1 Kronieke 26:1-32

26  Vir die afdelings van poortwagters:+ Van die Koragiete:+ Meselemʹja,+ die seun van Koreʹ, van die seuns van Asaf.  En Meselemʹja het seuns gehad: Sagariʹa, die eersgeborene, Jediʹael, die tweede, Sebadʹja, die derde, Jatʹniël, die vierde,  Elam, die vyfde, Joʹhanan, die sesde, Eljehoʹ-Enai, die sewende.  En Obed-Edom+ het seuns gehad: Semaʹja, die eersgeborene, Joʹsabad, die tweede, Joag, die derde, en Sagar, die vierde, en Netaʹnel, die vyfde,  Ammiʹël, die sesde, Isʹsaskar, die sewende, Peülʹletai, die agtste; want God het hom geseën.+  En vir sy seun Semaʹja is seuns gebore wat heersers oor die huis van hulle vader was, want hulle was bekwame, sterk manne.  Die seuns van Semaʹja: Otni en Reʹfael en Obed, Elʹsabad, wie se broers bekwame manne was, Eliʹhu en Semagʹja.  Hulle almal was van die seuns van Obed-Edom, hulle en hulle seuns en hulle broers, bekwame manne met krag vir die diens, twee-en-sestig wat aan Obed-Edom behoort het.  En Meselemʹja+ het seuns en broers gehad, bekwame manne, agtien. 10  En Hosa van die seuns van Meraʹri het seuns gehad. Simri was die hoof, want hy was wel nie die eersgeborene+ nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel;+ 11  Hilkiʹa, die tweede, Tebalʹja, die derde, Sagariʹa, die vierde. Die seuns en broers van Hosa was altesaam dertien. 12  Van hierdie afdelings van die poortwagters het die hoofmanne pligte gehad net soos hulle broers,+ om in die huis van Jehovah te dien. 13  En hulle het die lot gewerp+ vir klein sowel as groot volgens hulle vaderhuise,+ vir die verskillende poorte. 14  Toe het die lot vir die ooste op Selemʹja+ geval. Vir sy seun Sagariʹa,+ ’n oordeelkundige raadgewer,+ het hulle die lot gewerp, en sy lot het uitgekom vir die noorde.+ 15  Obed-Edom het syne vir die suide gehad, en sy seuns+ het die voorraadkamers gehad.+ 16  Suppim en Hosa+ het hulle s’n vir die weste gehad naby die poort Salleʹget by die grootpad wat oploop, waggroep+ naas waggroep;+ 17  aan die oostekant was daar ses Leviete; aan die noordekant vir ’n dag, vier; aan die suidekant vir ’n dag,+ vier; en vir die voorraadkamers,+ twee-twee; 18  vir die suilegang in die weste, vier by die grootpad,+ twee by die suilegang. 19  Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete+ en van die seuns van Meraʹri.+ 20  Wat die Leviete betref, Ahiʹa was oor die skatte+ van die huis van die ware God en oor die skatte van die geheiligde dinge.+ 21  Die seuns van Ladan,+ die seuns van die Gersoniet wat aan Ladan behoort het; die hoofde van die vaderhuise wat aan die Gersoniet Ladan behoort het: Jehiëli.+ 22  Die seuns van Jehiëli, Setam en sy broer Joël,+ was oor die skatte+ van die huis van Jehovah. 23  Vir die Amramiete, vir die Jishariete, vir die Hebroniete, vir die Ussiëliete,+ 24  was Seʹbuel,+ die seun van Gersom, die seun van Moses, ’n leier oor die voorrade. 25  Wat sy broers betref, van Eliëser+ was daar sy seun Rehabʹja,+ en sy seun Jesaʹja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Seloʹmot. 26  Hierdie Seloʹmot en sy broers was oor al die skatte van die geheiligde dinge,+ wat koning Dawid+ en die hoofde van die vaderhuise+ en die hoofde oor duisend en oor honderd en die leërhoofde geheilig het. 27  Van die oorloë+ en van die buit+ het hulle dinge geheilig om die huis van Jehovah te onderhou. 28  En ook alles wat die siener+ Samuel en Saul, die seun van Kis, en Abner,+ die seun van Ner, en Joab,+ die seun van Seruʹja,+ geheilig het. Alles wat geheilig is, was onder toesig van Seʹlomit en sy broers. 29  Van die Jishariete+ was Kenanʹja en sy seuns vir die aangeleenthede buite,+ as beamptes en as regters+ oor Israel. 30  Van die Hebroniete+ was Hasabʹja en sy broers, bekwame manne,+ duisend-sewehonderd, oor die administrasie van Israel in die Jordaanstreek na die weste toe, vir al die werk van Jehovah en vir die koning se diens. 31  Van die Hebroniete was Jeriʹa+ die hoof van die Hebroniete volgens die geslagte daarvan, volgens voorvaders. In die veertigste+ jaar van Dawid se koningskap is hulle uitgesoek, en daar is dapper, sterk manne onder hulle gevind in Jaser+ in Giʹlead.+ 32  En sy broers, bekwame manne,+ was tweeduisend-sewehonderd, hoofde van die vaderhuise.+ Toe het koning Dawid hulle oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete+ aangestel, vir elke saak van die ware God en dié+ van die koning.

Voetnote