1 Konings 4:1-34

4  En koning Salomo het koning gebly oor die hele Israel.+  En dít is die vorste+ wat hy gehad het: Asarʹja, die seun van Sadok,+ die priester;  Elihoʹref en Ahiʹa, die seuns van Sisa, sekretarisse;+ Joʹsafat,+ die seun van Ahiʹlud, die kroniekskrywer;  en Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, was oor die leër,+ en Sadok en Abjaʹtar+ was priesters;  en Asarʹja, die seun van Natan,+ was oor die bestuurders, en Sabud, die seun van Natan, was ’n priester, die vriend+ van die koning;  en Ahiʹsar was oor die huishouding, en Adoniʹram,+ die seun van Abda, oor diegene wat tot dwangarbeid opgeroep is.+  En Salomo het twaalf bestuurders oor die hele Israel gehad, en hulle het die koning en sy huishouding van voedsel voorsien. Dit het op elkeen neergekom om een maand in die jaar die voedsel te voorsien.+  En dít was hulle name: Die seun van Hur, in die bergstreek van Eʹfraim;+  die seun van Deker, in Makas en in Saʹälbim+ en Bet-Semes+ en Elon-Bet-Hanan; 10  die seun van Hesed, in Arubʹbot (hy het Sogo en die hele land Hefer+ gehad); 11  die seun van Abinaʹdab, die hele bergrug van Dor+ (Tafat, Salomo se dogter, het sy vrou geword); 12  Baäna, die seun van Ahiʹlud, in Taʹänag+ en Megidʹdo+ en die hele Bet-Sean,+ wat langs Sartan+ onder Jisʹreël+ lê, van Bet-Sean af tot by Aʹbel-Mehoʹla+ tot by die streek van Jokʹmeam;+ 13  die seun van Geber, in Raʹmot-Giʹlead+ (hy het die tentdorpe gehad van Jaïr,+ die seun van Manasʹse, wat in Giʹlead+ lê; hy het die Argobstreek+ gehad, wat in Basan+ is: sestig groot stede met mure en kopergrendels); 14  Ahinaʹdab, die seun van Iddo, in Mahanaʹim;+ 15  Ahiʹmaäs, in Nafʹtali+ (hy het ook Basmat, Salomo se dogter, as vrou geneem);+ 16  Baäna, die seun van Husai, in Aser+ en Beʹalot; 17  Joʹsafat, die seun van Paruʹag, in Isʹsaskar;+ 18  Siʹmeï,+ die seun van Ela, in Benjamin;+ 19  Geber, die seun van Uri, in die land Giʹlead,+ die land van Sihon,+ die koning van die Amoriete,+ en van Og,+ die koning van Basan,+ en daar was een bestuurder oor al die ander bestuurders wat in die land was. 20  Juda en Israel was baie, so talryk soos die sandkorrels wat aan die see is;+ hulle het geëet en gedrink en was bly.+ 21  Wat Salomo betref, hy was heerser oor al die koninkryke van die Rivier+ af tot by die land van die Filistyne en tot by die grens van Egipte. Hulle het geskenke gebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.+ 22  En Salomo se voedsel vir elke dag was gewoonlik dertig kor+ fynmeel en sestig kor meel, 23  tien vet beeste en twintig veldbeeste en honderd skape, buiten enkele takbokke+ en gaselle+ en reebokke en vetgemaakte koekoeke. 24  Want hy het alles aan hierdie kant van die Rivier+ in onderworpenheid gehou, van Tifsag af tot by Gasa,+ ja, al die konings aan hierdie kant van die Rivier;+ en hy het vrede+ gehad in al sy streke rondom. 25  En Juda+ en Israel het in veiligheid gewoon,+ elkeen onder sy eie wingerdstok en onder sy eie vyeboom,+ van Dan tot Berseʹba,+ al die dae van Salomo. 26  En Salomo het veertigduisend stalle met perde+ vir sy strydwaens+ gehad, en twaalfduisend ruiters. 27  En hierdie bestuurders+ het elkeen in sy maand koning Salomo en almal wat na die tafel van koning Salomo gekom het, van voedsel voorsien. Hulle het niks laat kortkom nie. 28  En die gars en die strooi vir die perde en vir die spanne perde+ het hulle gebring na die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy opdrag.+ 29  En God het aan Salomo wysheid+ en begrip+ in baie groot mate bly gee, en ruimheid van hart,+ soos die sand wat aan die seestrand is.+ 30  En Salomo se wysheid was oorvloediger+ as die wysheid van al die Oosterlinge+ en as al die wysheid van Egipte.+ 31  En hy was wyser as enige ander mens, as Etan,+ die Esrahiet, en Heman+ en Kalkol+ en Darda, die seuns van Mahol; en sy roem het na al die nasies rondom versprei.+ 32  En hy kon drieduisend spreuke uitspreek,+ en sy liedere+ was duisend-en-vyf. 33  En hy het oor die bome gepraat, van die seder wat op die Liʹbanon+ is tot die hisop+ wat teen die muur uitspruit; en hy het oor die diere+ en oor die voëls+ en oor die kruipende diere+ en oor die visse+ gepraat. 34  En hulle het uit al die volke bly kom om Salomo se wysheid te hoor,+ ja, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.+

Voetnote