1 Konings 10:1-29

10  En die koningin van Skeba+ het die berig oor Salomo in verband met die naam van Jehovah gehoor.+ Toe het sy gekom om hom met ingewikkelde vrae op die proef te stel.+  Uiteindelik het sy in Jerusalem aangekom met ’n baie indrukwekkende gevolg,+ kamele+ wat balsemolie+ en ’n baie groot hoeveelheid goud en edelstene dra; en sy het by Salomo gekom en met hom begin praat oor alles wat haar na aan die hart gelê het.+  Daarop het Salomo al haar sake aan haar bekend gemaak.+ Geen saak was vir die koning verborge wat hy nie aan haar bekend gemaak het nie.+  Toe die koningin van Skeba al die wysheid van Salomo+ sien en die huis wat hy gebou het,+  en die voedsel van sy tafel+ en hoe sy knegte sit en die tafeldiens van sy bediendes en hulle kleredrag en sy dranke+ en sy brandoffers wat hy gereeld by die huis van Jehovah geoffer het, was daar geen gees meer in haar nie.+  Toe het sy vir die koning gesê: “Die woord was waar wat ek in my land oor u sake en oor u wysheid gehoor het.+  En ek het geen geloof gestel in die woorde nie totdat ek gekom het sodat my eie oë kon sien; en kyk! ek is die helfte nie vertel nie.+ U het in wysheid en voorspoed die dinge oortref wat gehoor is, waarna ek geluister het.+  Gelukkig is u manne;+ gelukkig+ is hierdie knegte van u wat voortdurend voor u staan, wat na u wysheid luister!+  Mag Jehovah u God geloof word,+ wat behae in u gehad het+ sodat hy u op die troon van Israel geplaas het;+ want Jehovah het Israel tot onbepaalde tyd lief,+ sodat hy u as koning aangestel het+ om regterlike beslissings te lewer+ en regverdigheid uit te oefen.”+ 10  Toe het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud+ en ’n baie groot hoeveelheid balsemolie+ en edelstene gegee.+ Nooit weer het daar soveel balsemolie gekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie. 11  En Hiram se vloot skepe+ wat goud uit Ofir vervoer het,+ het ook ’n baie groot hoeveelheid algummimstompe+ en edelstene uit Ofir gebring.+ 12  En die koning het van die algummimstompe steunsels vir die huis van Jehovah+ en vir die huis van die koning gemaak, en ook harpe+ en snaarinstrumente+ vir die sangers. Sulke stompe van algummimbome het nie weer ingekom en is ook nie weer gesien tot vandag toe nie. 13  En koning Salomo het die koningin van Skeba alles gegee wat haar behaag het, wat sy gevra het, buiten wat hy haar volgens die vrygewigheid+ van koning Salomo gegee het. Daarna het sy omgedraai en na haar land gegaan, sy met haar knegte.+ 14  En die gewig van die goud+ wat in een jaar na Salomo toe gekom het, was seshonderd-ses-en-sestig talente goud,+ 15  buiten dié van die handelsreisigers en die wins van die handelaars en al die konings+ van die Arabiere+ en die goewerneurs van die land. 16  En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van gelegeerde goud gemaak+ (seshonderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik),+ 17  en driehonderd klein skilde van gelegeerde goud (drie minas goud het hy op elke klein skild gebruik).+ Toe het die koning dit in die Huis van die Liʹbanonwoud+ gesit. 18  Verder het die koning ’n groot ivoortroon+ gemaak en dit met gelouterde goud oorgetrek.+ 19  Daar was ses trappe na die troon toe, en die troon het ’n ronde kopstuk agter gehad, en daar was armleunings aan weerskante van die sitplek, en twee leeus+ het langs die armleunings gestaan.+ 20  En daar het twaalf leeus aan weerskante op die ses trappe gestaan. Geen ander koninkryk het een gehad wat net so gemaak is nie.+ 21  En al die drinkhouers van koning Salomo was van goud, en al die houers van die Huis van die Liʹbanonwoud+ was van suiwer goud.+ Daar was niks van silwer nie; dit is in die dae van Salomo as hoegenaamd niks geag nie. 22  Want die koning het ’n vloot Tarsisskepe+ op die see gehad saam met Hiram se vloot skepe. Een keer in drie jaar het die vloot Tarsisskepe gekom, gelaai met goud+ en silwer, ivoor+ en ape en poue. 23  So was koning Salomo groter in rykdom+ en wysheid+ as al die ander konings van die aarde. 24  En al die mense van die aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart geplaas het.+ 25  En hulle het elkeen sy geskenk gebring:+ silwervoorwerpe+ en goue voorwerpe en klere en wapens+ en balsemolie, perde en muile,+ jaar na jaar.+ 26  En Salomo het steeds meer strydwaens en perde versamel; en hy het duisend-vierhonderd strydwaens en twaalfduisend perde gehad,+ en hy het hulle in die strydwastede en naby die koning in Jerusalem gehou.+ 27  En die koning het die silwer in Jerusalem soos die klippe gemaak,+ en sederhout het hy so oorvloedig gemaak soos die wildevyebome wat in die Sjefeʹla is.+ 28  En perde is uit Egipte na Salomo uitgevoer, en die koning se geselskap koopmanne het telkens die trop perde teen ’n prys geneem.+ 29  En ’n strydwa het gewoonlik opgekom en is uit Egipte uitgevoer vir seshonderd silwerstukke, en ’n perd vir honderd-en-vyftig; en so was dit vir al die konings van die Hetiete+ en die konings van Sirië. Deur middel van hulle het die uitvoer geskied.

Voetnote