1 Kronieke 20:1-8

20  En teen die tyd van die jaarwisseling,+ teen die tyd dat konings uittrek,+ het Joab die leërmag aangevoer+ en die land van die kinders van Ammon in puin gelê en gekom en Rabba+ beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het; en Joab het Rabba verslaan+ en dit afgebreek.  Maar Dawid het die kroon van Malkam van sy kop afgeneem+ en gevind dat die gewig daarvan ’n talent goud was, en daar was edelstene in; en dit het op Dawid se kop gekom. En die buit van die stad wat hy uitgebring het, was baie groot.+  En die mense wat daarin was, het hy uitgebring, en hy het hulle gebruik+ om klippe te saag en om met skerp ysterwerktuie en met byle te werk;+ en so het Dawid met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Uiteindelik het Dawid en al die mense na Jerusalem teruggekeer.  En hierna het daar in Geser+ oorlog begin uitbreek met die Filistyne.+ Toe het Sibʹbegai,+ die Husatiet, Sippai doodgemaak, van dié wat uit die Refaïete+ gebore is, sodat hulle onderwerp is.  En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Elʹhanan,+ die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goʹliat,+ die Gittiet, doodgemaak, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was.+  En daar was weer oorlog in Gat,+ toe daar ’n buitengewone groot man+ was wie se vingers en tone in sesse was, vier-en-twintig;+ en ook hy is vir die Refaïete gebore.+  En hy het Israel bly uittart.+ Uiteindelik het Joʹnatan, die seun van Siʹmea,+ die broer van Dawid, hom doodgemaak.  Hulle is vir die Refaïete+ in Gat+ gebore; en hulle het deur die hand van Dawid en deur die hand van sy knegte geval.+

Voetnote