1 Kronieke 5:1-26

5  En die seuns van Ruben,+ die eersgeborene van Israel—want hy was die eersgeborene;+ maar omdat hy die rusbed van sy vader ontheilig het,+ is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef,+ die seun van Israel, gegee, sodat hy nie in die geslagsregister ingeskryf sou word vir die eersgeboortereg nie.  Want Juda+ was sterker as sy broers, en uit hom het die een gekom wat leier sou wees;+ maar die eersgeboortereg was Josef s’n+  die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was Hanog+ en Pallu,+ Hesron en Karmi.+  Die seuns van Joël was sy seun Semaʹja, sy seun Gog, sy seun Siʹmeï,  sy seun Miga, sy seun Reaʹja, sy seun Baäl,  sy seun Beëra, wat deur Tilʹgat-Pilneʹser,+ die koning van Assiʹrië, in ballingskap weggevoer is; hy was ’n owerste van die Rubeniete.  En sy broers volgens hulle families in die geslagsregister,+ volgens hulle afstammelinge, was Jeïel, die hoof, en Sagariʹa  en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël+—hy het in Aʹroër+ en tot by Nebo+ en Baäl-Meon+ gewoon.  Selfs na die oostekant toe het hy gewoon tot waar ’n mens die wildernis ingaan by die Eufraatrivier,+ want hulle vee het talryk geword in die land Giʹlead.+ 10  En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer teen die Hagriete,+ wat deur hulle hand geval het; en toe het hulle in hulle tente gewoon oor die hele land oos van Giʹlead. 11  Wat die seuns van Gad+ teenoor hulle betref, hulle het in die land Basan+ gewoon tot by Salka.+ 12  Joël was die hoof, en Safam die tweede, en Janai en Safat in Basan. 13  En hulle broers wat tot die huis van hulle voorvaders behoort het, was Miʹgael en Mesulʹlam en Seba en Jorai en Jakan en Sia en Eber, sewe. 14  Dit was die seuns van Abiʹhail, die seun van Huri, die seun van Jaroʹag, die seun van Giʹlead, die seun van Miʹgael, die seun van Jesiʹsai, die seun van Jagdo, die seun van Bus; 15  Ahi, die seun van Abʹdiël, die seun van Guni, hoof van die huis van hulle voorvaders. 16  En hulle het in Giʹlead+ gewoon, in Basan+ en in sy afhanklike dorpe+ en op al die weivelde van Saron tot by hulle eindpunte. 17  Hulle is almal in die geslagsregister ingeskryf in die dae van Jotam,+ die koning van Juda, en in die dae van Jeroʹbeam,+ die koning van Israel. 18  Wat die seuns van Ruben en die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse betref, van die dapper+ manne, manne wat die skild en swaard dra en die boog span en ervare in die oorlog is, vier-en-veertigduisend-sewehonderd-en-sestig het in die leër uitgetrek.+ 19  En hulle het begin oorlog voer teen die Hagriete+ en Jetur+ en Nafis+ en Nodab. 20  En hulle is teen hulle gehelp, sodat die Hagriete en almal wat by hulle was, in hulle hand gegee is, want hulle het tot God om hulp geroep+ in die oorlog, en hy het die dringende versoek ten gunste van hulle aangehoor omdat hulle op hom vertrou het.+ 21  En hulle het hulle vee weggevoer:+ vyftigduisend van hulle kamele en tweehonderd-en-vyftigduisend skape en tweeduisend esels, en honderdduisend mensesiele.+ 22  Want baie het as gesneuweldes geval, omdat die geveg dié van die ware God was.+ En hulle het tot die tyd van die ballingskap+ in hulle plek gewoon. 23  Wat die seuns van die halwe stam van Manasʹse+ betref, hulle het in die land gewoon van Basan+ af tot by Baäl-Hermon+ en Senir+ en die berg Hermon.+ Hulle het talryk geword. 24  En dít was die hoofde van die huis van hulle voorvaders: Efer en Jisʹeï en Eʹliël en Asʹriël en Jeremia en Hodawʹja en Jagdiʹël, dapper, sterk manne, manne van naam, hoofde van die huis van hulle voorvaders. 25  En hulle het ontrou begin handel teenoor die God van hulle voorvaders en het onsedelike gemeenskap+ gehad met die gode+ van die volke van die land, wat God voor hulle uit verdelg het. 26  Gevolglik het die God van Israel die gees+ van Pul,+ die koning van Assiʹrië,+ ja, die gees van Tilʹgat-Pilneʹser,+ die koning van Assiʹrië, opgewek, sodat hy die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse in ballingskap weggevoer+ en hulle na Halag+ en Habor en Hara en die Gosanrivier gebring het om daar te bly tot vandag toe.

Voetnote