1 Petrus 1:1-25

1  Petrus, ’n apostel+ van Jesus Christus, aan die tydelike inwoners+ wat oral in Pontus, Galaʹsië, Kappadoʹsië,+ Asië en Bitiʹnië verstrooi is,+ aan dié wat uitgekies is+  volgens die voorkennis van God die Vader,+ met heiliging deur die gees,+ sodat hulle gehoorsaam kon wees en met die bloed van Jesus Christus+ besprinkel+ kon word: Mag onverdiende goedhartigheid en vrede vir julle vermeerder word.+  Mag die God en Vader van ons Here Jesus Christus+ geloof word, want ooreenkomstig sy groot barmhartigheid het hy ons ’n nuwe geboorte+ tot ’n lewende hoop+ deur die opstanding+ van Jesus Christus uit die dode gegee,  tot ’n onverderflike en onbesmette en onverwelklike erfenis.+ Dit word in die hemele bewaar vir julle,+  wat deur God se krag deur middel van geloof+ beveilig word vir ’n redding+ wat gereed is om in die laaste tyd+ geopenbaar te word.+  In hierdie feit verbly julle julle grootliks, hoewel julle nou—as dit moet wees—’n klein rukkie deur allerhande beproewinge bedroef word,+  sodat die beproefde hoedanigheid van julle geloof,+ wat van baie groter waarde is as goud wat vergaan al word dit deur vuur getoets,+ by die openbaring+ van Jesus Christus ’n rede tot lof en heerlikheid en eer bevind kan word.  Hoewel julle hom nooit gesien het nie, het julle hom lief.+ Hoewel julle hom nie nou aanskou nie, beoefen julle tog geloof in hom en verbly julle julle grootliks met ’n onuitspreeklike en verheerlikte vreugde,  aangesien julle die einde van julle geloof ontvang, die redding van julle siel.+ 10  Aangaande juis hierdie redding is daar ywerig nagevors en sorgvuldig ondersoek gedoen+ deur die profete wat geprofeteer het+ oor die onverdiende goedhartigheid wat vir julle bedoel is.+ 11  Hulle het bly ondersoek watter besondere tydperk+ of watter soort tydperk die gees+ in hulle aangaande Christus aangedui het+ toe dit vooraf getuig het oor die lyding vir Christus+ en oor die heerlikheid+ wat hierop sou volg. 12  Dit is aan hulle geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie,+ maar vir julle die dinge bedien het wat nou aan julle aangekondig+ is deur middel van dié wat die goeie nuus aan julle bekend gemaak het met heilige gees+ wat uit die hemel gestuur is. In juis hierdie dinge is engele begerig om te tuur.+ 13  Versterk derhalwe julle verstand vir bedrywigheid,+ bly volkome nugter van verstand;+ vestig julle hoop op die onverdiende goedhartigheid+ wat julle deel sal word by die openbaring+ van Jesus Christus. 14  As gehoorsame kinders moet julle nie langer gevorm word+ volgens die begeertes wat julle vroeër in julle onkunde gehad het nie, 15  maar word, in ooreenstemming met die Heilige wat julle geroep het, self ook in julle hele gedrag heilig,+ 16  want daar staan geskrywe: “Julle moet heilig wees, want ek is heilig.”+ 17  Verder, as julle die Vader aanroep wat onpartydig+ volgens elkeen se werk oordeel, moet julle julle gedurende die tyd van julle vreemdelingskap+ met vrees gedra.+ 18  Want julle weet dat julle nie met verderflike dinge,+ met silwer of goud, verlos is+ van julle vrugtelose gedragswyse wat julle deur oorlewering van julle voorvaders ontvang het nie. 19  Maar dit was met kosbare bloed,+ soos dié van ’n smetlose en vlekkelose lam,+ ja, Christus s’n.+ 20  Hy is weliswaar voor die grondlegging+ van die wêreld vooruitgeken, maar hy is aan die einde van die tye openbaar gemaak ter wille van julle+ 21  wat deur hom in God glo,+ die een wat hom uit die dode opgewek+ en hom heerlikheid gegee het,+ sodat julle geloof en hoop op God kan wees.+ 22  Noudat julle julle siel gesuiwer het+ deur julle gehoorsaamheid aan die waarheid met ongeveinsde broederlike geneentheid+ as resultaat, moet julle mekaar intens liefhê uit die hart.+ 23  Want julle is ’n nuwe geboorte gegee,+ nie deur verderflike+ nie maar deur onverderflike+ voortplantingsaad,+ deur middel van die woord+ van die lewende en blywende+ God. 24  Want “alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid daarvan is soos ’n grasbloeisel;+ die gras verdor en die blom val af,+ 25  maar die woord van Jehovah bly vir ewig”.+ Wel, dit is die “woord”,+ dit wat as goeie nuus aan julle bekend gemaak is.+

Voetnote