1 Kronieke 17:1-27

17  En toe Dawid in sy eie huis begin woon het,+ het Dawid vir die profeet Natan+ gesê: “Kyk, ek woon in ’n huis van sederhout,+ maar die ark+ van die verbond van Jehovah is onder tentdoeke.”+  Daarop het Natan vir Dawid gesê: “Doen alles wat in u hart is,+ want die ware God is met u.”+  En in dié nag het die woord+ van God tot Natan gekom en gesê:  “Gaan, en jy moet vir my kneg Dawid sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Jý sal nie vir my die huis bou om in te woon nie.+  Want van die dag af dat ek Israel laat optrek het tot vandag toe het ek nie in ’n huis gewoon nie,+ maar ek was voortdurend in tent na tent en in een tabernakel+ na die ander.+  Het ek ooit, in al die tyd dat ek in die hele Israel rondgetrek het,+ met een van die rigters van Israel wat ek beveel het om my volk as herder te lei, ’n enkele woord gespreek en gesê: ‘Waarom het julle nie vir my ’n huis van sederhout gebou nie?’”’+  “En só moet jy dan nou vir my kneg Dawid sê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggeneem+ om ’n leier+ oor my volk Israel te word.  En ek sal met jou wees waar jy ook al gaan,+ en ek sal al jou vyande voor jou uitroei,+ en ek sal beslis vir jou ’n naam maak+ soos die naam van die grotes wat op die aarde is.+  En ek sal beslis vir my volk Israel ’n plek bestem en hulle plant,+ en hulle sal inderdaad woon waar hulle is en nie meer verontrus word nie; en die kinders van onregverdigheid+ sal hulle nie weer uitput soos hulle vroeër gedoen het nie,+ 10  ja, sedert die dae dat ek rigters+ oor my volk Israel aangestel het. En ek sal beslis al jou vyande verneder.+ En ek sê vir jou: ‘Ook sal Jehovah ’n huis vir jou bou.’+ 11  “‘“En wanneer jou dae vervul is om heen te gaan om by jou voorvaders te wees,+ sal ek beslis jou saad ná jou verwek, wat een van jou seuns sal wees,+ en ek sal inderdaad sy koningskap stewig vestig.+ 12  Hý sal vir my ’n huis bou,+ en ek sal beslis sy troon tot onbepaalde tyd stewig vestig.+ 13  Ek sal sy vader word,+ en hy sal my seun word;+ en my liefderyke goedhartigheid sal ek nie van hom verwyder+ soos ek dit verwyder het van die een wat voor jou was nie.+ 14  En ek sal hom tot onbepaalde tyd in my huis+ en in my koningskap+ laat bestaan, en sy troon+ sal tot onbepaalde tyd voortduur.”’” 15  Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele visioen, so het Natan met Dawid gepraat.+ 16  Daarna het koning Dawid ingekom en voor Jehovah gaan sit+ en gesê: “Wie is ek,+ o Jehovah God, en wat is my huis+ dat u my so ver gebring het?+ 17  Asof dit iets kleins in u oë sou wees,+ o God,+ spreek u nog oor die huis van u kneg tot in die verre toekoms,+ en u het my aanskou volgens die geleentheid van die mens wat aan die opkom is,+ o Jehovah God. 18  Wat kan Dawid nog vir u sê oor die eer wat u kneg aangedoen is,+ terwyl u u kneg goed ken?+ 19  O Jehovah, ter wille van u kneg en in ooreenstemming met u hart+ het u al hierdie groot dinge gedoen deur al die groot dade bekend te maak.+ 20  O Jehovah, daar is niemand soos u nie,+ en daar is geen God behalwe u+ volgens alles wat ons met ons ore gehoor het nie. 21  En watter ander nasie op die aarde is soos u volk Israel,+ wat die ware God vir hom as ’n volk gaan verlos het,+ om aan u ’n naam van groot dade+ en vreesinboesemende dinge toe te ken deur nasies te verdryf+ voor u volk uit wat u uit Egipte verlos het? 22  En u het u volk Israel tot onbepaalde tyd u volk gemaak,+ en u, o Jehovah, het hulle God geword.+ 23  En nou, o Jehovah, laat die woord wat u oor u kneg en oor sy huis gespreek het, tot onbepaalde tyd betroubaar wees, en doen net soos u gespreek het. 24  En laat u naam+ tot onbepaalde tyd betroubaar wees en groot word+ deurdat daar gesê word: ‘Jehovah van die leërs,+ die God van Israel,+ is God vir Israel’,+ en laat die huis van u kneg Dawid voor u voortduur.+ 25  Want u, my God, het aan u kneg die voorneme geopenbaar om vir hom ’n huis te bou.+ Daarom het u kneg rede gevind om voor u te bid. 26  En nou, o Jehovah, u is die ware God,+ en u beloof hierdie goedheid oor u kneg.+ 27  En nou moet u dit op u neem en die huis van u kneg seën sodat dit tot onbepaalde tyd voor u kan bly;+ want u, o Jehovah, het geseën, en dit is tot onbepaalde tyd geseënd.”+

Voetnote