1 Konings 1:1-53

1  En koning Dawid was oud,+ gevorderd in dae; en hulle het hom met klere bedek, maar hy het nie warm geword nie.  Toe het sy knegte vir hom gesê: “Laat hulle vir my heer die koning ’n meisie soek, ’n maagd,+ en sy moet die koning bedien,+ sodat sy sy versorgster+ kan word; en sy moet aan u boesem lê,+ en my heer die koning sal beslis warm word.”+  En hulle het in die hele gebied van Israel ’n pragtige meisie gesoek en uiteindelik Abiʹsag,+ die Sunammiet,+ gevind en haar toe na die koning gebring.  En die meisie was beeldskoon;+ en sy het die koning se versorgster geword en hom bly bedien, en die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.  Intussen het Adoʹnia,+ die seun van Haggit,+ hom verhef+ en gesê: “Ék sal as koning heers!”+ En hy het vir hom ’n strydwa laat maak met ruiters en vyftig man wat voor hom uit hardloop.+  En sy vader het nooit sy gevoelens seergemaak deur te sê: “Waarom het jy so gemaak?”+ nie. En hy was ook baie mooi van gestalte,+ en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.  En hy het met Joab, die seun van Seruʹja, en met die priester Abjaʹtar+ onderhandelinge aangeknoop, en hulle het hulp begin aanbied as volgelinge van Adoʹnia.+  Wat die priester Sadok+ betref en Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, en die profeet Natan+ en Siʹmeï+ en Reï en die sterk manne+ wat aan Dawid behoort het, hulle het hulle nie met Adoʹnia ingelaat nie.+  Uiteindelik het Adoʹnia ’n offerande+ van skape en beeste en vetgemaakte diere gebring naby die klip Soheʹlet, wat langs En-Rogel+ is, en hy het al sy broers, die koning se seuns,+ en al die manne van Juda, die koning se knegte, genooi; 10  en die profeet Natan en Benaʹja en die sterk manne en sy broer Salomo het hy nie genooi nie. 11  Natan+ het toe vir Batʹseba,+ Salomo se moeder,+ gesê: “Het u nie gehoor dat Adoʹnia, die seun van Haggit,+ koning geword het, terwyl ons heer Dawid niks daarvan weet nie? 12  Kom dan nou, laat ek u asseblief ernstig raad gee.+ En verskaf ontkoming aan u siel en aan die siel van u seun Salomo.+ 13  Gaan verskyn voor koning Dawid, en u moet vir hom sê: ‘Het u, my heer die koning, nie vir u slavin gesweer en gesê: “Jou seun Salomo sal ná my koning word, en hý sal op my troon sit”+ nie? Waarom het Adoʹnia dan koning geword?’ 14  Kyk! Terwyl u nog daar met die koning praat, sal ek ná u inkom, en ek sal beslis u woorde bevestig.”+ 15  Daarop het Batʹseba na die koning in die binnekamer+ gegaan, en die koning was baie oud,+ en Abiʹsag,+ die Sunammiet, het die koning bedien. 16  Toe het Batʹseba laag gebuig en haar voor die koning neergewerp,+ waarop die koning gesê het: “Wat het jy om te vra?”+ 17  Hierop het sy vir hom gesê: “My heer,+ u het by Jehovah u God vir u slavin gesweer: ‘Jou seun Salomo sal ná my koning word, en hý sal op my troon sit.’+ 18  En kyk! nou het Adoʹnia+ koning geword, en nou weet my heer die koning niks daarvan nie.+ 19  En hy het baie bulle en vetgemaakte diere en skape geoffer en al die seuns van die koning+ en die priester Abjaʹtar+ en Joab,+ die leërhoof, genooi; maar u kneg Salomo het hy nie genooi nie.+ 20  En u, my heer die koning—die oë+ van die hele Israel is op u, om vir hulle te sê wie op die troon van my heer die koning ná hom gaan sit.+ 21  En sodra my heer die koning met sy voorvaders ontslaap,+ sal ek en ook my seun Salomo beslis oortreders word.” 22  En kyk! terwyl sy nog met die koning gepraat het, het die profeet Natan ingekom.+ 23  Dadelik het hulle die koning meegedeel en gesê: “Hier is die profeet Natan!” Daarna het hy voor die koning gekom en hom met sy gesig na die aarde voor die koning neergewerp.+ 24  Toe het Natan gesê: “My heer die koning, het u gesê: ‘Adoʹnia sal ná my koning word, en hý sal op my troon sit’?+ 25  Want hy het vandag afgegaan om baie bulle en vetgemaakte diere en skape te offer+ en om al die seuns van die koning en die leërhoofde en die priester Abjaʹtar+ te nooi; en kyk, hulle eet en drink voor hom en hulle sê aanhoudend: ‘Mag koning Adoʹnia lewe!’+ 26  Maar wat my, u kneg, betref, my en die priester Sadok+ en Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, en u kneg Salomo het hy nie genooi nie.+ 27  As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u nie aan u kneg bekend gemaak+ wie op die troon van my heer die koning ná hom moet sit nie.” 28  Koning Dawid het toe geantwoord en gesê: “ROEP Batʹseba+ vir my.” Daarop het sy voor die koning ingekom en voor die koning gaan staan. 