1 Kronieke 18:1-17

18  En daarna het Dawid die Filistyne verslaan+ en hulle onderwerp en Gat+ en sy afhanklike dorpe uit die hand van die Filistyne geneem.  Toe het hy Moab+ verslaan, en die Moabiete het Dawid se knegte geword wat skatting gebring het.+  En Dawid het Hadadeʹser,+ die koning van Soba,+ by Hamat+ verslaan terwyl hy gegaan het om sy mag aan die Eufraatrivier+ te vestig.  Verder het Dawid van hom duisend strydwaens en seweduisend ruiters en twintigduisend voetsoldate gevange geneem.+ Toe het Dawid die hakskeensenings van al die strydwaperde+ afgesny,+ maar hy het van hulle honderd strydwaperde laat oorbly.  Toe Sirië van Damaskus Hadadeʹser, die koning van Soba,+ kom help, het Dawid onder die Siriërs twee-en-twintigduisend man verslaan.  Daarna het Dawid garnisoene in Sirië van Damaskus+ geplaas, en die Siriërs het Dawid se knegte geword wat skatting gebring het.+ En Jehovah het Dawid redding gegee waar hy ook al gegaan het.+  Ook het Dawid die ronde skilde+ van goud geneem wat die knegte van Hadadeʹser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.+  En uit Tibhat+ en Kun, stede van Hadadeʹser, het Dawid baie groot hoeveelhede koper geneem. Daarvan het Salomo die kopersee+ en die pilare+ en die kopervoorwerpe gemaak.+  Toe Toü, die koning van Hamat,+ hoor dat Dawid die hele krygsmag van Hadadeʹser,+ die koning van Soba, verslaan het, 10  het hy onmiddellik sy seun Hadoʹram+ na koning Dawid toe gestuur om hom na sy welstand te vra en hom geluk te wens omdat hy teen Hadadeʹser geveg het sodat hy hom verslaan het (want Hadadeʹser het ervare geword in oorlogvoering teen Toü), en hy het allerhande goue en silwer-+ en kopervoorwerpe by hom gehad. 11  Ook dit het koning Dawid aan Jehovah geheilig+ saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies+ weggedra het, van Edom en van Moab+ en van die kinders van Ammon+ en van die Filistyne+ en van Amalek.+ 12  Wat Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja,+ betref, hy het die Edomiete in die Soutvallei verslaan,+ agtienduisend. 13  Toe het hy garnisoene in Edom geplaas, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword.+ En Jehovah het Dawid gered waar hy ook al gegaan het.+ 14  En Dawid het oor die hele Israel bly regeer,+ en hy het voortdurend regterlike beslissings gelewer en regverdigheid uitgeoefen vir sy hele volk.+ 15  En Joab, die seun van Seruʹja, was oor die leër,+ en Joʹsafat,+ die seun van Ahiʹlud, was kroniekskrywer. 16  En Sadok,+ die seun van Ahiʹtub, en Ahimeʹleg,+ die seun van Abjaʹtar, was priesters, en Sausa+ was sekretaris. 17  En Benaʹja,+ die seun van Joʹjada,+ was oor die Keretiete+ en die Peletiete;+ en die seuns van Dawid was die eerste in posisie aan die sy van die koning.+

Voetnote