1 Konings 8:1-66

8  In dié tyd het Salomo+ die ouer+ manne van Israel, al die stamhoofde,+ die owerstes van die vaders,+ van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem bymekaar laat kom+ om die ark van die verbond+ van Jehovah uit die Stad van Dawid,+ dit wil sê Sion,+ op te bring.  En al die manne van Israel het by koning Salomo op die fees+ bymekaargekom in die maanmaand Eʹtanim, dit is die sewende maand.+  Al die ouer manne van Israel het dus gekom, en die priesters het die Ark+ begin dra.+  En hulle het die ark van Jehovah en die tent+ van samekoms+ gebring en al die heilige voorwerpe wat in die tent was; en die priesters en die Leviete+ het dit gebring.+  En koning Salomo en die hele vergadering van Israel saam met hom, dié wat hulle afspraak met hom nagekom het, was voor die Ark, terwyl hulle skape en beeste geoffer het+ wat so talryk was dat hulle nie bereken of getel kon word nie.+  Toe het die priesters die ark+ van die verbond van Jehovah na sy plek gebring,+ in die binneste vertrek van die huis, die Allerheiligste, onder die vlerke van die gerubs in.+  Want die gerubs het hulle vlerke oor die plek van die Ark uitgesprei, sodat die gerubs die Ark en sy draaghoute van bo af beskut gehou het.+  Maar die draaghoute+ was lank, sodat die punte van die draaghoute sigbaar was vanuit die Heilige voor die binneste vertrek, maar hulle was nie buite sigbaar nie. En hulle is tot vandag toe nog daar.+  Daar was niks in die Ark nie behalwe die twee kliptafels+ wat Moses in Horeb daarin gesit het,+ toe Jehovah met die kinders van Israel ’n verbond gesluit het+ by hulle uittog uit Egipteland.+ 10  En toe die priesters uit die heiligdom uitkom, het die wolk+ die huis van Jehovah gevul. 11  En die priesters+ kon weens die wolk nie staan om hulle diens te doen nie,+ want die heerlikheid+ van Jehovah het die huis van Jehovah gevul.+ 12  Toe het Salomo gesê: “Jehovah het gesê dat hy in die dik donkerheid sou woon.+ 13  Ek het met welslae ’n huis as verhewe woning vir u gebou,+ ’n vaste plek+ waar u tot onbepaalde tyd kan woon.”+ 14  Toe het die koning sy gesig gedraai en die hele gemeente van Israel begin seën,+ terwyl die hele gemeente van Israel gestaan het. 15  En hy het gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word,+ wat met sy eie mond met my vader Dawid gepraat+ en met sy eie hand vervulling teweeggebring het+ en gesê het: 16  ‘Van die dag af dat ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het ek nie ’n stad uit al die stamme van Israel gekies+ om ’n huis te bou+ waar my naam+ sou bly nie; maar ek sal Dawid uitkies om oor my volk Israel te wees.’+ 17  En dit het my vader Dawid na aan die hart gelê om ’n huis vir die naam van Jehovah, die God van Israel, te bou.+ 18  Maar Jehovah het vir my vader Dawid gesê: ‘Omdat dit jou na aan die hart gelê het om ’n huis vir my naam te bou, het jy goed gedoen, omdat dit jou na aan die hart gelê het.+ 19  Jý sal egter nie die huis bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene voortkom, hý sal die huis vir my naam bou.’+ 20  En Jehovah het sy woord uitgevoer+ wat hy gespreek het, dat ek in die plek van my vader Dawid sou opstaan en op die troon van Israel sou sit,+ net soos Jehovah gespreek het, en dat ek die huis vir die naam van Jehovah, die God van Israel, sou bou,+ 21  en dat ek daar ’n plek sou bepaal vir die Ark waarin die verbond+ van Jehovah is wat hy met ons voorvaders gesluit het toe hy hulle uit Egipteland uitgelei het.” 22  En Salomo het voor die altaar+ van Jehovah gaan staan voor die hele gemeente van Israel, en hy het toe sy palms na die hemel uitgestrek;+ 23  en hy het gesê: “O Jehovah, die God van Israel,+ daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos u nie,+ wat die verbond en die liefderyke goedhartigheid+ hou teenoor u knegte+ wat met hulle hele hart voor u wandel,+ 24  u wat teenoor u kneg Dawid, my vader, nagekom het wat u hom beloof het, sodat u die belofte met u eie mond gemaak en met u eie hand die vervulling teweeggebring het, soos dit vandag is.