1 Konings 20:1-43
20 Wat Ben-Hadad,+ die koning van Sirië, betref, hy het sy hele krygsmag bymekaargebring, en ook twee-en-dertig konings saam met hom+ en perde+ en strydwaens,+ en hy het opgetrek en Samariʹa+ beleër+ en daarteen geveg.
2 Toe het hy boodskappers+ na Agab, die koning van Israel, gestuur in die stad. En hy het vir hom gesê: “Só het Ben-Hadad gesê:
3 ‘U silwer en u goud is myne, en u vrouens en u kinders, die mooistes, is myne.’”+
4 Hierop het die koning van Israel geantwoord en gesê: “Volgens u woord, my heer die koning; ek met alles wat myne is, behoort aan u.”+
5 Later het die boodskappers teruggekom en gesê: “Só het Ben-Hadad gesê: ‘Ek het na u gestuur en gesê: “U silwer en u goud en u vrouens en u kinders moet u aan my gee.”
6 Maar omstreeks hierdie tyd môre sal ek my knegte na u toe stuur, en hulle sal u huis en die huise van u knegte sorgvuldig deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is+ in u oë, in hulle hand sit, en hulle sal dit wegneem.’”
7 Daarop het die koning van Israel al die ouer manne van die land geroep+ en gesê: “Let asseblief op en sien dat hy rampspoed soek;+ want hy het na my toe gestuur vir my vrouens en my kinders en my silwer en my goud, en ek het hom dit nie ontsê nie.”
8 Toe het al die ouer manne en die hele volk vir hom gesê: “Moenie luister nie, en u mag nie instem nie.”
9 Daarom het hy vir die boodskappers van Ben-Hadad gesê: “Sê vir my heer die koning: ‘Alles waarvoor u die eerste keer na u kneg gestuur het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie.’” Daarop het die boodskappers weggegaan en vir hom berig gebring.
10 Ben-Hadad het toe na hom gestuur en gesê: “Mag die gode+ so aan my doen en mag hulle so daaraan toevoeg+ as die stof van Samariʹa genoeg sal wees om die hande te vul van al die manskappe wat my volg!”+
11 Hierop het die koning van Israel geantwoord en gesê: “Sê julle vir hom: ‘Laat die een wat hom omgord,+ nie oor homself roem soos die een wat hom losgord nie.’”+
12 En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy en die konings in die hutte gedrink het,+ het hy onmiddellik vir sy knegte gesê: “Stel julle op!” En hulle het hulle teen die stad begin opstel.
13 En kyk! ’n sekere profeet het na Agab, die koning van Israel,+ gekom en toe gesê: “Só het Jehovah gesê:+ ‘Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, ek gee hulle vandag in jou hand, en jy sal sekerlik weet dat ek Jehovah is.’”+
14 Toe het Agab gesê: “Deur wie?” waarop hy gesê het: “Só het Jehovah gesê: ‘Deur die jong manne van die vorste van die regsgebiede.’” Uiteindelik het hy gesê: “Wie sal die geveg begin?” waarop hy gesê het: “U!”
15 En hy het die jong manne van die vorste van die regsgebiede getel, en hulle was tweehonderd-twee-en-dertig;+ en ná hulle het hy al die manskappe getel, al die kinders van Israel, seweduisend.
16 En hulle het op die middaguur begin uittrek terwyl Ben-Hadad hom in die hutte dronk gedrink het,+ hy saam met die konings, die twee-en-dertig konings wat hom gehelp het.
17 Toe die jong manne+ van die vorste van die regsgebiede eerste uittrek, het Ben-Hadad dadelik uitgestuur; en hulle het hom kom vertel en gesê: “Daar het manne uit Samariʹa uitgetrek.”
18 Daarop het hy gesê: “Of hulle nou vir vrede uitgetrek het, julle moet hulle lewend gryp; en of hulle vir die geveg uitgetrek het, lewend moet julle hulle gryp.”+
19 En dié wat uit die stad uitgetrek het, was die jong manne van die vorste van die regsgebiede en die krygsmag wat agter hulle was.
20 En hulle het elkeen sy man begin doodmaak; en die Siriërs+ het gevlug,+ en Israel het hulle agtervolg, maar Ben-Hadad, die koning van Sirië, het te perd saam met die ruiters ontvlug.
21 Maar die koning van Israel het uitgetrek en die perde en die strydwaens bly verslaan,+ en hy het die Siriërs met ’n groot slagting verslaan.
22 Later het die profeet+ na die koning van Israel toe gekom en vir hom gesê: “Gaan, versterk u+ en let op en kyk wat u gaan doen;+ want by die jaarwisseling trek die koning van Sirië teen u op.”+
23 Wat die knegte van die koning van Sirië betref, hulle het vir hom gesê: “Hulle God is ’n God van berge.+ Daarom het hulle die oorhand oor ons gekry. Laat ons daarenteen op die gelykte teen hulle veg en kyk of ons nie die oorhand oor hulle sal kry nie.
