1 Kronieke 12:1-40

12  En hulle het na Dawid in Siklag+ gekom terwyl hy nog ingeperk was weens Saul,+ die seun van Kis; en hulle was onder die sterk manne,+ die helpers in die oorlogvoering,  gewapen met die boog, wat die regterhand en die linkerhand+ gebruik het met klippe+ of met pyle+ in die boog.+ Hulle was van die broers van Saul, uit Benjamin.  Daar was die hoof Ahiëser en Joas, die seuns van Semaʹä, die Gibeatiet,+ en Jeʹsiël en Pelet, die seuns van Asmaʹwet,+ en Beʹraga en Jehu, die Anatotiet,+  en Jismaʹja, die Gibeoniet,+ ’n sterk man onder die dertig+ en oor die dertig; en Jeremia en Jahaʹsiël en Joʹhanan en Joʹsabad, die Gederatiet;+  Eluʹsai en Jeʹrimot en Bealʹja en Semarʹja en Sefatʹja, die Harifiet;  Elʹkana en Jissiʹa en Asaʹreël en Joëser en Jasoʹbeam, die Koragiete,+  en Joëla en Sebadʹja, die seuns van Jeroʹham uit Gedor.  En party van die Gadiete het hulle afgeskei en by Dawid aangesluit in die moeilik toeganklike plek in die wildernis,+ dapper, sterk manne, krygsmanne vir die oorlog, wat die groot skild en die lans gereed gehou het,+ wie se gesigte leeugesigte was,+ en hulle was so vinnig soos die gaselle op die berge.+  Eser was die hoof, Obadʹja die tweede, Eliʹab die derde, 10  Mismanʹna die vierde, Jeremia die vyfde, 11  Attai die sesde, Eʹliël die sewende, 12  Joʹhanan die agtste, Elʹsabad die negende, 13  Jeremia die tiende, Magbanʹnai die elfde. 14  Hulle was van die seuns van Gad,+ hoofde van die leër. Die geringste was gelyk aan honderd, en die grootste aan duisend.+ 15  Dit is hulle wat deur die Jordaan getrek het+ in die eerste maand toe hy al sy oewers oorstroom het,+ en hulle het toe almal van die laagvlaktes verjaag, na die ooste en na die weste. 16  En party van die seuns van Benjamin en Juda het tot by die moeilik toeganklike plek gekom,+ by Dawid. 17  Toe het Dawid tot voor hulle uitgegaan en geantwoord en vir hulle gesê: “As julle in vrede+ na my toe gekom het om my te help, sal my hart in eendrag met julle wees.+ Maar as dit is om my aan my teenstanders te verraai, terwyl daar geen onreg in my palms is nie,+ mag die God+ van ons voorvaders dan daarop let en dit regstel.”+ 18  En gees+ het Amaʹsai, die hoof van die dertig, omhul: “Aan u behoort ons, o Dawid, en met u is ons,+ o seun van Isai.Vrede, vrede vir u, en vrede vir die een wat u help,Want u God het u gehelp.”+ Toe het Dawid hulle aanvaar en hulle onder die hoofde van die troepe opgeneem.+ 19  En party uit Manasʹse het na Dawid oorgeloop toe hy saam met die Filistyne+ opgetrek het om teen Saul oorlog te voer; maar hy het hulle nie gehelp nie, want ná beraadslaging het die spilvorste+ van die Filistyne hom weggestuur en gesê: “Met gevaar vir ons eie koppe sal hy na sy heer Saul oorloop.”+ 20  Toe hy in Siklag+ kom, het Adnag en Joʹsabad en Jediʹael en Miʹgael en Joʹsabad en Eliʹhu en Silʹletai, hoofde+ van die duisende wat tot Manasʹse behoort, uit Manasʹse na hom oorgeloop. 21  En húlle het Dawid gehelp teen die rowerbende,+ want hulle was almal sterk, dapper manne,+ en hulle het hoofde in die leër geword; 22  want dag na dag het mense na Dawid toe bly kom+ om hom te help, totdat dit ’n groot+ kamp was, soos die kamp van God.+ 23  En dit was die getalle van die hoofde van dié wat vir die leër toegerus was wat na Dawid in Hebron+ gekom het om die koningskap+ van Saul op hom oor te dra volgens Jehovah se bevel.+ 24  Die seuns van Juda wat die groot skild en die lans gedra het, was sesduisend-agthonderd, toegerus vir die leër. 25  Van die seuns van Siʹmeon was die sterk, dapper manne van die leër seweduisend-eenhonderd. 26  Van die seuns van die Leviete vierduisend-seshonderd. 27  En Joʹjada was die leier+ van die seuns van Aäron,+ en saam met hom was daar drieduisend-sewehonderd. 28  Ook Sadok,+ ’n baie dapper jong man, en die huis van sy voorvaders, twee-en-twintig hoofde. 29  En van die seuns van Benjamin,+ die broers van Saul,+ was daar drieduisend, en tot op dié tyd het die meeste van hulle noulettend wag gehou oor die huis van Saul. 30  En van die seuns van Eʹfraim was daar twintigduisend-agthonderd, sterk, dapper manne,+ manne van naam, volgens die huis van hulle voorvaders. 31  En van die halwe stam van Manasʹse+ was daar agtienduisend wat by name aangewys is om Dawid koning te gaan maak. 32  En van die seuns van Isʹsaskar+ wat geweet het hoe om die tye te onderskei+ om te weet wat Israel behoort te doen,+ was daar tweehonderd van hulle hoofde, en al hulle broers was onder hulle bevel. 33  Van Seʹbulon+ was dié wat in die leër uittrek, wat hulle in slagorde opstel met al die oorlogswapens, vyftigduisend, en hulle was nie dubbelhartig daaroor om hulle by Dawid te skaar nie. 34  En van Nafʹtali+ was daar duisend hoofde, en saam met hulle was daar sewe-en-dertigduisend met die groot skild en die spies. 35  En van die Daniete was dié wat hulle in slagorde opstel, agt-en-twintigduisend-seshonderd. 36  En van Aser+ was dié wat in die leër uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertigduisend. 37  En van oorkant die Jordaan+ af was daar van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse honderd-en-twintigduisend met al die wapens van die krygsmag. 38  Hulle was almal krygsmanne, wat hulle in slagorde geskaar het; met ’n volkome hart+ het hulle na Hebron gekom om Dawid koning oor die hele Israel te maak; en ook die res van Israel was almal een van hart om Dawid koning te maak.+ 39  En hulle het drie dae daar by Dawid gebly en geëet en gedrink,+ want hulle broers het voorbereidings vir hulle getref. 40  En ook dié naby hulle, tot by Isʹsaskar+ en Seʹbulon+ en Nafʹtali,+ het voedsel op esels+ en op kamele en op muile en op beeste gebring, baie eetgoed van meel,+ koeke van saamgeperste vye+ en rosynekoeke+ en wyn+ en olie+ en beeste+ en skape,+ want daar was blydskap+ in Israel.

Voetnote