+ 25  En nou, o Jehovah, die God van Israel, kom na teenoor u kneg Dawid, my vader, wat u hom beloof het deur te sê: ‘Voor my sal daar vir jou nie ’n man ontbreek wat op die troon van Israel sit nie,+ as jou seuns net op hulle weg ag gee deur voor my te wandel net soos jy voor my gewandel het.’ 26  En nou, o God van Israel, laat u belofte+ asseblief betroubaar wees wat u aan u kneg Dawid, my vader, gemaak het. 27  “Maar sal God waarlik op die aarde woon?+ Kyk! Die hemel,+ ja, die hemel der hemele,+ kan u nie bevat nie;+ hoeveel minder dan hierdie huis+ wat ek gebou het! 28  En u moet u tot die gebed+ van u kneg en tot sy versoek om guns wend,+ o Jehovah my God, om te luister na die smekende geroep en na die gebed wat u kneg vandag voor u bid;+ 29  sodat u oë nag en dag oop mag wees+ oor hierdie huis, oor die plek waarvan u gesê het: ‘My naam sal daar wees’,+ om te luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe bid.+ 30  En u moet luister na die versoek om guns+ van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe bid; en mag u hoor in u woonplek, in die hemel,+ en u moet hoor en vergewe.+ 31  “Wanneer ’n man teen sy medemens sondig,+ en hy hom ’n vloek oplê om hom aan die vloek bloot te stel,+ en hy onder die vloek voor u altaar in hierdie huis kom, 32  mag u dan hoor vanuit die hemel, en u moet optree en oor u knegte regspreek deur die goddelose goddeloos te verklaar deur sy weg op sy eie hoof te laat neerkom,+ en deur die regverdige regverdig te verklaar+ deur hom te gee volgens sy eie regverdigheid.+ 33  “Wanneer u volk Israel voor die vyand verslaan word,+ omdat hulle teen u bly sondig het,+ en hulle inderdaad tot u terugkeer+ en u naam prys+ en tot u bid+ en u om guns versoek in hierdie huis,+ 34  mag u dan hoor vanuit die hemel, en u moet die sonde van u volk Israel vergewe+ en u moet hulle terugbring+ na die land wat u aan hulle voorvaders gegee het.+ 35  “Wanneer die hemel toegesluit is sodat daar geen reën val nie,+ omdat hulle teen u bly sondig het,+ en hulle na hierdie plek toe bid+ en u naam prys en hulle van hulle sonde afkeer, omdat u hulle bly teister het,+ 36  mag u dan hoor vanuit die hemel, en u moet die sonde van u knegte vergewe, ja, van u volk Israel, want u leer+ hulle die goeie weg waarop hulle moet wandel;+ en u moet reën gee+ op u land wat u aan u volk as ’n erfbesitting gegee het. 37  “As daar hongersnood+ in die land voorkom, as daar pes+ voorkom, as daar verskroeiing, heuningdou,+ sprinkane,+ kakkerlakke+ voorkom; as hulle vyand hulle in die land van hulle poorte beleër—enige soort plaag, enige soort kwaal— 38  watter gebed,+ watter versoek om guns+ daar ook al mag wees van enige mens of van u hele volk Israel,+ omdat elkeen van hulle die plaag van sy eie hart ken,+ en hulle hulle palms na hierdie huis toe uitstrek,+ 39  mag u dan hoor vanuit die hemel,+ u vaste woonplek,+ en u moet vergewe+ en optree+ en aan elkeen gee volgens al sy weë,+ omdat u sy hart ken+ (want u alleen ken die hart van al die mensekinders goed);+ 40  sodat hulle u kan vrees+ al die dae dat hulle lewe op die oppervlak van die land wat u aan ons voorvaders gegee het.+ 41  “En ook na die uitlander,+ wat geen deel uitmaak van u volk Israel nie en wat weens u naam uit ’n ver land kom+ 42  (want hulle sal hoor van u groot naam+ en van u sterk hand+ en van u uitgestrekte arm), en hy kom en bid na hierdie huis toe,+ 43  mag u luister vanuit die hemel, u vaste woonplek,+ en u moet doen volgens alles waaroor die uitlander u aanroep;+ sodat al die volke van die aarde u naam kan leer ken,+ om u te vrees net soos u volk Israel, en sodat hulle kan weet dat u naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.+ 44  “As u volk in die oorlog+ teen hulle vyand uittrek op die pad waarlangs u hulle stuur,+ en hulle inderdaad tot Jehovah bid+ in die rigting van die stad wat u uitgekies het+ en die huis wat ek vir u naam gebou het,+ 45  moet u ook vanuit die hemel hulle gebed en hulle versoek om guns hoor, en u moet aan hulle reg verskaf.