1 Petrus 3:1-22

3  Net so+ moet julle, vrouens, onderdanig wees+ aan julle eie mans, sodat, as sommige nie aan die woord gehoorsaam is nie,+ hulle sonder ’n woord deur die gedrag van hulle vrouens+ gewen kan word,+  omdat hulle ooggetuies was van julle kuis gedrag+ tesame met diep respek.  En laat julle versiering nie dié wees van uiterlike haarvlegtery+ en van die omhang van goue sierade+ of die dra van boklere nie,  maar laat dit die geheime persoon+ van die hart in die onverderflike versiering+ van die stille en sagmoedige gees+ wees, wat in die oë van God van groot waarde is.  Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulle versier, en hulle het hulle aan hulle eie mans onderwerp,  soos Sara Abraham gehoorsaam het en hom “heer” genoem het.+ En julle het haar kinders geword, mits julle aanhou om goed te doen en om geen oorsaak van verskrikking te vrees nie.+  Net so+ moet julle, mans, voortgaan om ooreenkomstig kennis+ met hulle saam te woon en aan hulle eer toe te ken+ as ’n swakker vat, die vroulike, aangesien julle ook saam met hulle erfgename+ van die onverdiende guns van die lewe is, sodat julle gebede nie verhinder word nie.+  Laastens moet julle almal eensgesind wees,+ meegevoel betoon, broederlike geneentheid en tere medelye hê,+ nederig van verstand wees,+  nie kwaad met kwaad+ of uitskellery met uitskellery vergeld nie,+ maar seën eerder,+ want julle is tot hierdie weg geroep, sodat julle ’n seën kan beërf. 10  Want “wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien,+ laat hom sy tong weerhou+ van wat sleg is en sy lippe daarvan om bedrog te spreek,+ 11  maar laat hy afwyk van wat sleg is+ en doen wat goed is; laat hom vrede soek en dit nastreef.+ 12  Want die oë+ van Jehovah is op die regverdiges, en sy ore is tot hulle smeking;+ maar die aangesig van Jehovah is teen dié wat slegte dinge doen.”+ 13  Ja, wie is die mens wat julle kwaad sal aandoen as julle ywerig word vir wat goed is?+ 14  Maar selfs as julle ter wille van regverdigheid sou ly, is julle gelukkig.+ Vrees egter nie die voorwerp van hulle vrees nie,+ en raak ook nie ontsteld nie.+ 15  Maar heilig die Christus as Here in julle harte,+ en wees altyd gereed om julle te verdedig+ voor elkeen wat van julle ’n rede vir die hoop in julle eis, maar doen dit met sagmoedigheid+ en diep respek. 16  Behou ’n goeie gewete,+ sodat hulle wat minagtend van julle goeie gedrag in verband met Christus praat,+ in die saak waarin daar teen julle gepraat word, beskaamd sal word.+ 17  Want dit is beter om te ly omdat julle goed doen,+ as die wil van God dit verlang, as omdat julle kwaad doen.+ 18  Ja, ook Christus het eens en vir altyd aangaande sondes gesterf,+ ’n regverdige vir onregverdiges,+ om julle tot God te lei+—hy wat doodgemaak is in die vlees,+ maar lewend gemaak is in die gees.+ 19  In hierdie toestand het hy ook gegaan en vir die geeste in die gevangenis gepreek,+ 20  wat eens ongehoorsaam was+ toe die geduld van God+ in Noag se dae gewag het, terwyl die ark gebou is,+ waarin ’n paar mense, naamlik agt siele, veilig deur die water heen gevoer is.+ 21  Wat hiermee ooreenkom, red julle ook nou,+ naamlik die doop (nie die wegdoening van die vuilheid van die vlees nie, maar die versoek tot God om ’n goeie gewete),+ deur die opstanding van Jesus Christus.+ 22  Hy is aan God se regterhand,+ want hy het na die hemel gegaan; en engele+ en owerhede en magte is aan hom onderwerp.+

Voetnote