1 Kronieke 22:1-19

22  Toe het Dawid gesê: “Dit is die huis+ van Jehovah, die ware God, en dit is ’n brandofferaltaar+ vir Israel.”  En Dawid het gesê dat die inwonende vreemdelinge+ wat in die land van Israel was, bymekaargebring moes word, en toe het hy hulle as klipkappers+ aangestel om vierkantige klippe te kap+ vir die bou van die huis van die ware God.  En Dawid het baie yster vir spykers vir die poortdeure en vir klampe gereedgemaak, en ook soveel koper dat dit onweegbaar was,+  en ook sederstompe+ sonder tal; want die Sidoniërs+ en die Tiriërs+ het vir Dawid baie sederstompe gebring.  Toe het Dawid gesê: “My seun Salomo is jonk en teer,+ en die huis wat vir Jehovah gebou moet word, moet alles in luisterrykheid oortref,+ tot ’n sieraad+ en ’n roem vir al die lande. Laat ek dan vir hom voorbereidings tref.” Daarom het Dawid voor sy dood baie voorbereidings getref.+  Ook het hy sy seun Salomo geroep sodat hy hom kon beveel om ’n huis vir Jehovah, die God van Israel, te bou.  En Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wat my betref, dit het my na aan die hart gelê+ om ’n huis vir die naam+ van Jehovah my God te bou.  Maar Jehovah se woord het teen my gekom en gesê: ‘Jy het baie bloed vergiet,+ en jy het groot oorloë gevoer.+ Jy sal nie ’n huis vir my naam bou nie,+ want jy het baie bloed voor my op die aarde vergiet.  Kyk! ’n Seun+ word vir jou gebore. Hy sal ’n man van rus wees, en ek sal hom beslis rus gee van al sy vyande rondom;+ want Salomo+ sal sy naam wees, en in sy dae sal ek vrede+ en stilte aan Israel verskaf. 10  Hý sal ’n huis vir my naam bou,+ en hy sal vir my ’n seun+ word, en ek vir hom ’n vader.+ En ek sal beslis die troon van sy koningskap+ tot onbepaalde tyd stewig oor Israel vestig.’ 11  “En nou, my seun, mag Jehovah met jou wees, en jy sal suksesvol wees en die huis van Jehovah jou God bou, net soos hy oor jou gespreek het.+ 12  Mag Jehovah jou net oordeelkundigheid en begrip gee,+ en mag hy jou bevel gee oor Israel, ja, om die wet van Jehovah jou God te onderhou.+ 13  Dan sal jy suksesvol wees+ as jy die voorskrifte+ en die regterlike beslissings+ sorgvuldig uitvoer wat Jehovah Moses aangaande Israel beveel het.+ Wees moedig en sterk.+ Moenie bang+ of verskrik+ wees nie. 14  En kyk, gedurende my ellende+ het ek vir Jehovah se huis honderdduisend talente goud+ en ’n miljoen talente silwer gereedgemaak, en die koper+ en die yster+ kan nie geweeg word nie omdat daar so ’n groot hoeveelheid is; en balke en klippe het ek gereedgemaak, maar daarby sal jy nog byvoeg. 15  En by jou is daar baie mense wat die werk doen, klipkappers en bewerkers van klip+ en hout en elkeen wat vaardig is in elke soort werk.+ 16  Die goud, die silwer en die koper en die yster kan nie getel word nie.+ Staan op en werk,+ en mag Jehovah met jou wees.”+ 17  En Dawid het al die vorste van Israel beveel om sy seun Salomo te help: 18  “Is Jehovah julle God nie met julle nie,+ en het hy julle nie aan alle kante rus gegee nie?+ Want hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor Jehovah en voor sy volk onderwerp.+ 19  Rig nou julle hart en julle siel+ daarop om Jehovah julle God te soek,+ en staan op en bou die heiligdom+ van Jehovah, die ware God,+ om die ark+ van die verbond van Jehovah en die heilige voorwerpe van die ware God na die huis te bring wat vir die naam+ van Jehovah gebou word.”

Voetnote