+ 46  “As hulle teen u sondig+ (want daar is geen mens wat nie sondig nie),+ en u op hulle vertoornd is en hulle aan die vyand oorlewer, en dié wat hulle gevange neem, hulle gevange wegvoer na die land van die vyand, ver of naby;+ 47  en hulle inderdaad tot besinning kom in die land waarheen hulle gevange weggevoer is,+ en hulle tot u terugkeer+ en u in die land van dié wat hulle gevange geneem het,+ om guns versoek+ en sê: ‘Ons het gesondig+ en gedwaal,+ ons het goddeloos gehandel’;+ 48  en hulle inderdaad met hulle hele hart+ en met hulle hele siel tot u terugkeer in die land van hulle vyande wat hulle gevange weggevoer het, en hulle inderdaad tot u bid in die rigting van hulle land wat u aan hulle voorvaders gegee het, die stad wat u uitgekies het en die huis wat ek vir u naam gebou het;+ 49  moet u ook hulle gebed en hulle versoek om guns hoor vanuit die hemel, u vaste woonplek,+ en u moet aan hulle reg verskaf,+ 50  en u moet u volk vergewe+ wat teen u gesondig het+ en al hulle oortredings+ waarmee hulle teen u oortree het;+ en u moet hulle voorwerpe van medelye+ maak voor dié wat hulle gevange geneem het en hulle moet medelye met hulle hê 51  (want hulle is u volk en u erfdeel,+ wat u uit Egipte uitgelei het,+ uit die smeltoond uit),+ 52  sodat u oë oop sal wees vir die versoek om guns van u kneg en vir die versoek om guns+ van u volk Israel, deur na hulle te luister in alles waaroor hulle u aanroep.+ 53  Want u het hulle afgesonder as u erfdeel uit al die volke van die aarde,+ net soos u deur middel van u kneg Moses gespreek het+ toe u ons voorvaders uit Egipte uitgelei het, o Soewereine Heer Jehovah.” 54  En net toe Salomo met hierdie hele gebed en versoek om guns klaar tot Jehovah gebid het, het hy voor die altaar van Jehovah opgestaan, uit sy knielende houding+ waarin sy palms na die hemel uitgestrek was;+ 55  en hy het gaan staan+ en die hele gemeente van Israel met ’n harde stem geseën+ en gesê: 56  “Mag Jehovah geloof word,+ wat aan sy volk Israel ’n rusplek gegee het volgens alles wat hy beloof het.+ Nie een woord van al sy goeie beloftes wat hy deur middel van sy kneg Moses beloof het,+ het onvervuld gebly nie.+ 57  Mag Jehovah ons God met ons wees+ net soos hy met ons voorvaders was.+ Mag hy ons nie verlaat en ons nie verstoot nie,+ 58  sodat hy ons hart tot hom sal neig+ om in al sy weë te wandel+ en om sy gebooie+ en sy voorskrifte+ en sy regterlike beslissings te onderhou,+ wat hy ons voorvaders beveel het. 59  En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor Jehovah guns versoek het, dag en nag naby+ Jehovah ons God wees, sodat hy aan sy kneg en aan sy volk Israel reg kan verskaf soos dit dag+ na dag vereis word; 60  sodat al die volke van die aarde kan weet+ dat Jehovah die ware God is.+ Daar is geen ander nie.+ 61  En julle hart moet volkome+ met Jehovah ons God wees deur volgens sy voorskrifte te wandel en deur sy gebooie te onderhou, soos vandag.” 62  En die koning en die hele Israel saam met hom het ’n groot offerande voor Jehovah gebring.+ 63  En Salomo het die gemeenskapsoffers geoffer+ wat hy aan Jehovah moes bring, twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend skape,+ sodat die koning en al die kinders van Israel die huis van Jehovah kon inwy.+ 64  Op dié dag moes die koning die middel van die voorhof heilig wat voor die huis van Jehovah is,+ omdat hy daar die brandoffer en die graanoffer en die vetstukke van die gemeenskapsoffers moes bring; want die koperaltaar+ wat voor Jehovah is, was te klein om die brandoffer en die graanoffer en die vetstukke+ van die gemeenskapsoffers te bevat. 65  En Salomo het in dié tyd die fees gevier,+ en die hele Israel saam met hom, ’n groot gemeente+ van die ingang van Hamat+ af tot by die stroomvallei van Egipte,+ voor Jehovah ons God, sewe dae en nog sewe dae,+ veertien dae lank. 66  Op die agtste dag het hy die volk weggestuur;+ en hulle het die koning begin seën en na hulle huise gegaan, bly+ en vrolik van hart+ oor al die goeie+ wat Jehovah vir sy kneg Dawid en vir sy volk Israel gedoen het.

Voetnote