1 Konings 5:1-18

5  En Hiram,+ die koning van Tirus,+ het sy knegte+ na Salomo toe gestuur, want hy het gehoor dat hulle hom in die plek van sy vader as koning gesalf het; want Hiram was altyd lief vir Dawid.+  Daarop het Salomo na Hiram gestuur en gesê:+  “U weet goed dat my vader Dawid nie ’n huis vir die naam van Jehovah sy God kon bou nie weens die oorlog+ waarmee hulle hom omring het, totdat Jehovah hulle onder sy voetsole gestel het.  En nou het Jehovah my God my rus aan alle kante gegee.+ Daar is geen teenstander nie, en daar gebeur niks slegs nie.+  En kyk, ek dink daaraan om ’n huis vir die naam van Jehovah my God te bou,+ net soos Jehovah my vader Dawid beloof het toe hy gesê het: ‘Jou seun wat ek in jou plek op jou troon sal sit, hý sal die huis vir my naam bou.’+  En gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Liʹbanon+ kap; en my knegte sal saam met u knegte wees, en die lone van u knegte sal ek aan u gee volgens alles wat u sê, want u weet goed dat daar onder ons niemand is wat weet hoe om bome te kap soos die Sidoniërs+ nie.”  En net toe Hiram+ die woorde van Salomo hoor, het hy hom grootliks begin verbly, en hy het gesê: “Mag Jehovah vandag geloof+ word omdat hy Dawid ’n wyse+ seun oor hierdie talryke volk gegee het!”+  Daarop het Hiram na Salomo gestuur en gesê: “Ek het gehoor wat u my laat weet het. Ek sal alles doen waarin u behae skep met betrekking tot sederstompe en jenewerstompe.+  My knegte sal dit uit die Liʹbanon+ na die see afbring; en ék sal dit in vlotte bind en oor die see vervoer tot by die plek waarvan u my in kennis sal stel;+ en ek sal dit beslis daar uitmekaar laat haal, en ú moet dit wegneem; en u moet doen waarin ek behae skep deur die voedsel vir my huishouding te gee.”+ 10  So het Hiram dan sederstompe en jenewerstompe aan Salomo gegee volgens alles waarin hy behae geskep het. 11  En wat Salomo betref, hy het Hiram twintigduisend kor+ koring as voedselvoorraad vir sy huishouding gegee en twintig kor uitgestampte+ olie. Dit is wat Salomo Hiram jaar na jaar gegee het.+ 12  En wat Jehovah betref, hy het Salomo wysheid gegee, net soos hy hom beloof het;+ en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ’n verbond gesluit. 13  En koning Salomo het deurentyd diegene wat tot dwangarbeid opgeroep is, uit die hele Israel laat opkom; en diegene wat tot dwangarbeid opgeroep is,+ was dertigduisend man. 14  En hy het hulle in groepe van tienduisend per maand na die Liʹbanon gestuur. ’n Maand het hulle op die Liʹbanon gebly, twee maande by hulle huis;+ en Adoniʹram+ was oor diegene wat tot dwangarbeid+ opgeroep is.+ 15  En Salomo het sewentigduisend lasdraers+ en tagtigduisend klipkappers+ in die gebergte+ gehad,+ 16  benewens Salomo se vorstelike bestuurders+ wat oor die werk was, drieduisend-driehonderd voormanne+ oor die mense wat die werk verrig het. 17  En die koning het beveel dat hulle groot klippe, duur klippe,+ moet uitbreek om die fondament+ van die huis met gekapte klippe+ te lê. 18  Toe het Salomo se bouers en Hiram se bouers en die Gebaliete+ die kapwerk gedoen, en hulle het deurentyd die stompe en die klippe gereedgemaak om die huis te bou.

Voetnote