1 Konings 6:1-38

6  En in die vierhonderd-en-tagtigste jaar nadat die kinders van Israel uit Egipteland uitgetrek het,+ in die vierde jaar+ nadat Salomo koning oor Israel geword het, in die maand Sif,+ dit is die tweede maand,+ het hy die huis vir Jehovah begin bou.+  En die huis wat koning Salomo vir Jehovah gebou het,+ was sestig el+ lank en twintig el breed en dertig el hoog.+  En die portaal+ aan die voorkant van die tempel van die huis was twintig el lank, voor op die breedte van die huis. Tien el was dit diep, aan die voorkant van die huis.  En hy het vir die huis vensters gemaak met rame wat al hoe smaller word.+  Verder het hy teen die muur van die huis rondom ’n syaanbousel gebou, teen die mure van die huis rondom die tempel en die binneste vertrek,+ en syvertrekke+ rondom gemaak.  Die onderste syvertrek was vyf el breed en die middelste was ses el breed en die derde was sewe el breed; want hy het inspringings+ rondom die huis aan die buitekant aangebring, sodat dit nie steun in die mure van die huis gehad het nie.+  En toe die huis gebou is, is dit van klaar gekapte breekklip+ gebou; en hamers en byle of enige ystergereedskap is nie in die huis+ gehoor terwyl dit gebou is nie.  Die ingang+ van die onderste syvertrek was aan die regterkant van die huis, en met ’n wenteltrap het hulle opgegaan na die middelste, en van die middelste op na die derde.  En hy het verder aan die huis gebou om dit te voltooi+ en het die huis met balke en rye van sederhout+ oordek. 10  Daarbenewens het hy die syvertrekke+ teen die hele huis gebou, vyf el hoog, en dit was met sederbalke+ aan die huis vas. 11  Intussen het die woord van Jehovah tot Salomo+ gekom en gesê:+ 12  “Wat hierdie huis betref wat jy bou, as jy in my insettinge wandel+ en my regterlike beslissings uitvoer+ en al my gebooie onderhou deur daarin te wandel,+ dan sal ek beslis my woord teenoor jou gestand doen wat ek tot jou vader Dawid gespreek het;+ 13  en ek sal inderdaad in die midde van die kinders van Israel woon,+ en ek sal my volk Israel nie verlaat nie.”+ 14  En Salomo het verder aan die huis gebou om dit te voltooi.+ 15  En hy het die mure van die huis aan die binnekant met sederplanke gebou. Van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit aan die binnekant met hout bedek; en hy het die vloer van die huis met jenewerplanke bedek.+ 16  Verder het hy twintig el aan die agterkante van die huis met sederplanke gebou, van die vloer af tot by die dakbalke, en aan die binnekant het hy daarvoor die binneste+ vertrek, die Allerheiligste,+ gebou. 17  En die huis was veertig el, dit wil sê die tempel+ aan die voorkant daarvan.+ 18  En op die sederhout aan die binnekant van die huis was daar snywerk van kalbasvormige+ ornamente en kranse van bloeisels.+ Alles was sederhout; daar was geen klip te sien nie. 19  En die binneste+ vertrek binne-in die huis het hy binnekant gereedgemaak om die ark+ van die verbond+ van Jehovah daar te sit. 20  En die binneste vertrek was twintig el lank en twintig el breed+ en twintig el hoog; en hy het dit met suiwer goud oorgetrek+ en die altaar+ met sederhout bedek. 21  Verder het Salomo die huis aan die binnekant met suiwer goud+ oorgetrek+ en goue kettingwerk+ voor die binneste vertrek+ langs laat loop en dit met goud oorgetrek. 22  En die hele huis het hy met goud oorgetrek,+ totdat die hele huis voltooi was; en die hele altaar+ wat by die binneste vertrek gestaan het, het hy met goud oorgetrek.+ 23  Verder het hy in die binneste vertrek twee gerubs+ van wildeolyfhout gemaak, elkeen tien el hoog.+ 24  En vyf el was die een vlerk van die gerub, en vyf el was die ander vlerk van die gerub. Tien el was dit van die punt van sy vlerk tot die punt van sy vlerk.+ 25  En die tweede gerub was tien el. Die twee gerubs het dieselfde maat en dieselfde vorm gehad. 26  Die hoogte van die een gerub was tien el, en so ook dié van die ander gerub. 27  Toe het hy die gerubs in die binneste huis gesit, sodat die vlerke van die gerubs uitgesprei was.+ So het die vlerk van die een tot aan die muur gereik en die vlerk van die ander gerub tot aan die ander muur gereik; en hulle vlerke was na die middel van die huis toe, terwyl vlerk tot aan vlerk gereik het.+ 28  En hy het die gerubs met goud oorgetrek.+ 29  En al die mure van die huis rondom het hy met gegraveerde snywerk van gerubs+ en palmboomfigure+ en graverings van bloeisels+ uitgesny, binne en buite; 30  en die vloer+ van die huis het hy met goud oorgetrek, binne en buite. 31  En die ingang van die binneste vertrek het hy met deure+ van wildeolyfhout+ gemaak: sypilare, deurposte en ’n vyfde. 32  En die twee deure was van wildeolyfhout, en hy het daarop snywerk van gerubs en palmboomfigure en die graverings van bloeisels uitgesny, en hy het dit met goud oorgetrek; en hy het die goud op die gerubs en die palmboomfigure ingeslaan. 33  En so het hy ook vir die ingang van die tempel gemaak: die deurposte van wildeolyfhout, vierkantig. 34  En die twee deure was van jenewerhout.+ Die twee vleuels van die een deur het op spille gedraai, en die twee vleuels van die ander deur het op spille gedraai.+ 35  En hy het gerubs en palmboomfigure en graverings van bloeisels uitgesny en die afbeeldings met bladgoud oorgetrek.+ 36  En hy het die binneste+ voorhof met drie rye+ gekapte klip en ’n ry sederbalke gebou. 37  In die vierde jaar is die fondament+ van die huis van Jehovah gelê, in die maanmaand Sif;+ 38  en in die elfde jaar, in die maanmaand Bul, dit is die agtste maand, was die huis klaar+ wat al sy besonderhede en sy hele plan+ betref; sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.

Voetnote