1 Johannes 5:1-21

5  Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore,+ en elkeen wat die een liefhet wat die geboorte teweeggebring het, het die een lief wat uit hom gebore is.+  Hieraan kom ons te wete dat ons die kinders van God+ liefhet,+ wanneer ons God liefhet en sy gebooie nakom.+  Want dít is wat die liefde+ vir God beteken, dat ons sy gebooie bewaar;+ en tog is sy gebooie nie swaar nie,+  want alles wat uit God gebore is,+ oorwin die wêreld.+ En dít is die oorwinning+ wat die wêreld oorwin het:+ ons geloof.+  Wie anders is die een wat die wêreld+ oorwin+ as hy wat glo+ dat Jesus die Seun van God is?+  Dit is hy wat deur middel van water en bloed gekom het, Jesus Christus; nie met die water+ alleen nie, maar met die water en met die bloed.+ En dit is die gees+ wat getuig, want die gees is die waarheid.  Want daar is drie wat getuig,  die gees+ en die water+ en die bloed,+ en die drie is eenstemmig.+  As ons die getuienis aanneem wat mense gee,+ is die getuienis wat God gee groter, want dít is die getuienis wat God gee, die feit dat hy aangaande sy Seun getuig het.+ 10  Wie sy geloof in die Seun van God stel, het in sy eie geval die getuienis+ wat gegee is. Wie nie geloof in God het nie, het hom ’n leuenaar gemaak,+ omdat hy nie sy geloof gestel het in die getuienis wat gegee is nie,+ wat God as getuie+ aangaande sy Seun gegee het. 11  En dít is die getuienis wat gegee is, dat God ons die ewige lewe gegee het,+ en hierdie lewe is in sy Seun.+ 12  Hy wat die Seun het, het hierdie lewe; hy wat nie die Seun van God het nie, het nie hierdie lewe nie.+ 13  Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het,+ julle wat julle geloof in die naam van die Seun van God stel.+ 14  En dít is die vertroue wat ons teenoor hom het,+ dat hy ons hoor, ongeag wat ons volgens sy wil vra.+ 15  En as ons weet dat hy ons hoor met betrekking tot wat ons ook al vra,+ weet ons dat ons die dinge gaan kry wat ons gevra het, aangesien ons dit van hom gevra het.+ 16  As iemand sy broer ’n sonde sien begaan wat nie die dood meebring nie,+ sal hy vra, en hy sal aan hom die lewe gee,+ ja, aan hulle wat nie so sondig dat dit die dood meebring nie.+ Daar is ’n sonde wat wel die dood meebring. Aangaande daardie sonde sê ek nie vir hom om ’n versoek te doen nie.+ 17  Alle onregverdigheid is sonde;+ en tog is daar ’n sonde wat nie die dood meebring nie. 18  Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is,+ nie sonde beoefen nie, maar die Een+ wat uit God gebore is, waak oor hom, en die bose kry hom nie in sy greep nie.+ 19  Ons weet dat ons ons oorsprong by God het,+ maar die hele wêreld lê in die mag van die bose.+ 20  Maar ons weet dat die Seun van God gekom het,+ en hy het ons die intellektuele+ vermoë gegee dat ons die kennis van die waaragtige kan opdoen.+ En ons is in eenheid+ met die waaragtige, deur middel van sy Seun Jesus Christus. Dit is die ware+ God en die ewige lewe.+ 21  Kindertjies, bewaar julle van afgode.+

Voetnote