1 Konings 18:1-46

18  En ná baie dae+ het Jehovah se woord in die derde jaar tot Eliʹa gekom en gesê: “Gaan, vertoon jou aan Agab, aangesien ek vasbeslote is om reën op die oppervlak van die aarde te gee.”+  Daarop het Eliʹa gegaan om hom aan Agab te vertoon, terwyl die hongersnood swaar was+ in Samariʹa.  Intussen het Agab Obadʹja geroep, wat oor die huishouding was.+ (En Obadʹja was iemand wat Jehovah baie gevrees het.+  Daarom het Obadʹja, toe Iseʹbel+ Jehovah se profete uitgeroei het,+ honderd profete geneem en hulle vyftig-vyftig in ’n grot weggesteek, en hy het hulle van brood en water voorsien.)+  En Agab het vir Obadʹja gesê: “Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die stroomvalleie. Miskien kan ons groen gras vind,+ sodat ons die perde en muile aan die lewe kan hou en daar nie nog meer van die diere uitgeroei word nie.”+  Toe het hulle die land tussen hulle verdeel om daardeur te trek. Agab het alleen met een pad gegaan, en Obadʹja het alleen met ’n ander pad gegaan.+  Terwyl Obadʹja voortgegaan het op die pad, kyk, toe het Eliʹa hom tegemoetgekom.+ Hy het hom dadelik herken en op sy gesig geval+ en gesê: “Is dit u, my heer+ Eliʹa?”  Hierop het hy vir hom gesê: “Dit is ek. Gaan, sê vir jou heer:+ ‘Eliʹa is hier.’”  Maar hy het gesê: “Watter sonde+ het ek begaan dat u u kneg in die hand van Agab sou gee om my dood te maak? 10  So waar as Jehovah u God lewe,+ daar is geen nasie of koninkryk waarheen my heer nie gestuur het om u te soek nie. Nadat hulle gesê het: ‘Hy is nie hier nie’, het hy die koninkryk en die nasie laat sweer dat hulle u nie kon vind nie.+ 11  En nou sê u: ‘Gaan, sê vir jou heer: “Eliʹa is hier.”’ 12  En wanneer ek van u af weggaan, sal die gees+ van Jehovah u sekerlik wegvoer sonder dat ek sal weet waarheen; en ek sal Agab gaan vertel, en hy sal u nie vind nie, en hy sal my sekerlik doodmaak,+ aangesien u kneg Jehovah van sy jeug af gevrees het.+ 13  Is daar nie aan my heer vertel wat ek gedoen het toe Iseʹbel die profete van Jehovah doodgemaak het nie, hoe ek van die profete van Jehovah weggesteek het, honderd man vyftig-vyftig in ’n grot,+ en hulle van brood en water bly voorsien het?+ 14  En nou sê u: ‘Gaan, sê vir jou heer: “Eliʹa is hier.”’ En hy sal my sekerlik doodmaak.”+ 15  Eliʹa het egter gesê: “So waar as Jehovah van die leërs+ lewe+ voor wie ek staan, vandag sal ek my aan hom vertoon.” 16  Daarop het Obadʹja Agab tegemoetgegaan en hom dit vertel; en toe het Agab Eliʹa tegemoetgegaan. 17  En toe Agab Eliʹa sien, het Agab onmiddellik vir hom gesê: “Is dit jy, jy wat Israel in die ongeluk stort?”+ 18  Hierop het hy gesê: “Ek het Israel nie in die ongeluk gestort nie,+ maar u en die huis van u vader het,+ deurdat julle die gebooie van Jehovah verlaat het+ en die Baäls gaan volg het.+ 19  En stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel,+ en ook die vierhonderd-en-vyftig profete van Baäl+ en die vierhonderd profete van die heilige paal,+ wat aan die tafel van Iseʹbel+ eet.” 20  En Agab het onder al die kinders van Israel gestuur en die profete+ op die berg Karmel bymekaar laat kom. 21  Toe het Eliʹa nader gekom na die hele volk toe en gesê: “Hoe lank sal julle op twee verskillende gedagtes hink?+ As Jehovah die ware God is, gaan volg hom;+ maar as dit Baäl is, gaan volg hom.” En die volk het hom nie ’n woord geantwoord nie. 22  En Eliʹa het verder vir die volk gesê: “Ek het as profeet van Jehovah oorgebly,+ ek alleen, terwyl die profete van Baäl vierhonderd-en-vyftig man is. 23  Laat hulle dan nou vir ons twee jong bulle gee, en laat hulle vir hulle een jong bul kies en dit in stukke sny en op die hout sit, maar hulle moet dit nie aan die brand steek nie. En ek sal die ander jong bul gereedmaak, en ek sal dit op die hout sit, maar ek sal dit nie aan die brand steek nie. 24  En julle moet die naam van julle god aanroep,+ en ék sal die naam van Jehovah aanroep; en die ware God wat deur vuur+ antwoord, is die ware God.”