julle, jong manne,+ omdat julle die bose oorwin het.+ Ek skryf aan julle, jong kinders,+ omdat julle die Vader leer ken het.+ 14  Ek skryf aan julle, vaders,+ omdat julle hom leer ken het wat van die begin af is.+ Ek skryf aan julle, jong manne, omdat julle sterk is+ en die woord van God in julle bly+ en julle die bose oorwin het.+ 15  Moenie die wêreld of die dinge in die wêreld liefhê nie.+ As iemand die wêreld liefhet, is die liefde vir die Vader nie in hom nie;+ 16  want alles wat in die wêreld is+—die begeerte van die vlees+ en die begeerte van die oë+ en die spoggerige vertoon van ’n mens se lewensmiddele+—het nie hulle oorsprong by die Vader nie, maar het hulle oorsprong by die wêreld.+ 17  Wat meer is, die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte,+ maar hy wat die wil+ van God doen, bly vir ewig.+ 18  Jong kinders, dit is die laaste uur,+ en net soos julle gehoor het dat die antichris kom,+ het daar nou reeds baie antichriste opgestaan;+ waaruit ons te wete kom dat dit die laaste uur is. 19  Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons soort nie;+ want as hulle van ons soort was, sou hulle by ons gebly het.+ Maar hulle het uitgegaan sodat dit aan die lig kon kom dat nie almal van ons soort is nie.+ 20  En julle het ’n salwing van die heilige;+ julle het almal kennis.+ 21  Ek skryf aan julle, nie omdat julle die waarheid nie ken nie,+ maar omdat julle dit ken,+ en omdat geen leuen sy oorsprong by die waarheid het nie.+ 22  Wie is die leuenaar anders as die een wat ontken dat Jesus die Christus is?+ Dít is die antichris,+ die een wat die Vader en die Seun loën.+ 23  Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.+ Hy wat die Seun bely,+ het ook die Vader.+ 24  Wat julle betref, laat wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly.+ As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in eenheid+ met die Seun en in eenheid met die Vader bly.+ 25  En dít is die belofte wat hy self aan ons beloof het: die ewige lewe.+ 26  Hierdie dinge skryf ek aan julle oor dié wat probeer om julle te mislei.+ 27  En wat julle betref, die salwing+ wat julle van hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie;+ maar, soos die salwing wat van hom kom, julle van alles leer,+ en waaragtig is+ en geen leuen is nie, en net soos dit julle geleer het, moet julle in eenheid+ met hom bly. 28  Daarom, kindertjies,+ bly nou in eenheid+ met hom, sodat ons vrymoedigheid van spraak kan hê+ wanneer hy openbaar gemaak word+ en nie by sy teenwoordigheid+ beskaamd van hom hoef weg te gaan nie. 29  As julle weet dat hy regverdig is,+ kom julle te wete dat elkeen wat regverdigheid beoefen, uit hom gebore is.+

Voetnote