1 Kronieke 16:1-43

16  So het hulle die ark van die ware God ingebring+ en dit binne-in die tent gesit wat Dawid daarvoor opgeslaan het;+ en hulle het brandoffers en gemeenskapsoffers voor die ware God begin aanbied.+  Toe Dawid klaar die brandoffer+ en die gemeenskapsoffers+ gebring het, het hy die volk in die naam van Jehovah+ geseën.+  Verder het hy aan al die Israeliete, man sowel as vrou, aan elkeen ’n ronde brood en ’n dadelkoek en ’n rosynekoek uitgedeel.+  Toe het hy party van die Leviete+ as dienaars+ voor die ark van Jehovah gestel, om Jehovah, die God van Israel, in herinnering te bring+ sowel as om hom te dank+ en te loof:+  Asaf,+ die hoof, en tweede onder hom Sagariʹa, en Jeïel en Semiʹramot en Jehiʹël en Mattitʹja en Eliʹab en Benaʹja en Obed-Edom en Jeïel,+ met snaarinstrumente en met harpe,+ en Asaf+ met die simbale wat hard speel,+  en Benaʹja en Jahaʹsiël, die priesters, voortdurend met die trompette+ voor die ark van die verbond van die ware God.  Toe, op dié dag, het Dawid vir die eerste keer ’n bydrae+ gelewer om Jehovah te dank deur middel van Asaf+ en sy broers:+   “DANK Jehovah;+ roep sy naam aan,+Maak onder die volke sy dade bekend!+   Sing+ tot hom, besing hom met melodieë,+Oordink al sy wonderlike dade.+ 10  ROEM in sy heilige+ naam,+Laat die hart van dié wat Jehovah soek, bly wees.+ 11  Soek Jehovah en sy sterkte,+Soek voortdurend sy aangesig.+ 12  Dink aan sy wonderlike dade wat hy verrig het,+Sy wonderwerke en die regterlike beslissings van sy mond,+ 13  O nageslag van Israel, sy kneg,+O kinders van Jakob, sy uitverkorenes.+ 14  Hy is Jehovah ons God;+ oor die hele aarde is sy regterlike beslissings.+ 15  Dink aan sy verbond, ja, tot onbepaalde tyd,+Die woord wat hy beveel het, tot in duisend geslagte,+ 16  Die verbond wat hy met Abraham gesluit het,+En sy beëdigde verklaring aan Isak.+ 17  Die verklaring wat hy vir Jakob as ’n voorskrif in stand gehou het,+Vir Israel as ’n verbond wat tot onbepaalde tyd duur,+ 18  Toe hy gesê het: ‘Aan jou sal ek die land Kanaän gee,+As julle toegemete erfdeel.’+ 19  Dit was toe julle min in getal was,+Ja, baie min, en inwonende vreemdelinge daarin.+ 20  En hulle het van nasie tot nasie bly rondtrek,+En van die een koninkryk na ’n ander volk.+ 21  Hy het niemand toegelaat om hulle te kort te doen nie,+Maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys,+ 22  Deur te sê: ‘MOENIE aan my gesalfdes raak nie,En moet my profete geen kwaad aandoen nie.’+ 23  Sing tot Jehovah, almal op die aarde!+Maak van dag tot dag die redding wat hy gee, bekend!+ 24  Vertel onder die nasies sy heerlikheid,Onder al die volke sy wonderlike dade. 25  Want Jehovah is groot en baie lofwaardig,+En hy moet meer as alle ander gode gevrees word.+ 26  Want al die gode van die volke is waardelose gode.+Wat Jehovah betref, hy het die hemele gemaak.+ 27  Waardigheid en prag is voor hom,+Sterkte en vreugde is in sy plek.+ 28  Skryf aan Jehovah toe, o families van volke,Skryf aan Jehovah heerlikheid en sterkte toe.+ 29  Skryf aan Jehovah die heerlikheid van sy naam toe,+Bring ’n gawe en kom voor hom.+Buig julle voor Jehovah neer in heilige feesgewaad.+ 30  Krimp ineen van pyn weens hom, alle bewoners van die aarde!Ook is die vrugbare land stewig gevestig:Niks sal dit ooit laat wankel nie.+ 31  Laat die hemele hulle verbly, en laat die aarde bly wees,+En laat hulle onder die nasies sê: ‘Jehovah het koning geword!’+ 32  Laat die see donder en ook alles wat dit vul,+Laat die veld jubel en alles wat daarin is.+ 33  Laat die bome van die woud terselfdertyd met vreugde begin uitroep weens Jehovah,+Want hy het gekom om die aarde te oordeel.+ 34  DANK Jehovah, want hy is goed,+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+ 35  En sê: ‘Red ons, o God van ons redding,+En maak ons bymekaar en verlos ons van die nasies,+Om dank te bring aan u heilige naam,+ om met vreugde tot u lof te spreek.+ 36  Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word van onbepaalde tyd tot onbepaalde tyd.’”+ En die hele volk het gesê: “Amen!” en het Jehovah geloof.+ 37  Toe het hy Asaf+ en sy broers daar voor die ark van die verbond van Jehovah laat bly om voortdurend voor die Ark te dien,+ volgens die eis van elke dag;+ 38  en Obed-Edom en sy broers, agt-en-sestig, en Obed-Edom, die seun van Jeduʹtun, en Hosa as poortwagters; 39  en die priester Sadok+ en sy broers, die priesters, voor die tabernakel van Jehovah op die hoogte wat in Giʹbeon was,+ 40  om voortdurend soggens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan Jehovah te bring en met die oog op alles wat geskrywe staan in die wet van Jehovah wat hy Israel beveel het;+ 41  en saam met hulle Heman+ en Jeduʹtun en die res van die uitgesoekte manne wat by name aangewys is+ om Jehovah te dank,+ want “tot onbepaalde tyd is sy liefderyke goedhartigheid”;+ 42  en saam met hulle Heman+ en Jeduʹtun,+ om die trompette+ en simbale en instrumente vir die lied van die ware God te laat weerklink; en die seuns+ van Jeduʹtun by die poort. 43  En die hele volk het elkeen na sy eie huis gegaan.+ Toe het Dawid omgedraai om sy eie huis te seën.

Voetnote