1 Petrus 2:1-25

2  Lê dan alle slegtheid+ en alle bedrog en huigelary en afgunstighede en allerhande kwaadsprekery af,+  en ontwikkel soos pasgebore kindertjies+ ’n verlange na die onvervalste melk+ wat tot die woord behoort, sodat julle daardeur tot redding kan groei,+  mits julle gesmaak het dat die Here goedhartig is.+  Terwyl julle na hom toe kom soos na ’n lewende steen,+ wat weliswaar verwerp is+ deur die mense,+ maar uitverkore, kosbaar, is by God,+  word julle self ook as lewende stene opgebou tot ’n geestelike huis+ om ’n heilige priesterdom te wees, om geestelike offerandes+ te bring wat vir God aanneemlik is deur Jesus Christus.+  Want daar staan in die Skrif: “Kyk! Ek lê in Sion ’n steen, uitverkore, ’n fondamenthoeksteen, kosbaar; en niemand wat geloof daarin beoefen, sal hoegenaamd teleurgestel word nie.”+  Vir julle is hy dus kosbaar, omdat julle gelowiges is; maar vir dié wat nie glo nie, “het dieselfde steen wat die bouers verwerp het,+ die hoof van die hoek geword”+  en “’n steen van struikeling en ’n rots van aanstoot”.+ Hulle struikel omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is. Juis hiertoe is hulle ook bestem.+  Maar julle is “’n uitverkore ras, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie,+ ’n volk vir spesiale besit,+ sodat julle die voortreflikhede alom bekend sou maak”+ van die een wat julle uit die duisternis tot in sy wonderbare lig geroep het.+ 10  Want julle was eens nie ’n volk nie, maar is nou God se volk;+ julle was dié aan wie nie barmhartigheid bewys is nie, maar is nou dié aan wie barmhartigheid bewys is.+ 11  Geliefdes, ek vermaan julle as vreemdelinge en tydelike inwoners+ om julle deurentyd van vleeslike begeertes te onthou,+ wat juis dié is wat ’n stryd teen die siel voer.+ 12  Handhaaf goeie gedrag onder die nasies,+ sodat hulle, in die aangeleentheid waarin hulle teen julle praat as kwaaddoeners, as gevolg van julle goeie werke+ waarvan hulle ooggetuies is, God in die dag van sy inspeksie sal verheerlik.+ 13  Onderwerp+ julle ter wille van die Here aan elke menslike skepping:+ hetsy aan ’n koning+ as een wat hoër is 14  of aan goewerneurs as dié wat deur hom gestuur word om kwaaddoeners te straf maar om dié wat goed doen, te prys.+ 15  Want dít is die wil van God, dat julle deur goed te doen, die onkundige praatjies van die onredelike mense stilmaak.+ 16  Wees soos vry mense,+ maar behou julle vryheid, nie as ’n dekmantel vir slegtheid nie,+ maar as slawe van God.+ 17  Eer alle soorte mense,+ wees lief vir die hele gemeenskap van broers,+ vrees God,+ eer die koning.+ 18  Laat huisknegte aan hulle eienaars onderdanig wees+ met alle verskuldigde vrees,+ nie net aan die goeies en redelikes nie, maar ook aan dié wat moeilik is om te behaag. 19  Want as iemand, weens sy gewete teenoor God, uithou onder bedroewende dinge en onregverdig ly, is dit iets welgevalligs.+ 20  Want watter verdienste is daarin as julle, wanneer julle sondig en geslaan word, dit verduur?+ Maar as julle, wanneer julle goed doen en ly,+ dit verduur, is dit iets welgevalligs by God.+ 21  Ja, tot hierdie weg is julle geroep, want ook Christus het vir julle gely+ en vir julle ’n voorbeeld gelaat sodat julle sy voetstappe noukeurig kan volg.+ 22  Hy het geen sonde begaan nie,+ en ook is bedrog nie in sy mond gevind nie.+ 23  Toe hy uitgeskel is,+ het hy nie terug uitgeskel nie.+ Toe hy gely het,+ het hy nie gedreig nie, maar hom bly toevertrou aan die een+ wat regverdig oordeel. 24  Hy het ons sondes+ in sy eie liggaam aan die paal gedra,+ sodat ons met sondes klaar kan wees+ en vir regverdigheid kan lewe. En “deur sy wonde is julle genees”.+ 25  Want julle was soos skape wat wegdwaal;+ maar nou het julle teruggekeer tot die herder+ en opsiener van julle siele.

Voetnote