1 Johannes 3:1-24

3  Kyk watter liefde+ het die Vader ons gegee, sodat ons kinders van God genoem sou word;+ en dit is ons ook. Daarom ken die wêreld+ ons nie, want dit het hom nie leer ken nie.+  Geliefdes, nou is ons kinders van God,+ maar dit is nog nie openbaar gemaak wat ons sal wees nie.+ Ons weet wel dat ons soos hy sal wees+ wanneer hy openbaar gemaak word,+ want ons sal hom sien net soos hy is.+  En elkeen wat hierdie hoop op hom het, reinig+ homself net soos hy rein is.+  Elkeen wat sonde beoefen,+ beoefen ook wetteloosheid,+ en daarom is sonde+ wetteloosheid.  Julle weet ook dat hy openbaar gemaak is om ons sondes weg te neem,+ en daar is geen sonde+ in hom nie.  Elkeen wat in eenheid met hom bly,+ beoefen nie sonde nie;+ niemand wat sonde beoefen, het hom gesien of hom leer ken nie.+  Kindertjies, laat niemand julle mislei nie; hy wat regverdigheid beoefen, is regverdig, net soos hy regverdig is.+  Hy wat sonde beoefen, het sy oorsprong by die Duiwel, want die Duiwel sondig al van die begin af.+ Met dié doel is die Seun van God openbaar gemaak,+ naamlik om die werke van die Duiwel te verbreek.+  Elkeen wat uit God gebore is, beoefen nie sonde nie,+ want Sy voortplantingsaad bly in so iemand, en hy kan nie sonde beoefen nie, want hy is uit God gebore.+ 10  Die kinders van God en die kinders van die Duiwel word aan hierdie feit geken: elkeen wat nie regverdigheid beoefen nie,+ het nie sy oorsprong by God nie, ook nie hy wat sy broer nie liefhet nie.+ 11  Want dít is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het,+ dat ons liefde vir mekaar moet hê;+ 12  nie soos Kain, wat sy oorsprong by die bose gehad het en sy broer doodgemaak het+ nie. En waarom het hy hom doodgemaak? Omdat sy eie werke goddeloos was,+ maar dié van sy broer regverdig.+ 13  Broers, moenie julle daaroor verwonder dat die wêreld julle haat nie.+ 14  Ons weet dat ons uit die dood na die lewe oorgegaan het,+ want ons het die broers lief.+ Hy wat nie liefhet nie, bly in die dood.+ 15  Elkeen wat sy broer haat,+ is ’n moordenaar,+ en julle weet dat geen moordenaar+ die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.+ 16  Hieraan het ons die liefde leer ken,+ omdat hy vir ons van sy siel afstand gedoen het;+ en ons staan onder verpligting om vir ons broers van ons siele afstand te doen.+ 17  Maar wie hierdie wêreld se middele vir lewensonderhoud het+ en sy broer sien gebrek+ ly en tog die deur van sy tere medelye vir hom sluit,+ in watter opsig bly die liefde vir God in hom?+ 18  Kindertjies, laat ons liefhê,+ nie met woorde of met die tong nie,+ maar met dade+ en in waarheid.+ 19  Hieraan sal ons weet dat ons ons oorsprong by die waarheid het,+ en ons sal ons hart voor hom gerusstel 20  met betrekking tot alles waarin ons hart ons veroordeel,+ want God is groter as ons hart en weet alles.+ 21  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid van spraak teenoor God;+ 22  en wat ons ook al vra, ontvang ons van hom,+ omdat ons sy gebooie bewaar en die dinge doen wat in sy oë welbehaaglik is.+ 23  Ja, dít is sy gebod, dat ons geloof in die naam van sy Seun Jesus Christus+ moet hê en mekaar moet liefhê,+ net soos hy ons ’n gebod gegee het. 24  Wat meer is, wie sy gebooie bewaar, bly in eenheid met hom, en hy in eenheid met so iemand;+ en hieraan kom ons te wete dat hy in eenheid met ons bly,+ danksy die gees+ wat hy ons gegee het.

Voetnote