1 Konings 7:1-51

7  En sy eie huis het Salomo in dertien jaar gebou,+ sodat hy sy hele huis voltooi het.+  En hy het die Huis van die Liʹbanonwoud+ gebou, honderd el lank en vyftig el breed en dertig el hoog, op vier rye sederpilare; en daar was sederbalke+ op die pilare.  En dit was aan die bokant met sederhout betimmer+ op die draagbalke wat op die vyf-en-veertig pilare gerus het. Daar was vyftien in ’n ry.  Wat geraamde vensters betref, daar was drie rye, en ligopening+ was teenoor ligopening in drie vlakke.  En al die ingange en die deurposte was reghoekig met die raam,+ en ook die voorkant van die ligopening teenoor ’n ligopening in drie vlakke.  En die Pilaarportaal het hy vyftig el lank en dertig el breed gemaak; en aan die voorkant daarvan was nog ’n portaal, met pilare en ’n afdak voor.  Wat die Troonportaal+ betref waar hy sou regspreek, hy het die regsportaal+ gemaak; en hulle het dit van die vloer tot die dakbalke met sederhout bedek.+  Wat sy huis betref waar hy moes woon, in die ander voorhof,+ dit was weg van die huis af wat by die Portaal behoort. Dit was op dieselfde manier gemaak. En hy het ’n huis soos hierdie Portaal gebou vir Farao se dogter,+ wat Salomo geneem het.  Dit was alles van duur+ klippe volgens maat, gekap, met klipsae gesaag, binne en buite, en van die fondament af tot by die deklaag, en aan die buitekant tot by die groot voorhof.+ 10  En die duur klippe wat as ’n fondament gelê is, was groot klippe, klippe van tien el en klippe van agt el. 11  En bo-op was daar duur klippe volgens maat, gekap, en ook sederhout. 12  Wat die groot voorhof betref, daar was rondom drie rye+ gekapte klip en ’n ry sederbalke; en so ook vir die binneste+ voorhof van die huis+ van Jehovah en vir die portaal+ van die huis. 13  En koning Salomo het gestuur en Hiram+ uit Tirus laat haal. 14  Hy was die seun van ’n weduwee uit die stam Nafʹtali, en sy vader was ’n Tiriër,+ ’n bewerker van koper;+ en hy was vol wysheid en begrip+ en kennis om enige soort werk in koper te doen. En hy het na koning Salomo toe gekom en al sy werk begin doen. 15  Toe het hy die twee koperpilare+ gegiet; elke pilaar was agtien el hoog, en ’n lyn van twaalf el kon elk van die twee pilare omspan.+ 16  En hy het twee kapitele gemaak om op die toppe van die pilare te sit, in koper gegiet.+ Die een kapiteel was vyf el hoog, en die ander kapiteel was vyf el hoog. 17  Daar was nette van netwerk, gedraaide ornamente in kettingwerk,+ vir die kapitele wat op die top van die pilare was;+ sewe vir die een kapiteel en sewe vir die ander kapiteel. 18  Verder het hy die granate gemaak en twee rye rondom op die een netwerk om die kapitele te bedek wat op die top van die pilare was; en net so het hy vir die ander kapiteel gedoen.+ 19  En die kapitele wat op die top van die pilare by die portaal was, was van leliewerk,+ vier el. 20  En die kapitele was op die twee pilare, ook bo naby die ronding wat langsaan die netwerk was; en daar was tweehonderd granate+ in rye rondom op elke kapiteel. 21  En hy het die pilare+ opgerig wat by die portaal+ van die tempel behoort. So het hy die regterpilaar opgerig en dit Jagin genoem, en toe het hy die linkerpilaar opgerig en dit Boas genoem. 22  En op die top van die pilare was daar leliewerk. En die werk aan die pilare is geleidelik voltooi. 23  En hy het die gegote see+ tien el van die een rand tot die ander rand gemaak, heeltemal rond; en dit was vyf el hoog, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.+ 24  En kalbasvormige+ ornamente+ onder die rand daarvan het dit rondom omring,+ tien in ’n el, wat die see heeltemal omsluit het, met twee rye van die kalbasvormige ornamente wat in een gietsel daarmee gegiet is. 25  Dit het op twaalf bulle+ gestaan, drie wat na die noorde kyk en drie wat na die weste kyk en drie wat na die suide kyk en drie wat na die ooste kyk; en die see was bo-op hulle, en hulle agterkante was almal na die middel gekeer.