1 Konings 12:1-33

12  En Rehaʹbeam+ het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem+ gekom om hom koning te maak.  En toe Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, daarvan hoor terwyl hy nog in Egipte was (want hy het vir koning Salomo gevlug, sodat Jeroʹbeam in Egipte kon woon),+  het hulle gestuur en hom laat roep. Daarna het Jeroʹbeam en die hele gemeente van Israel gekom en met Rehaʹbeam begin praat en gesê:+  “U vader het ons juk hard gemaak, en maak ú dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk+ wat hy ons opgelê het, ligter,+ en ons sal u dien.”+  Hierop het hy vir hulle gesê: “Gaan vir drie dae weg en kom dan na my toe terug.”+ Toe het die volk weggegaan.  En koning Rehaʹbeam het begin beraadslaag met die ouer manne+ wat die hele tyd in sy vader Salomo se diens was terwyl hy nog gelewe het en gesê: “Hoe raai julle aan moet hierdie volk geantwoord word?”+  Daarop het hulle met hom gepraat en gesê: “As u vandag ’n kneg van hierdie volk is en hulle dien,+ dan moet u hulle antwoord en goeie woorde met hulle spreek;+ en hulle sal sekerlik vir altyd u knegte word.”+  Hy het egter die raad van die ouer manne wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan, en hy het begin beraadslaag met die jong manne wat saam met hom grootgeword het,+ dié wat in sy diens was.+  En hy het vir hulle gesê: “Wat raai julle aan+ moet ons hierdie volk antwoord wat met my gepraat en gesê het: ‘Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter’?”+ 10  Hierop het die jong manne wat saam met hom grootgeword het, met hom gepraat en gesê: “Só moet u sê+ vir hierdie volk wat met u gepraat en gesê het: ‘U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak ú dit ligter op ons’; só moet u vir hulle sê: ‘My pinkie sal beslis dikker as my vader se heupe wees.+ 11  My vader het dan nou ’n swaar juk op julle gelaai; maar ék sal by julle juk byvoeg.+ My vader het julle met swepe getugtig, maar ék sal julle met gesels tugtig.’”+ 12  En Jeroʹbeam en die hele volk het op die derde dag na Rehaʹbeam toe gekom, net soos die koning gespreek en gesê het: “Kom op die derde dag na my toe terug.”+ 13  En die koning het die volk ’n harde antwoord+ begin gee en het die raad wat die ouer manne hom gegee het, in die wind geslaan.+ 14  En hy het volgens die raad van die jong manne+ met hulle gepraat en gesê: “My vader het julle juk swaar gemaak, maar ék sal by julle juk byvoeg. My vader het julle met swepe getugtig, maar ék sal julle met gesels tugtig.”+ 15  En die koning het nie na die volk geluister nie,+ want die wending van sake het van Jehovah gekom,+ sodat hy inderdaad sy woord kon uitvoer+ wat Jehovah deur middel van Ahiʹa,+ die Siloniet, tot Jeroʹbeam, die seun van Nebat, gespreek het. 16  Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle geluister het nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: “Watter deel het ons aan Dawid?+ En daar is geen erfdeel in die seun van Isai nie. Na jou gode,+ o Israel. Sorg nou vir jou eie huis, o Dawid!”+ Daarop het Israel na hulle tente begin gaan. 17  Wat die kinders van Israel betref wat in die stede van Juda gewoon het, Rehaʹbeam het oor hulle bly regeer.+ 18  Daarna het koning Rehaʹbeam Adoʹram+ gestuur, wat oor dié was wat tot dwangarbeid opgeroep is,+ maar die hele Israel het hom met klippe gegooi,+ sodat hy gesterf het. En koning Rehaʹbeam het dit reggekry om op die strydwa te klim om na Jerusalem te vlug. 19  En die Israeliete het met hulle opstand+ teen die huis van Dawid volgehou tot vandag toe.+ 20  En toe die hele Israel hoor dat Jeroʹbeam teruggekeer het, het hulle dadelik gestuur en hom na die vergadering laat roep en hom koning oor die hele Israel gemaak.+ Niemand het ’n volgeling van die huis van Dawid geword nie, behalwe die stam Juda alleen.+ 21  Toe Rehaʹbeam in Jerusalem aankom,+ het hy onmiddellik die hele huis van Juda en die stam Benjamin+ bymekaar laat kom, honderd-en-tagtigduisend uitgesoekte weerbare manne, om teen die huis van Israel te veg, ten einde die koningskap na Rehaʹbeam, die seun van Salomo, terug te bring. 22  Toe het die woord van die ware God tot Semaʹja,+ die man van die ware God,+ gekom en gesê: 23  “Sê vir Rehaʹbeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en vir die hele huis van Juda en Benjamin en die res van die volk: 24  ‘Só het Jehovah gesê: “Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, veg nie.+ Gaan terug, elkeen na sy huis, want hierdie saak het van mý gekom.”’”+ Toe het hulle die woord van Jehovah gehoorsaam+ en teruggegaan huis toe volgens die woord van Jehovah.+ 25  En Jeroʹbeam het Sigem+ in die bergstreek van Eʹfraim gebou en daarin gaan woon. Toe het hy daarvandaan weggetrek en Pnuel+ gebou. 26  En Jeroʹbeam het in sy hart begin sê:+ “Nou sal die koninkryk na die huis van Dawid terugkeer.+ 27  As hierdie volk voortdurend opgaan om offerandes in die huis van Jehovah in Jerusalem te bring,+ dan sal die hart van hierdie volk sekerlik terugkeer na hulle heer Rehaʹbeam, die koning van Juda; en hulle sal my beslis doodmaak+ en terugkeer na Rehaʹbeam, die koning van Juda.” 28  Gevolglik het die koning beraadslaag+ en twee goue kalwers+ gemaak en vir die volk gesê: “Dit is vir julle te veel om na Jerusalem op te gaan. Hier is jou God,+ o Israel, wat julle uit Egipteland laat optrek het.”+ 29  Toe het hy die een in Bet-El+ geplaas, en die ander het hy in Dan+ gesit. 30  En hierdie saak het ’n oorsaak van sonde geword,+ en die volk het voor die een begin uitgaan tot by Dan. 31  En hy het ’n huis van die hoogtes+ begin maak en priesters aangestel uit die volk in die algemeen, wat nie van die seuns van Levi was nie.+ 32  En Jeroʹbeam het in die agtste maand op die vyftiende dag van die maand ’n fees ingestel, soos die fees wat in Juda was,+ sodat hy offers kon bring op die altaar wat hy in Bet-El gemaak het, om offerandes te bring aan die kalwers wat hy gemaak het; en hy het die priesters van die hoogtes wat hy gemaak het, in Bet-El+ diens laat verrig. 33  En op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy self versin het, het hy offers begin bring op die altaar wat hy in Bet-El gemaak het;+ en hy het vir die kinders van Israel ’n fees ingestel en offers op die altaar gebring om offerrook te laat opgaan.+

Voetnote