1 Johannes 4:1-21

4  Geliefdes, moenie elke geïnspireerde uiting glo nie,+ maar stel die geïnspireerde uitinge op die proef om te sien of hulle hulle oorsprong by God het,+ want talle valse profete het in die wêreld uitgegaan.+  Hieraan ken julle die geïnspireerde uiting wat van God kom:+ elke geïnspireerde uiting wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, het sy oorsprong by God,+  maar elke geïnspireerde uiting wat Jesus nie bely nie, het nie sy oorsprong by God nie.+ Wat meer is, dít is die antichris se geïnspireerde uiting wat julle gehoor het sou kom,+ en dit is nou reeds in die wêreld.+  Julle het julle oorsprong by God, kindertjies, en julle het daardie persone oorwin,+ want hy wat in eenheid met julle is,+ is groter+ as hy wat in eenheid met die wêreld is.+  Hulle het hulle oorsprong by die wêreld;+ daarom spreek hulle wat voortkom uit die wêreld en luister die wêreld na hulle.+  Ons het ons oorsprong by God.+ Hy wat die kennis van God opdoen, luister na ons;+ hy wat nie sy oorsprong by God het nie, luister nie na ons nie.+ Dit is hoe ons kennis neem van die geïnspireerde uiting van die waarheid en die geïnspireerde uiting van die dwaling.+  Geliefdes, laat ons aanhou om mekaar lief te hê,+ want die liefde+ kom van God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore+ en doen die kennis van God op.+  Hy wat nie liefhet nie, het God nie leer ken nie, want God is liefde.+  Hierdeur is die liefde van God in ons geval openbaar gemaak,+ want God het sy enigverwekte Seun+ in die wêreld uitgestuur sodat ons deur hom die lewe kan verkry.+ 10  Hierin lê die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat hy ons liefgehad en sy Seun uitgestuur het as ’n soenoffer+ vir ons sondes.+ 11  Geliefdes, as dit is hoe God ons liefgehad het, dan staan ons ook onder verpligting om mekaar lief te hê.+ 12  Niemand het God nog ooit aanskou nie.+ As ons aanhou om mekaar lief te hê, bly God in ons en word sy liefde in ons tot volmaaktheid gebring.+ 13  Hieraan kom ons te wete dat ons in eenheid met hom+ en hy in eenheid met ons bly,+ omdat hy ons sy gees gegee het.+ 14  Daarbenewens het ons self aanskou+ en getuig+ ons dat die Vader sy Seun as Redder van die wêreld uitgestuur het.+ 15  Elkeen wat die belydenis aflê dat Jesus Christus die Seun van God is,+ met so iemand bly God in eenheid en hy in eenheid met God.+ 16  En ons het self die liefde+ wat God in ons geval het, leer ken en geglo. God is liefde,+ en hy wat in die liefde bly,+ bly in eenheid met God, en God bly in eenheid+ met hom. 17  Dít is hoe die liefde by ons tot volmaaktheid gebring is, dat ons op die oordeelsdag+ vrymoedigheid van spraak+ kan hê, want net soos hy is, so is ons ook in hierdie wêreld.+ 18  Daar is geen vrees in die liefde nie,+ maar volmaakte liefde werp vrees uit,+ want vrees veroorsaak ’n stremming. Ja, hy wat in vrees verkeer, is nie tot volmaaktheid gebring in die liefde nie.+ 19  Wat ons betref, ons het lief omdat hy ons eerste liefgehad het.+ 20  As iemand die bewering maak: “Ek het God lief”, en tog sy broer haat, is hy ’n leuenaar.+ Want hy wat sy broer, wat hy gesien het, nie liefhet nie,+ kan God nie liefhê, wat hy nie gesien het nie.+ 21  En hierdie gebod het ons van hom,+ dat die een wat God liefhet, ook sy broer moet liefhê.+

Voetnote