1 Kronieke 10:1-14

10  En wat die Filistyne+ betref, hulle het teen Israel oorlog gevoer; en die manne van Israel het voor die Filistyne weggevlug en as gesneuweldes op die berg Gilboʹa bly val.+  En die Filistyne het kort agter Saul en sy seuns gebly; en die Filistyne het Joʹnatan+ en Abinaʹdab+ en Malkisua,+ seuns van Saul,+ doodgemaak.  En die geveg het hewig geword teen Saul; en die boogskutters het hom uiteindelik gevind, en hy is deur die skutters gewond.+  Toe het Saul vir sy wapendraer gesê:+ “Trek jou swaard+ en deurboor my daarmee, sodat hierdie onbesnede+ manne nie kom en my beslis smadelik behandel+ nie.” En sy wapendraer wou nie,+ omdat hy baie bang was. Daarop het Saul die swaard geneem en daarop geval.+  Toe sy wapendraer sien dat Saul gesterf het, het ook hy op die swaard geval en gesterf.+  So het Saul en drie van sy seuns gesterf,+ en almal van sy huis het saam gesterf.  Toe al die manne van Israel wat in die laagvlakte was, sien dat hulle gevlug het en dat Saul en sy seuns gesterf het, het hulle hulle stede begin verlaat en gevlug;+ waarna die Filistyne gekom en daarin gaan woon het.  En die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te stroop,+ het hulle Saul en sy seuns gevind waar hulle op die berg Gilboʹa+ geval het.  En hulle het hom gestroop en sy kop afgekap+ en sy wapenrusting uitgetrek en het oral in die land van die Filistyne gestuur om hulle afgode+ en die volk in te lig.+ 10  Uiteindelik het hulle sy wapenrusting in die huis van hulle god gesit,+ en sy skedel het hulle aan die huis van Dagon+ vasgemaak. 11  En almal van Jabes+ in Giʹlead het gehoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het.+ 12  Toe het al die dapper manne opgestaan en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns weggedra en dit na Jabes gebring en hulle beendere onder die groot boom+ in Jabes+ begrawe; en hulle het sewe dae lank gevas.+ 13  So het Saul gesterf weens sy ontrouheid waarmee hy troueloos+ teenoor Jehovah gehandel het met betrekking tot die woord van Jehovah wat hy nie onderhou het nie en ook omdat hy ’n geestemedium+ gevra het om navraag te doen. 14  En hy het Jehovah nie geraadpleeg nie.+ Gevolglik het hy hom doodgemaak en die koningskap op Dawid, die seun van Isai,+ laat oorgaan.

Voetnote