24 En doen dít: Verwyder die konings,+ elkeen uit sy plek, en stel goewerneurs in hulle plek aan.+
25 Wat u betref, u moet vir u ’n krygsmag tel gelykstaande aan die krygsmag wat by u geval het, met ewe veel perde en strydwaens; en laat ons op die gelykte teen hulle veg en kyk of ons nie die oorhand oor hulle sal kry nie.”+ Toe het hy na hulle stem geluister en net so gedoen.
26 En by die jaarwisseling het Ben-Hadad die Siriërs+ opgeroep en na Afek+ opgetrek om teen Israel te veg.
27 Wat die kinders van Israel betref, hulle is opgeroep en van die nodige voorsien+ en het hulle begin tegemoettrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle kamp opgeslaan soos twee troppies bokke, terwyl die Siriërs die aarde gevul het.+
28 Toe het die man van die ware God+ nader gekom en vir die koning van Israel gesê, ja, hy het gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Omdat die Siriërs gesê het: “Jehovah is ’n God van berge, en hy is nie ’n God van laagvlaktes nie”, sal ek hierdie hele groot menigte in jou hand moet gee,+ en julle sal sekerlik weet dat ek Jehovah is.’”+
29 En hulle kampe het sewe dae lank teenoor mekaar gelê.+ En op die sewende dag het die geveg begin; en die kinders van Israel het die Siriërs verslaan, honderdduisend voetsoldate op een dag.
30 En dié wat oorgebly het, het na Afek+ gevlug, na die stad; en die muur het op sewe-en-twintigduisend man geval wat oorgebly het.+ Wat Ben-Hadad betref, hy het gevlug+ en uiteindelik in die stad gekom, in die binneste+ vertrek.
31 Toe het sy knegte vir hom gesê: “Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel konings van liefderyke goedhartigheid is.+ Laat ons asseblief saklinne+ om ons lendene+ en toue om ons koppe dra, en laat ons uitgaan na die koning van Israel. Miskien sal hy u siel laat lewe.”+
32 Toe het hulle saklinne om hulle lendene gegord, met toue om hulle koppe, en by die koning van Israel gekom en gesê: “U kneg Ben-Hadad het gesê: ‘Laat my siel asseblief lewe.’” Hierop het hy gesê: “Lewe hy nog? Hy is my broer.”
33 En die manne+ het dit as ’n voorteken opgeneem en dit gou as ’n beslissing van sy kant beskou, en hulle het gesê: “Ben-Hadad is u broer.” Daarop het hy gesê: “Gaan haal hom.” Toe het Ben-Hadad na hom toe uitgekom; en hy het hom dadelik op die strydwa laat klim.+
34 Ben-Hadad het toe vir hom gesê: “Die stede+ wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee; en u sal in Damaskus strate aan u toewys net soos my vader in Samariʹa gedoen het.”
“En wat my betref, onder ’n verbond+ sal ek u wegstuur.”
Daarop het hy ’n verbond met hom gesluit en hom weggestuur.
35 En ’n sekere man uit die profeteseuns+ het deur die woord+ van Jehovah vir sy vriend gesê: “Slaan my asseblief.” Maar die man het geweier om hom te slaan.
36 Daarom het hy vir hom gesê: “Omdat jy nie na die stem van Jehovah geluister het nie, kyk, jy gaan van my af weg, en ’n leeu sal jou beslis doodmaak.” Daarna het hy van hom af weggegaan, en die leeu+ het hom gevind en hom doodgemaak.+
37 En hy het ’n ander man gevind en gesê: “Slaan my asseblief.” En die man het hom geslaan, ja, geslaan en gewond.
38 Toe het die profeet langs die pad vir die koning gaan staan en wag, en hy het hom met ’n verband oor sy oë vermom gehou.+
39 En toe die koning verbygaan, het hy die koning toegeroep en gesê:+ “U kneg het in die hitte van die stryd uitgetrek; en kyk! ’n man het uit die linie getree, en hy het ’n man na my toe gebring en toe gesê: ‘Bewaak hierdie man. As hy enigsins vermis word, dan sal jou siel+ in die plek van sy siel moet wees,+ of anders moet jy ’n talent silwer afweeg.’+
40 En terwyl u kneg hier en daar besig was, kyk, toe het hy verdwyn.” Hierop het die koning van Israel vir hom gesê: “So is jou regspraak. Jy het self besluit.”+
41 Daarop het hy gou die verband van sy oë afgehaal, en die koning van Israel het hom herken, dat hy uit die profete was.+
42 Hy het toe vir hom gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Omdat jy die man wat aan my gewy is om vernietig te word,+ uit jou hand laat gaan het, moet jou siel in die plek van sy siel+ en jou volk in die plek van sy volk wees.’”+
43 Daarop het die koning van Israel weggegaan na sy huis, stuurs en terneergedruk,+ en in Samariʹa gekom.+