1 Kronieke 13:1-14

13  En Dawid het met die hoofde oor duisend en oor honderd en met elke leier beraadslaag;+  en Dawid het vir die hele gemeente van Israel gesê: “As julle dit goedvind en dit vir Jehovah ons God aanneemlik is, laat ons dan na ons broers stuur wat in al die lande van Israel oorgebly het+ en, saam met hulle, na die priesters+ en die Leviete+ in hulle stede+ met weivelde, sodat hulle by ons kan bymekaarkom.  En laat ons die ark+ van ons God na ons toe oorbring.” Want hulle het in die dae van Saul nie daarvoor gesorg nie.+  Toe het die hele gemeente gesê dat dit gedoen moet word, want die saak het reg gelyk in die oë van die hele volk.+  Daarop het Dawid die hele Israel van die rivier van Egipte+ af tot by die ingang van Hamat+ bymekaar laat kom,+ om die ark+ van die ware God uit Kirʹjat-Jeaʹrim+ te bring.  En Dawid en die hele Israel het opgegaan na Baʹäla,+ na Kirʹjat-Jeaʹrim, wat aan Juda behoort, om daarvandaan die ark op te bring van die ware God, Jehovah, wat op die gerubs sit,+ waaroor sy naam uitgeroep is.  Hulle het egter die ark van die ware God van die huis van Abinaʹdab af op ’n nuwe wa+ vervoer, en Ussa en Agjo+ het die wa gelei.  En Dawid en die hele Israel het die geleentheid voor God gevier+ met alle mag en met liedere+ en met harpe+ en met snaarinstrumente+ en met tamboeryne+ en met simbale en met trompette.+  En hulle het geleidelik tot by die dorsvloer van Kidon+ gekom, en Ussa het toe sy hand uitgesteek om die Ark te gryp,+ want die bulle het dit byna laat omkantel. 10  Daarop het Jehovah se toorn teen Ussa ontvlam, sodat hy hom getref het omdat hy sy hand na die Ark uitgesteek het,+ en hy het daar voor God gesterf.+ 11  En Dawid het kwaad geword+ omdat Jehovah in ’n uitbarsting teen Ussa losgebreek het; en dié plek word tot vandag toe Peres-Ussa genoem. 12  En Dawid het op dié dag vir die ware God bang geword+ en gesê: “Hoe sal ek die ark van die ware God na my toe bring?”+ 13  En Dawid het nie die Ark na hom toe oorgebring in die Stad van Dawid nie, maar hy het dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom,+ die Gittiet.+ 14  En die ark van die ware God het drie maande by die huisgesin van Obed-Edom gebly, in sy huis;+ en Jehovah het die huisgesin van Obed-Edom en alles wat syne was, bly seën.+

Voetnote