1 Konings 19:1-21

19  Toe het Agab+ vir Iseʹbel+ alles vertel wat Eliʹa gedoen het, ja, alles, ook hoe hy al die profete met die swaard doodgemaak het.+  Daarop het Iseʹbel ’n boodskapper na Eliʹa toe gestuur en gesê: “Mag die gode so doen,+ en mag hulle so daaraan toevoeg+ as ek hierdie tyd môre nie jou siel soos die siel van elkeen van hulle maak nie!”  En hy het bang geword. Gevolglik het hy opgestaan en ter wille van sy siel weggegaan+ en in Berseʹba+ gekom, wat aan Juda behoort.+ Toe het hy sy dienaar daar agtergelaat.  En hy self het ’n dagreis ver die wildernis in gegaan en eindelik onder ’n sekere besemstruik gaan sit.+ En hy het begin vra dat sy siel moet sterf en gesê: “Dit is genoeg! Neem nou my siel weg,+ o Jehovah, want ek is nie beter as my voorvaders nie.”  Uiteindelik het hy gaan lê en aan die slaap geraak onder die besemstruik.+ Maar kyk! toe het ’n engel+ aan hom geraak.+ En hy het vir hom gesê: “Staan op, eet.”  Toe het hy gesien, en kyk, by sy kop was daar ’n ronde koek+ op verhitte klippe en ’n kruik water. En hy het begin eet en drink, waarna hy weer gaan lê het.  Later het die engel+ van Jehovah ’n tweede keer teruggekom en aan hom geraak en gesê: “Staan op, eet, want die reis is vir jou te veel.”+  Daarop het hy opgestaan en geëet en gedrink, en hy het veertig dae+ en veertig nagte deur die krag van daardie voedsel voortgegaan tot by die berg van die ware God, Horeb.+  Daar het hy uiteindelik in ’n grot+ ingegaan, om daar te oornag; en kyk! daar was Jehovah se woord vir hom, en dit het vir hom gesê: “Wat maak jy hier, Eliʹa?”+ 10  Hierop het hy gesê: “Ek was absoluut jaloers+ ten opsigte van Jehovah, die God van die leërs; want die kinders van Israel het u verbond verlaat,+ hulle het u altare afgebreek,+ en hulle het u profete met die swaard doodgemaak,+ sodat ek alleen oorgebly het;+ en nou soek hulle my siel om dit weg te neem.”+ 11  Maar dit het gesê: “Gaan uit, en jy moet op die berg voor Jehovah gaan staan.”+ En kyk! Jehovah het verbygegaan,+ en ’n groot en sterk wind het berge geskeur en groot rotse gebreek voor Jehovah uit.+ (Jehovah was nie in die wind nie.) En ná die wind was daar ’n aardbewing.+ (Jehovah was nie in die aardbewing nie.) 12  En ná die aardbewing was daar ’n vuur.+ (Jehovah was nie in die vuur nie.) En ná die vuur was daar ’n kalm, sagte stem.+ 13  En toe Eliʹa dit hoor, het hy onmiddellik sy gesig met sy ampskleed toegedraai+ en uitgegaan en by die ingang van die grot gaan staan; en kyk! daar was ’n stem vir hom, en dit het vir hom gesê: “Wat maak jy hier, Eliʹa?”+ 14  Hierop het hy gesê: “Ek was absoluut jaloers ten opsigte van Jehovah, die God van die leërs; want die kinders van Israel het u verbond verlaat,+ hulle het u altare afgebreek, en hulle het u profete met die swaard doodgemaak, sodat ek alleen oorgebly het; en nou soek hulle my siel om dit weg te neem.”+ 15  Jehovah het toe vir hom gesê: “Gaan, keer terug op jou pad na die wildernis van Damaskus;+ en jy moet ingaan en Haʹsael+ as koning oor Sirië salf.+ 16  En Jehu,+ die kleinseun van Nimsi,+ moet jy as koning oor Israel salf; en Eliʹsa,+ die seun van Safat, uit Aʹbel-Mehoʹla,+ moet jy as profeet in jou plek salf.+ 17  En wie aan Haʹsael se swaard ontkom,+ sal deur Jehu doodgemaak word;+ en wie aan Jehu se swaard ontkom, sal deur Eliʹsa doodgemaak word.+ 18  En ek het seweduisend in Israel laat oorbly,+ al die knieë wat nie voor Baäl gebuig het nie,+ en elke mond wat hom nie gesoen het+ nie.” 19  Toe het hy daarvandaan weggegaan en Eliʹsa, die seun van Safat, gevind terwyl hy met twaalf spanne voor hom geploeg het,+ en hy self was by die twaalfde. Toe het Eliʹa na hom toe gegaan en sy ampskleed+ op hom gegooi. 20  Daarop het hy die bulle verlaat en agter Eliʹa aan gehardloop en gesê: “Laat my asseblief my vader en my moeder soen.+ Dan sal ek u volg.” Toe het hy vir hom gesê: “Gaan, keer terug; want wat het ek aan jou gedoen?” 21  En hy het agter hom omgedraai en toe ’n span bulle geneem en hulle geslag,+ en met die trekgoed+ van die bulle het hy hulle vleis gekook en dit toe aan die mense gegee, en hulle het geëet. Daarna het hy opgestaan en Eliʹa gevolg en hom begin dien.+

Voetnote