+ Hierop het die hele volk geantwoord en gesê: “Die saak is goed.” 25  Eliʹa het toe vir die profete van Baäl gesê: “Kies vir julle een jong bul en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag nie vuur maak nie.” 26  Daarop het hulle die jong bul geneem wat hy hulle gegee het. Toe het hulle dit gereedgemaak, en hulle het van die oggend tot die middaguur die naam van Baäl bly aanroep en gesê: “O Baäl, antwoord ons!” Maar daar was geen stem nie,+ en niemand het geantwoord nie.+ En hulle het bly strompel om die altaar wat hulle gemaak het. 27  En op die middaguur het Eliʹa die spot met hulle begin dryf+ en gesê: “Roep so hard soos julle kan, want hy is ’n god;+ want hy moet met iets besig wees, en hy het ontlasting+ en moet na die gemakhuisie gaan.+ Of miskien slaap hy en moet hy wakker word!”+ 28  En hulle het begin om so hard soos hulle kon te roep en hulle volgens hulle gebruik met dolke en met lanse te sny,+ totdat hulle die bloed op hulle laat uitvloei het. 29  En toe die middaguur verby was en hulle hulle soos profete bly gedra het+ totdat die graanoffer gebring word, was daar nog geen stem nie, en niemand het geantwoord nie, en daar is geen aandag geskenk nie.+ 30  Eindelik het Eliʹa vir die hele volk gesê: “Kom nader na my toe.” Daarop het die hele volk nader gekom na hom toe. Toe het hy die altaar van Jehovah herstel wat afgebreek was.+ 31  En Eliʹa het twaalf klippe geneem, volgens die getal van die stamme van die kinders van Jakob, tot wie Jehovah se woord gekom+ en gesê het: “Israel sal jou naam word.”+ 32  En hy het met die klippe ’n altaar in die naam van Jehovah+ gebou+ en rondom die altaar ’n sloot gemaak met ’n oppervlakte ongeveer so groot soos dié wat met twee sea saad besaai kon word. 33  Daarna het hy die stukke hout+ reggesit en die jong bul in stukke gesny en op die stukke hout gesit. Hy het toe gesê: “MAAK vier groot kruike vol water en gooi dit uit op die brandoffer en op die stukke hout.” 34  Toe het hy gesê: “Doen dit weer.” En hulle het dit weer gedoen. Maar hy het gesê: “Doen dit ’n derde keer.” En hulle het dit ’n derde keer gedoen. 35  So het die water rondom die altaar geloop, en ook die sloot het hy vol water gemaak. 36  En op die tyd+ dat die graanoffer gebring word, het die profeet Eliʹa begin nader kom en gesê: “O Jehovah, die God van Abraham,+ Isak+ en Israel,+ laat dit vandag bekend word dat u God in Israel is+ en dat ek u kneg is en dat ek deur u woord+ al hierdie dinge gedoen het. 37  Antwoord my, o Jehovah, antwoord my, sodat hierdie volk kan weet dat u, Jehovah,+ die ware God is en dat u hulle hart laat terugkeer het.”+ 38  Daarop het die vuur+ van Jehovah neergeval en die brandoffer+ en die stukke hout en die klippe en die stof verteer, en dit het die water opgelek wat in die sloot was.+ 39  Toe die hele volk dit sien, het hulle onmiddellik op hulle gesig geval+ en gesê: “Jehovah is die ware God! Jehovah is die ware God!” 40  Toe het Eliʹa vir hulle gesê: “Gryp die profete van Baäl! Moenie één van hulle laat ontsnap nie!” Dadelik het hulle hulle gegryp, en Eliʹa het hulle toe na die Kisonstroomvallei+ afgebring en hulle daar doodgemaak.+ 41  Eliʹa het toe vir Agab gesê: “Gaan op, eet en drink;+ want daar is die geluid van die gedruis van ’n stortreën.”+ 42  En Agab het opgegaan om te eet en te drink. Wat Eliʹa betref, hy het na die top van die Karmel opgeklim en op die aarde begin hurk+ en sy gesig tussen sy knieë gehou.+ 43  Toe het hy vir sy dienaar gesê: “Klim asseblief op. Kyk in die rigting van die see.” En hy het opgeklim en gekyk en toe gesê: “Daar is hoegenaamd niks.” En hy het gesê: “Gaan terug”, sewe keer.+ 44  En die sewende keer het hy gesê: “Kyk! ’n Klein wolkie soos ’n man se palm kom uit die see uit op.”+ Hy het toe gesê: “Gaan op, sê vir Agab: ‘Span in!+ En gaan af sodat die stortreën u nie ophou nie!’” 45  En intussen het die hemel donker geword van wolke en wind,+ en ’n groot stortreën het begin val.+ En Agab het voortgery en na Jisʹreël+ gegaan. 46  En die hand van Jehovah was op Eliʹa,+ sodat hy sy heupe omgord het+ en die hele pad tot by Jisʹreël voor Agab uit gehardloop het.+

Voetnote