1 Kronieke 29:1-30

29  Koning Dawid het toe vir die hele gemeente gesê:+ “My seun Salomo, die een wat God gekies het,+ is jonk+ en teer, maar die werk is groot; want die kasteel is nie vir ’n mens nie,+ maar vir Jehovah God.  En ooreenkomstig al my krag+ het ek vir die huis van my God gereedgemaak:+ die goud+ vir die goudwerk en die silwer vir die silwerwerk en die koper vir die koperwerk, die yster+ vir die ysterwerk en die hout+ vir die houtwerk; oniksstene+ en stene wat met harde messelklei geset moet word en mosaïeksteentjies en allerhande kosbare stene en baie albasstene.  En aangesien ek in die huis van my God behae skep,+ is daar nog my spesiale besitting,+ goud en silwer; ek gee dit aan die huis van my God benewens alles wat ek vir die heilige huis gereedgemaak het:+  drieduisend talente goud, van die goud van Ofir,+ en seweduisend talente gelouterde silwer, om die mure van die huise oor te trek;  van die goud vir die goudwerk, en van die silwer vir die silwerwerk en vir al die werk deur die hand van die vakmanne. En wie bied hom vrywillig aan om vandag sy hand met ’n geskenk vir Jehovah te vul?”+  En die vorste+ van die vaderhuise+ en die vorste+ van die stamme van Israel en die hoofde oor duisend+ en oor honderd+ en die hoofde oor die sake+ van die koning het hulle vrywillig aangebied.  En hulle het vir die diens van die huis van die ware God goud ter waarde van vyfduisend talente en tienduisend darieke en silwer ter waarde van tienduisend talente en koper ter waarde van agtienduisend talente en yster ter waarde van honderdduisend talente gegee.+  En die stene wat by mense gevind is, het hulle gegee vir die skat van die huis van Jehovah onder toesig van Jehiʹël,+ die Gersoniet.+  En die volk was bly omdat hulle vrywillige gawes gegee het, want hulle het met ’n volkome hart vrywillige gawes aan Jehovah gegee;+ en selfs koning Dawid het hom met groot vreugde verbly.+ 10  Gevolglik het Dawid Jehovah voor die oë van die hele gemeente+ geloof,+ en Dawid het gesê: “Mag u geloof word,+ o Jehovah, die God van ons vader Israel,+ van onbepaalde tyd, ja, tot onbepaalde tyd. 11  Aan u, o Jehovah, behoort die grootheid+ en die mag+ en die luisterrykheid+ en die voortreflikheid+ en die waardigheid;+ want alles in die hemel en op die aarde behoort aan u.+ Aan u behoort die koninkryk,+ o Jehovah, u wat u ook as hoof oor alles verhef.+ 12  Die rykdom+ en die heerlikheid+ is aan u te danke, en u heers+ oor alles; en in u hand is krag+ en mag,+ en in u hand is die vermoë om groot te maak+ en om aan almal sterkte te gee.+ 13  En nou, o ons God, dank ons u+ en loof+ ons u luisterryke+ naam. 14  “En wie is ek+ tog en wie is my volk, dat ons krag sou behou om sulke vrywillige gawes te gee?+ Want alles kom van u,+ en uit u hand het ons aan u gegee. 15  Want ons is inwonende vreemdelinge voor u, en bywoners,+ soos al ons voorvaders. Soos ’n skaduwee is ons dae op die aarde+ en daar is geen hoop nie. 16  O Jehovah ons God, al hierdie oorvloed wat ons gereedgemaak het om vir u ’n huis vir u heilige naam te bou, dit kom uit u hand en dit behoort alles aan u.+ 17  En ek weet goed, o my God, dat u ’n ondersoeker van die hart is+ en dat u in opregtheid behae skep.+ Wat my betref, ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee, en nou het ek dit geniet om te sien hoe u volk, wat hier aanwesig is, vrywillige gawes aan u gee. 18  O Jehovah, die God van ons voorvaders Abraham, Isak en Israel,+ laat dit tog tot onbepaalde tyd die neiging van die gedagtes van die hart van u volk bly,+ en rig hulle hart op u.+ 19  En gee aan my seun Salomo ’n volkome hart+ om u gebooie,+ u getuienisse+ en u voorskrifte+ te onderhou en om alles te doen en om die kasteel+ te bou waarvoor ek voorbereidings getref het.”+ 20  En Dawid het vir die hele gemeente gesê:+ “Loof+ nou Jehovah julle God.” En die hele gemeente het Jehovah, die God van hulle voorvaders, geloof en laag gebuig+ en hulle voor Jehovah en voor die koning neergewerp.+ 21  En daardie volgende dag het hulle voortgegaan om offerandes aan Jehovah te offer+ en brandoffers+ aan Jehovah te bring: duisend jong bulle, duisend ramme, duisend ramlammers en die drankoffers wat daarby behoort,+ ja, offerandes in groot getalle vir die hele Israel.+ 22  En hulle het dié dag met groot blydskap+ voor Jehovah bly eet en drink; en hulle het Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede keer koning gemaak+ en hom vir Jehovah as leier+ gesalf, en ook Sadok+ as priester. 23  En Salomo het as koning in die plek van sy vader Dawid op Jehovah se troon+ gaan sit en was suksesvol,+ en al die Israeliete was gehoorsaam aan hom. 24  Wat al die vorste+ en die sterk manne+ en ook al die seuns van koning Dawid+ betref, hulle het hulle aan koning Salomo onderwerp. 25  En Jehovah het aangehou om Salomo uitermate groot te maak+ voor die oë van die hele Israel en om aan hom ’n koninklike waardigheid te verleen soos geen koning oor Israel voor hom gehad het nie.+ 26  Wat Dawid, die seun van Isai, betref, hy het oor die hele Israel regeer;+ 27  en die dae dat hy oor Israel regeer het, was veertig jaar.+ In Hebron het hy sewe jaar regeer,+ en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar regeer.+ 28  En uiteindelik het hy in goeie ouderdom gesterf,+ versadig van dae, rykdom+ en eer;+ en sy seun Salomo het in sy plek begin regeer.+ 29  Wat die aangeleenthede van koning Dawid betref, die eerstes en die laastes, kyk, dit is opgeteken onder die woorde van die siener+ Samuel en onder die woorde van die profeet Natan+ en onder die woorde van die siener Gad,+ 30  saam met sy hele koningskap en sy magtige dade en die tye+ wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heen gegaan het.+

Voetnote