+ 26  En die dikte daarvan was ’n handbreedte;+ en die rand daarvan was soos ’n bekerrand gemaak, ’n leliebloeisel.+ Dit het tweeduisend bat+ gehou.+ 27  Hy het ook die tien koperwaentjies+ gemaak; elke waentjie was vier el lank en vier el breed en drie el hoog. 28  En die waentjies is só gemaak: hulle het sywande gehad, en die sywande was tussen die dwarsbalke. 29  En op die sywande wat tussen die dwarsbalke was, was daar leeus,+ bulle+ en gerubs,+ en net so op die dwarsbalke. Bo en onder die leeus en die bulle was daar kranse+ van hangwerk. 30  En elke waentjie het vier koperwiele gehad, met koperasse; en sy vier hoekstukke was steunsels vir hulle. Onder die kom was die steunsels, wat met kranse teenoor mekaar gegiet is. 31  En sy opening van binne tot by die steunsels en boontoe was [?] el; en sy opening was rond, gemaak soos ’n staander van anderhalf el, en ook aan sy opening was snywerk. En hulle sywande was vierkantig, nie rond nie. 32  En die vier wiele was onder die sywande, en die steunsels van die wiele was by die waentjie; en die hoogte van elke wiel was anderhalf el. 33  En die wiele was gemaak soos ’n wawiel+ gemaak word. Hulle steunsels en hulle vellings en hulle speke en hulle nawe was alles gegiet. 34  En daar was vier steunsels op die vier hoeke van elke waentjie; sy steunsels het ’n geheel gevorm met die waentjie. 35  En bo-op die waentjie was daar ’n staander van ’n half el hoog, heeltemal rond; en bo-op die waentjie het sy kante en sy sywande ’n geheel daarmee gevorm. 36  Verder het hy op die plate van sy kante en op sy sywande gerubs, leeus en palmboomfigure gegraveer+ volgens die oop ruimte van elkeen, en kranse rondom.+ 37  So het hy die tien waentjies gemaak;+ hulle het almal een gietsel,+ een maat, een vorm gehad. 38  En hy het tien koperkomme+ gemaak. Elke kom het veertig bat gehou. Elke kom was vier el. Vir die tien waentjies was daar een kom op elke waentjie. 39  Toe het hy vyf waentjies aan die regterkant van die huis en vyf aan die linkerkant van die huis gesit;+ en die see het hy aan die regterkant van die huis gesit, ooswaarts, teen die suide.+ 40  En Hiram+ het gaandeweg die komme+ en die skoppe+ en die bakke+ gemaak. Eindelik het Hiram al die werk voltooi+ wat hy met betrekking tot die huis van Jehovah vir koning Salomo gedoen het: 41  Die twee pilare+ en die komvormige kapitele+ wat op die top van die twee pilare was, en die twee stukke netwerk+ om die twee ronde kapitele te bedek wat op die top van die pilare was, 42  en die vierhonderd granate+ vir die twee stukke netwerk, twee rye granate vir elke netwerk, om die twee komvormige kapitele te bedek wat op die twee pilare was; 43  en die tien waentjies+ en die tien komme+ op die waentjies, 44  en die een see+ en die twaalf bulle onder die see;+ 45  en die kanne en die skoppe en die bakke en al hierdie voorwerpe,+ wat Hiram van blink gevryfde koper vir koning Salomo gemaak het vir die huis van Jehovah. 46  In die Jordaandistrik+ het die koning dit in die kleivorm gegiet, tussen Sukkot+ en Sartan.+ 47  En Salomo het al die voorwerpe+ ongeweeg gelaat weens die buitengewone groot hoeveelheid.+ Die gewig van die koper is nie bepaal nie.+ 48  En Salomo het gaandeweg al die voorwerpe gemaak wat by die huis van Jehovah behoort het: die goue altaar+ en die tafel+ waarop die toonbrode was, van goud, 49  en die lampstaanders,+ vyf regs en vyf links voor die binneste vertrek, van suiwer goud,+ en die bloeisels+ en die lampe+ en die snuiters,+ van goud, 50  en die komme en die blussers+ en die bakke+ en die bekers+ en die vuurbakke,+ van suiwer goud, en die spilgate vir die deure+ van die binneste huis, dit is die Allerheiligste, en vir die deure+ van die huis van die tempel,+ van goud. 51  Uiteindelik is al die werk voltooi wat koning Salomo met betrekking tot die huis van Jehovah moes doen;+ en Salomo het die dinge begin inbring wat deur sy vader Dawid geheilig is;+ die silwer en die goud en die voorwerpe het hy by die skatte van die huis van Jehovah gesit.+

Voetnote