1 Konings 9:1-28

9  En net toe Salomo klaar was met die bou van die huis+ van Jehovah en die huis van die koning+ en elke begeerlike ding van Salomo wat dit hom behaag het om te maak,+  het Jehovah die tweede keer aan Salomo verskyn, net soos hy in Giʹbeon aan hom verskyn het.+  En Jehovah het vir hom gesê: “Ek het jou gebed gehoor+ en jou versoek om guns waarmee jy voor my guns versoek het. Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig+ deur my naam+ tot onbepaalde tyd daar te vestig; en my oë+ en my hart sal beslis altyd daar wees.+  En jy, as jy voor my wandel,+ net soos jou vader Dawid+ gewandel het, met onkreukbaarheid+ van hart en met regskapenheid+ deur te handel volgens alles wat ek jou beveel het,+ en jy my voorskrifte+ en my regterlike beslissings onderhou,+  dan sal ek inderdaad die troon van jou koninkryk oor Israel tot onbepaalde tyd vestig, net soos ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: ‘Daar sal vir jou nie ’n man ontbreek wat op die troon van Israel sit nie.’+  As julle en julle kinders julle beslis daarvan afkeer om my te volg+ en my gebooie en my insettinge wat ek julle voorgehou het, nie onderhou nie en ander gode gaan dien+ en julle voor hulle neerbuig,  dan sal ek Israel uitroei van die oppervlak van die land af wat ek aan hulle gegee het;+ en die huis wat ek vir my naam geheilig het, sal ek van my wegwerp,+ en Israel sal inderdaad ’n spreekwoord+ en ’n spot onder al die volke word.  En hierdie huis sal puinhope word.+ Elkeen wat daar verbygaan, sal in verbasing staar+ en sal beslis fluit en sê: ‘Waarom het Jehovah so met hierdie land en hierdie huis gedoen?’+  En hulle sal moet sê: ‘Omdat hulle Jehovah hulle God wat hulle voorvaders uit Egipteland uitgelei het,+ verlaat het en ander gode aangekleef het+ en hulle voor hulle neergebuig en hulle gedien het. Daarom het Jehovah al hierdie rampspoed oor hulle gebring.’”+ 10  En na verloop van twintig jaar, waarin Salomo die twee huise, die huis van Jehovah+ en die huis van die koning, gebou het+ 11  (Hiram,+ die koning van Tirus, het Salomo gehelp+ met sederstompe en jenewerstompe en met soveel goud as wat hom behaag het),+ het koning Salomo toe aan Hiram twintig stede in die land Galileʹa+ gegee. 12  Daarop het Hiram uit Tirus uitgetrek om die stede te bekyk wat Salomo hom gegee het, en hulle was nie heeltemal reg in sy oë nie.+ 13  Toe het hy gesê: “Watter soort stede is dit wat jy my gegee het, my broer?” En hulle word tot vandag toe die land Kabul genoem. 14  Intussen het Hiram honderd-en-twintig talente goud+ aan die koning gestuur. 15  En dit is die verslag van diegene wat tot dwangarbeid verplig is+ wat koning Salomo opgeroep het om die huis van Jehovah+ en sy eie huis en die Wal+ en die muur+ van Jerusalem en Hasor+ en Megidʹdo+ en Geser+ te bou. 16  (Farao, die koning van Egipte, het opgetrek en het Geser toe ingeneem en met vuur verbrand, en die Kanaäniete+ wat in die stad gewoon het, het hy doodgemaak. Toe het hy dit as ’n afskeidsgeskenk aan sy dogter,+ die vrou van Salomo, gegee.) 17  En Salomo het Geser en Onder-Bet-Horon+ gebou, 18  en Baʹälat+ en Tamar in die wildernis, in die land, 19  en al die voorraadstede+ wat Salomo s’n geword het en die strydwastede+ en die stede vir die ruiters, en die dinge wat Salomo+ begeer het, wat hy graag in Jerusalem en op die Liʹbanon en in die hele land van sy heerskappy wou bou. 20  Wat al die mense betref wat oorgebly het van die Amoriete,+ die Hetiete,+ die Perissiete,+ die Hewiete+ en die Jebusiete,+ wat geen deel uitgemaak het van die kinders van Israel nie,+ 21  hulle kinders wat ná hulle in die land oorgebly het, wat die kinders van Israel nie aan vernietiging kon oorgee nie,+ het Salomo vir slaafse dwangarbeid opgeroep, tot vandag toe.+ 22  En Salomo het nie een van die kinders van Israel ’n slaaf gemaak nie;+ want hulle was die krygsmanne en sy knegte en sy vorste en sy adjudante en hoofde van sy strydwadrywers en van sy ruiters.+ 23  Dit was die hoofde van die bestuurders wat oor die werk van Salomo was, vyfhonderd-en-vyftig, die voormanne oor die mense wat die werk verrig het.+ 24  Farao se dogter+ het egter uit die Stad van Dawid+ opgekom na haar huis wat hy vir haar gebou het. Toe het hy die Wal gebou.+ 25  En Salomo het voortgegaan om drie+ keer per jaar brandoffers en gemeenskapsoffers te offer op die altaar wat hy vir Jehovah gebou het,+ en daar is offerrook gebring op die altaar,+ wat voor Jehovah was; en hy het die huis voltooi.+ 26  En koning Salomo het ’n vloot skepe gebou in Eʹseon-Geʹber,+ wat by Elot+ lê, aan die kus van die Rooi See in die land Edom.+ 27  En Hiram het deurentyd sy knegte op die vloot skepe gestuur,+ seemanne wat die see ken, saam met die knegte van Salomo. 28  En hulle het na Ofir+ gegaan en vierhonderd-en-twintig talente goud+ daarvandaan gaan haal en dit na koning Salomo toe gebring.

Voetnote