29  En die koning het gesweer+ en gesê: “So waar as Jehovah lewe+ wat my siel+ uit alle benoudheid+ verlos het,+ 30  net soos ek vir jou by Jehovah, die God van Israel, gesweer en gesê het: ‘Jou seun Salomo sal ná my koning word, en hý sal in my plek op my troon sit!’ so sal ek vandag doen.”+ 31  Toe het Batʹseba laag gebuig met haar gesig na die aarde en haar voor die koning neergewerp+ en gesê: “Mag my heer koning Dawid tot onbepaalde tyd lewe!”+ 32  Onmiddellik het koning Dawid gesê: “ROEP vir my die priester Sadok+ en die profeet Natan en Benaʹja,+ die seun van Joʹjada.” Toe het hulle voor die koning ingekom. 33  En die koning het vir hulle gesê: “Neem die knegte+ van julle heer saam met julle, en julle moet my seun Salomo op die muilmerrie laat ry wat aan my behoort+ en hom na Gihon+ afneem. 34  En die priester Sadok en die profeet Natan moet hom daar as koning oor Israel salf;+ en julle moet op die horing blaas+ en sê: ‘Mag koning Salomo lewe!’+ 35  En julle moet agter hom aan opkom, en hy moet inkom en op my troon sit; en hy sal in my plek koning wees, en hom sal ek moet aanstel om leier oor Israel en oor Juda te word.” 36  Dadelik het Benaʹja, die seun van Joʹjada, die koning geantwoord en gesê: “Amen!+ Mag Jehovah, die God van my heer die koning, so sê.+ 37  Net soos Jehovah met my heer die koning was,+ laat hy so met Salomo wees,+ en mag hy sy troon groter maak+ as die troon van my heer koning Dawid.” 38  En die priester Sadok+ en die profeet Natan+ en Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, en die Keretiete+ en die Peletiete+ het afgegaan en Salomo op die muilmerrie van koning Dawid laat ry+ en hom toe na Gihon+ gebring. 39  Die priester Sadok het toe die horing met olie+ uit die tent+ geneem en Salomo gesalf;+ en hulle het op die horing begin blaas, en die hele volk het uitgeroep: “Mag koning Salomo lewe!”+ 40  Daarna het die hele volk agter hom aan opgekom, en die volk het op fluite gespeel+ en hulle met groot vreugde verbly,+ sodat die aarde+ geskeur het van hulle geraas. 41  En Adoʹnia en al die genooides wat by hom was, het dit gehoor toe hulle klaar geëet het.+ Toe Joab die geluid van die horing hoor, het hy dadelik gesê: “Wat beteken die geraas van die stad wat in rep en roer is?”+ 42  Terwyl hy nog gepraat het, kyk, toe het Joʹnatan,+ die seun van die priester Abjaʹtar, gekom. En Adoʹnia het gesê: “Kom in, want jy is ’n dapper man, en jy bring goeie nuus.”+ 43  Maar Joʹnatan het geantwoord en vir Adoʹnia gesê: “Nee! Ons heer koning Dawid het Salomo koning gemaak.+ 44  En die koning het die priester Sadok en die profeet Natan en Benaʹja, die seun van Joʹjada, en die Keretiete en die Peletiete saam met hom gestuur, en hulle het hom op die muilmerrie van die koning laat ry.+ 45  Toe het die priester Sadok en die profeet Natan hom in Gihon as koning gesalf;+ waarna hulle met blydskap daarvandaan opgekom het, en die stad is in rep en roer. Dít was die geraas wat julle gehoor het.+ 46  En wat meer is, Salomo het op die troon van die koningskap gaan sit.+ 47  En nog iets, die knegte van die koning het ingekom om ons heer koning Dawid die beste toe te wens en het gesê: ‘Mag u God die naam van Salomo luisterryker maak as u naam, en mag hy sy troon groter maak as u troon!’+ Daarop het die koning hom op die bed neergebuig.+ 48  En ook het die koning só gesê: ‘Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word,+ wat vandag iemand gegee het om op my troon te sit, terwyl my oë dit sien!’”+ 49  En al die genooides wat by Adoʹnia was, het begin bewe en opgestaan en elkeen sy eie pad gegaan.+ 50  En Adoʹnia was bang vir Salomo. Daarom het hy opgestaan en weggegaan en die horings van die altaar vasgegryp.+ 51  Na verloop van tyd is daar aan Salomo berig gebring en gesê: “Kyk, Adoʹnia het bang geword vir koning Salomo; en kyk, hy het die horings van die altaar vasgegryp en gesê: ‘Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy kneg nie met die swaard sal doodmaak nie.’” 52  Hierop het Salomo gesê: “As hy ’n dapper man sal word, sal daar nie ’n enkele haar+ van hom op die aarde val nie; maar as iets slegs in hom gevind word,+ dan sal hy moet sterf.”+ 53  En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring. Toe het hy ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig; waarna Salomo vir hom gesê het: “Gaan na jou huis toe.”+

Voetnote