1 Konings 13:1-34

13  En kyk, daar was ’n man+ van God wat deur die woord+ van Jehovah uit Juda na Bet-El gekom het, terwyl Jeroʹbeam by die altaar+ gestaan het om offerrook te laat opgaan.+  Toe het hy deur die woord van Jehovah teen die altaar uitgeroep en gesê: “O altaar, altaar, só het Jehovah gesê: ‘Kyk! ’n Seun, gebore vir die huis van Dawid, met die naam Josiʹa!+ En hy sal beslis op jou die priesters van die hoogtes slag wat op jou offerrook laat opgaan, en hy sal mensebeendere op jou verbrand.’”+  En hy het dié dag ’n voorteken gegee+ en gesê: “Dít is die voorteken waarvan Jehovah gepraat het: Kyk! Die altaar word uitmekaar geskeur, en die vetterige as wat daarop is, sal beslis uitgestort word.”  En toe die koning die woord van die man van die ware God hoor wat hy teen die altaar in Bet-El uitgeroep het, het Jeroʹbeam dadelik sy hand van die altaar af uitgesteek en gesê: “GRYP hom!”+ Onmiddellik het sy hand verdor wat hy teen hom uitgesteek het, en hy kon dit nie na hom toe terugtrek nie.+  En die altaar is uitmekaar geskeur sodat die vetterige as van die altaar uitgestort is, volgens die voorteken wat die man van die ware God deur die woord van Jehovah gegee het.+  Die koning het toe geantwoord en vir die man van die ware God gesê: “Versag asseblief die aangesig van Jehovah jou God en bid vir my dat my hand vir my herstel word.”+ Hierop het die man van die ware God die aangesig van Jehovah versag,+ sodat die koning se hand vir hom herstel is, en dit was weer soos vroeër.+  En die koning het vir die man van die ware God gesê: “Kom tog saam met my huis toe en neem versterking,+ en laat ek jou ’n geskenk gee.”+  Maar die man van die ware God het vir die koning gesê: “Al sou u my die helfte van u huis gee,+ sou ek nie saam met u kom+ en brood eet of water drink in hierdie plek nie.  Want só het hy my deur die woord van Jehovah beveel en gesê: ‘Jy mag geen brood eet+ of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.’” 10  En hy het met ’n ander pad begin gaan, en hy het nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-El gekom het nie. 11  En ’n sekere ou profeet+ het in Bet-El gewoon, en sy seuns het toe ingekom en hom vertel watter werk die man van die ware God alles dié dag in Bet-El gedoen het en watter woorde hy met die koning gespreek het, en hulle het dit aan hulle vader vertel. 12  Toe het hulle vader vir hulle gesê: “Met watter pad het hy dan gegaan?” En sy seuns het hom die pad gewys waarmee die man van die ware God gegaan het wat uit Juda gekom het. 13  Hy het toe vir sy seuns gesê: “Saal die esel vir my op.” En hulle het die esel+ vir hom opgesaal, en hy het daarop gery. 14  En hy het die man van die ware God gevolg en hom gevind terwyl hy onder die groot boom sit.+ Toe het hy vir hom gesê: “Is jy die man van die ware God wat uit Juda gekom het?”+ waarop hy gesê het: “Ja.” 15  En hy het verder vir hom gesê: “Gaan saam met my huis toe en eet brood.” 16  Maar hy het gesê: “Ek kan nie saam met jou teruggaan of saam met jou inkom nie, en ek mag nie saam met jou brood eet of water drink in hierdie plek nie.+ 17  Want deur die woord van Jehovah is daar vir my gesê:+ ‘Jy mag daar geen brood eet of water drink nie. Jy mag nie weer teruggaan met die pad waarmee jy gegaan het nie.’”+ 18  Hierop het hy vir hom gesê: “Ek is ook ’n profeet soos jy, en ’n engel+ het deur die woord van Jehovah met my gepraat en gesê: ‘Laat hom saam met jou terugkom na jou huis sodat hy brood kan eet en water kan drink.’” (Hy het hom bedrieg.)+ 19  Toe het hy saam met hom teruggegaan om in sy huis brood te eet en water te drink.+ 20  En terwyl hulle aan tafel gesit het, het die woord+ van Jehovah tot die profeet gekom wat hom teruggebring het; 21  en hy het die man van die ware God wat uit Juda gekom het, begin toeroep en gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Omdat jy teen die bevel van Jehovah in opstand gekom het+ en nie die gebod onderhou het wat Jehovah jou God jou beveel het nie,+ 22  maar jy teruggegaan het om brood te eet en water te drink in die plek waarvan hy vir jou gesê het: “Moenie brood eet of water drink nie”, sal jou lyk nie in die graf van jou voorvaders kom nie.’”+ 23  En nadat hy brood geëet het en nadat hy gedrink het, het hy dadelik vir hom die esel opgesaal, dit wil sê vir die profeet wat hy teruggebring het. 24  En hy het vertrek. Later het ’n leeu+ hom op die pad gekry en hom doodgemaak,+ en sy lyk is op die pad gegooi. En die esel het daar langsaan gestaan, en die leeu het langs die lyk gestaan. 25  En kyk, daar het manne verbygekom, en hulle het die lyk gesien wat op die pad gegooi is en die leeu wat langs die lyk staan. Toe het hulle gekom en daarvan gepraat in die stad waarin die ou profeet gewoon het. 26  Toe die profeet wat hom van die pad af teruggebring het, daarvan hoor, het hy onmiddellik gesê: “Dit is die man van die ware God wat teen die bevel van Jehovah in opstand gekom het;+ en daarom het Jehovah hom aan die leeu oorgegee, sodat hy hom sou verbrysel en hom sou doodmaak, volgens die woord van Jehovah wat hy met hom gespreek het.”+ 27  En hy het verder met sy seuns gepraat en gesê: “Saal die esel vir my op.” En hulle het dit opgesaal.+ 28  Toe het hy vertrek en die lyk gevind van hom wat op die pad gegooi is, met die esel en die leeu wat langs die lyk staan. Die leeu het nie die lyk geëet nie en ook nie die esel verbrysel nie.+ 29  En die profeet het die lyk van die man van die ware God opgetel en hom op die esel gesit en hom teruggebring. So het hy in die stad van die ou profeet ingekom om oor hom te weeklaag en hom te begrawe. 30  Toe het hy sy lyk in sy eie graf neergelê; en hulle het oor hom bly weeklaag:+ “Hoe jammer, my broer!” 31  En nadat hy hom begrawe het, het hy vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, moet julle my in die graf begrawe waarin die man van die ware God begrawe is. Lê my beendere langs sy beendere neer.+ 32  Want die woord wat hy deur die woord van Jehovah uitgeroep het teen die altaar+ wat in Bet-El is en teen al die huise van die hoogtes+ wat in die stede van Samariʹa+ is, sal vir seker vervul word.”+ 33  Ná hierdie voorval het Jeroʹbeam hom nie van sy slegte weg afgekeer nie, maar hy het weer priesters van die hoogtes uit die volk in die algemeen aangestel.+ Wat enigiemand betref wat daarin behae geskep het, hy het sy hand met mag gevul+ en gesê: “En laat hom een van die priesters van die hoogtes word.” 34  En in hierdie saak was daar ’n oorsaak van sonde vir die huis van Jeroʹbeam+ en ’n aanleiding om hulle uit te wis en hulle van die oppervlak van die aarde af te verdelg.+

Voetnote