1 Konings 3:1-28

3  En Salomo het ’n huweliksverbintenis+ met Farao, die koning van Egipte, aangegaan en Farao se dogter+ geneem en haar na die Stad van Dawid+ gebring, totdat hy sy eie huis+ en die huis van Jehovah+ en Jerusalem se muur rondom klaar gebou het.+  Die volk het egter op die hoogtes offerandes gebring,+ want tot op dié dae was daar nog nie ’n huis vir die naam van Jehovah gebou nie.+  En Salomo het voortgegaan om Jehovah lief te hê+ deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel.+ Hy het egter gereeld op die hoogtes+ offerandes gebring en die rook van offers laat opgaan.  Toe het die koning na Giʹbeon+ gegaan om daar offerandes te bring, want dít was die groot hoogte.+ Duisend brandoffers het Salomo op daardie altaar gebring.+  In Giʹbeon het Jehovah in die nag in ’n droom+ aan Salomo verskyn;+ en God het gesê: “Vra wat ek jou moet gee.”+  Hierop het Salomo gesê: “U het teenoor u kneg Dawid, my vader, groot liefderyke goedhartigheid bewys+ na die mate waarin hy voor u in waarheid en in regverdigheid+ en in regskapenheid van hart met u gewandel het; en u het hierdie groot liefderyke goedhartigheid teenoor hom bly bewaar, sodat u hom ’n seun gegee het om op sy troon te sit soos dit vandag is.+  En nou, Jehovah my God, u het u kneg koning gemaak in die plek van my vader Dawid, en ek is nog maar ’n seuntjie.+ Ek weet nie hoe om uit te gaan en hoe om in te kom nie.+  En u kneg is in die midde van u volk wat u uitgekies het,+ ’n talryke volk wat weens die menigte nie getel of bereken kan word nie.+  En u moet aan u kneg ’n gehoorsame hart gee om u volk te rig,+ om tussen goed en kwaad te onderskei;+ want wie kan hierdie moeilike volk van u+ rig?”+ 10  En die saak was welgevallig in die oë van Jehovah, omdat Salomo dít gevra het.+ 11  En God het vir hom gesê: “Omdat jy dít gevra het en nie vir jou baie dae gevra het of vir jou rykdom gevra het+ of die siel van jou vyande gevra het nie, en jy vir jou begrip gevra het om regsake te verhoor,+ 12  kyk! daarom sal ek beslis volgens jou woorde handel.+ Kyk! Ek sal jou beslis ’n wyse hart met begrip gee,+ sodat een soos jy vóór jou nie gewees het nie en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.+ 13  En ook wat jy nie gevra het nie, sal ek jou gee,+ rykdom+ sowel as heerlikheid, sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.+ 14  En as jy in my weë wandel deur my voorskrifte+ en my gebooie te onderhou, net soos jou vader Dawid gewandel het,+ dan sal ek jou dae verleng.”+ 15  Toe Salomo wakker word,+ kyk, dit was ’n droom. Daarop het hy na Jerusalem gekom en voor die ark+ van die verbond van Jehovah gaan staan en brandoffers geoffer en gemeenskapsoffers+ gebring en vir al sy knegte+ ’n feesmaal gegee.+ 16  In dié tyd het twee vroue, prostitute,+ by die koning gekom en voor hom gaan staan.+ 17  Toe het die een vrou gesê: “Verskoon my, my heer,+ ek en hierdie vrou woon in een huis, daarom het ek naby haar in die huis geboorte gegee. 18  En op die derde dag nadat ek geboorte gegee het, het hierdie vrou ook geboorte gegee. En ons was saam. Daar was geen vreemdeling by ons in die huis nie; niemand anders as ons twee was in die huis nie. 19  Later het die seun van hierdie vrou in die nag gesterf, omdat sy op hom gelê het. 20  Toe het sy in die middel van die nag opgestaan en my seun langs my weggeneem terwyl u slavin geslaap het en hom aan haar boesem neergelê, en haar dooie seun het sy aan my boesem neergelê. 21  Toe ek die oggend opstaan om my seun te soog,+ kyk, toe was hy dood. En ek het hom die oggend goed bekyk, en kyk! dit was nie my seun wat ek gebaar het nie.” 22  Maar die ander vrou het gesê: “Nee, maar my seun is die lewende en jou seun is die dooie!” Die hele tyd het hierdie vrou gesê: “Nee, maar jou seun is die dooie en my seun is die lewende.” En hulle het voor die koning bly praat.+ 23  Uiteindelik het die koning gesê: “Hierdie een sê: ‘Dít is my seun, die lewende, en jou seun is die dooie!’ en daardie een sê: ‘Nee, maar jou seun is die dooie en my seun is die lewende!’” 24  En die koning het verder gesê:+ “GAAN haal vir my ’n swaard.” Toe het hulle die swaard voor die koning gebring. 25  En die koning het gesê: “SNY die lewende kind in twee en gee die een helfte aan die een vrou en die ander helfte aan die ander.” 26  Dadelik het die vrou wie se seun die lewende was, vir die koning gesê (want haar innerlike emosies+ is teenoor haar seun opgewek,+ sodat sy gesê het): “Verskoon my,+ my heer! GEE haar die lewende kind. Moet hom hoegenaamd nie doodmaak nie.” Die hele tyd het hierdie ander vrou gesê: “Hy sal nie myne of joune wees nie. SNY deur!”+ 27  Daarop het die koning geantwoord en gesê: “GEE haar die lewende kind, en julle moet hom hoegenaamd nie doodmaak nie. Sy is sy moeder.” 28  En die hele Israel het gehoor van die regterlike beslissing+ wat die koning gegee het; en hulle het bevrees geword vir die koning,+ want hulle het gesien dat die wysheid+ van God in hom was om regterlike beslissings uit te voer.

Voetnote