1 Kronieke 14:1-17

14  En Hiram,+ die koning van Tirus,+ het boodskappers na Dawid toe gestuur, en sederstompe+ en muurbouers en bewerkers van hout om vir hom ’n huis te bou.+  En Dawid het te wete gekom dat Jehovah hom stewig bevestig het+ as koning oor Israel, want sy koningskap is weens sy volk Israel hoog verhef.+  En Dawid het nog vrouens+ in Jerusalem geneem, en Dawid het die vader van nog seuns en dogters geword.+  En dít is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Samʹmua+ en Sobab,+ Natan+ en Salomo,+  en Jibhar+ en Elisuʹa en Elpeʹlet,+  en Noga en Nefeg+ en Jaʹfia,  en Elisaʹma+ en Beëlʹjada en Elifeʹlet.+  En die Filistyne het te hore gekom dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is.+ Daarop het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek.+ Toe Dawid daarvan hoor, het hy teen hulle uitgetrek.  En wat die Filistyne betref, hulle het ingekom en in die Refaʹimlaagvlakte+ invalle bly doen. 10  En Dawid het God begin raadpleeg+ en gesê: “Sal ek teen die Filistyne optrek, en sal u hulle beslis in my hand gee?” Hierop het Jehovah vir hom gesê: “Trek op, en ek sal hulle beslis in jou hand gee.” 11  Toe het Dawid na Baäl-Peʹrasim+ opgetrek en hulle daar verslaan. Daarop het Dawid gesê: “Die ware God het deur my hand deur my vyande gebreek soos ’n gaping wat deur waters gemaak is.” Daarom het hulle dié plek+ Baäl-Peʹrasim genoem. 12  Gevolglik het hulle hulle gode daar agtergelaat.+ Toe het Dawid die woord gespreek, en dit is met vuur verbrand.+ 13  Later het die Filistyne weer eens in die laagvlakte+ ’n inval gedoen. 14  Daarop het Dawid God weer geraadpleeg,+ en die ware God het toe vir hom gesê: “Jy moenie agter hulle aan optrek nie. Trek om, van hulle af weg, en jy moet hulle voor die bakabosse aanval.+ 15  En wanneer jy die geluid van marsjering in die toppe van die bakabosse hoor,+ dan moet jy in die stryd uittrek,+ want die ware God het voor jou uit gegaan+ om die kamp van die Filistyne te verslaan.” 16  Toe het Dawid gedoen net soos die ware God hom beveel het,+ en hulle het die kamp van die Filistyne van Giʹbeon+ af tot by Geser+ verslaan. 17  En Dawid se roem+ het in al die lande begin versprei, en Jehovah het die vrees vir hom oor al die nasies laat kom.+

Voetnote