1 Konings 16:1-34

16  Die woord van Jehovah het toe gekom tot Jehu,+ die seun van Hanaʹni,+ teen Baäsa, en gesê:  “Aangesien ek jou uit die stof verhef het+ om jou as leier oor my volk Israel aan te stel,+ maar jy in die weg van Jeroʹbeam gewandel het+ en so my volk Israel laat sondig het deur my met hulle sondes aanstoot te gee,+  kyk, daarom raak ek heeltemal ontslae van Baäsa en sy huis, en ek sal beslis sy huis soos die huis van Jeroʹbeam, die seun van Nebat, maak.+  Enigiemand van Baäsa wat in die stad sterf, sal deur die honde geëet word; en enigiemand van hom wat in die veld sterf, sal deur die voëls van die hemel geëet word.”+  Wat die res van die aangeleenthede van Baäsa betref en wat hy gedoen het en sy magtige dade, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie?  Uiteindelik het Baäsa met sy voorvaders ontslaap, en hy is in Tirsa begrawe;+ en sy seun Ela het in sy plek begin regeer.  En ook deur middel van Jehu, die seun van Hanaʹni, die profeet, het Jehovah se woord teen Baäsa en sy huis gekom,+ weens al die kwaad wat hy in die oë van Jehovah gedoen het deur hom met die werk van sy hande+ aanstoot te gee,+ sodat dit soos die huis van Jeroʹbeam sou word, en ook omdat hy hom doodgemaak het.+  In die ses-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Baäsa, koning oor Israel geword in Tirsa, twee jaar lank.  En sy kneg Simri,+ die hoof van die helfte van die strydwaens, het ’n sameswering teen hom begin smee, terwyl hy hom dronk gedrink+ het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die huishouding+ in Tirsa was. 10  En Simri het ingekom en hom neergeslaan+ en hom doodgemaak in die sewe-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het in sy plek begin regeer. 11  En toe hy begin regeer, onmiddellik nadat hy op sy troon gaan sit het, het hy die hele huis van Baäsa uitgeroei. Hy het van hom niemand laat oorbly wat manlik is nie,+ ook nie sy bloedwrekers+ of sy vriende nie. 12  So het Simri die hele huis van Baäsa verdelg,+ volgens die woord van Jehovah+ wat hy deur middel van die profeet Jehu teen Baäsa gespreek het,+ 13  weens al die sondes van Baäsa en die sondes van sy seun Ela+ waarmee hulle gesondig het en waarmee hulle Israel laat sondig het deur Jehovah, die God van Israel, met hulle nietige afgode aanstoot te gee.+ 14  Wat die res van die aangeleenthede van Ela betref en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 15  In die sewe-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Simri koning geword in Tirsa, sewe dae lank,+ terwyl die manskappe kamp opgeslaan het teen Gibʹbeton,+ wat aan die Filistyne behoort het. 16  Na verloop van tyd het die manskappe wat kamp opgeslaan het, gehoor dat daar gesê word: “Simri het ’n sameswering gesmee en ook die koning doodgemaak.” Toe het die hele Israel Omri,+ die leërhoof, dié dag in die kamp koning oor Israel gemaak. 17  Omri en die hele Israel saam met hom het toe van Gibʹbeton af opgetrek en Tirsa begin beleër.+ 18  En net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die woontoring van die koning se huis ingegaan en die koning se huis bo-op hom met vuur verbrand, sodat hy gesterf het,+ 19  vir sy sondes waarmee hy gesondig het deur te doen wat sleg was in die oë van Jehovah+ deur te wandel in die weg van Jeroʹbeam en in sy sonde wat hy gedoen het deur Israel te laat sondig.+ 20  Wat die res van die aangeleenthede van Simri betref en sy sameswering wat hy gesmee het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 21  Toe het die volk Israel hulle in twee dele verdeel.+ Een deel van die volk het Tibni, die seun van Ginat, begin volg om hom koning te maak, en die ander deel het Omri begin volg. 22  Uiteindelik het die volk wat Omri gevolg het, die volk oorwin wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het, sodat Tibni gesterf het en Omri begin regeer het. 23  In die een-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri koning oor Israel geword, twaalf jaar lank. In Tirsa het hy ses jaar regeer. 24  En hy het die berg Samariʹa vir twee talente silwer van Semer gekoop, en hy het op die berg begin bou en het die stad wat hy gebou het, Samariʹa+ genoem, na die naam van Semer, die heer van die berg. 25  En Omri het bly doen wat sleg was in die oë van Jehovah en het erger dinge gedoen as almal wat voor hom was.+ 26  En hy het gewandel in al die weë van Jeroʹbeam, die seun van Nebat,+ en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het deur Jehovah, die God van Israel, met hulle nietige afgode aanstoot te gee.+ 27  Wat die res van die aangeleenthede van Omri betref, wat hy gedoen het en sy magtige dade wat hy verrig het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Israel nie? 28  Uiteindelik het Omri met sy voorvaders ontslaap, en hy is in Samariʹa begrawe; en sy seun Agab+ het in sy plek begin regeer. 29  En wat Agab, die seun van Omri, betref, hy het in die agt-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, koning oor Israel geword; en Agab, die seun van Omri, het twee-en-twintig jaar in Samariʹa+ oor Israel regeer. 30  En Agab, die seun van Omri, het erger dinge gedoen in die oë van Jehovah as almal wat voor hom was.+ 31  En asof dit vir hom die onbeduidendste+ ding was om in die sondes van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, te wandel, het hy toe Iseʹbel,+ die dogter van Etʹbaäl, die koning van die Sidoniërs,+ as vrou geneem+ en Baäl begin dien+ en hom voor hom neergebuig. 32  Verder het hy vir Baäl ’n altaar opgerig in die huis+ van Baäl wat hy in Samariʹa gebou het. 33  Agab het ook die heilige paal gemaak;+ en Agab het meer gedoen om Jehovah, die God van Israel, aanstoot te gee+ as al die konings van Israel wat voor hom was. 34  In sy dae het Hiël, van Bet-El, Jeʹrigo gebou. Ten koste van Abiʹram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, het hy sy deure ingesit, volgens Jehovah se woord wat hy deur middel van Josua, die seun van Nun, gespreek het.+

Voetnote