1 Petrus 4:1-19

4  Aangesien Christus dan in die vlees gely het,+ moet julle julle ook met dieselfde geesteshouding wapen;+ want die persoon wat in die vlees gely het, het opgehou met sondes,+  om die res van sy tyd in die vlees+ nie meer vir die begeertes van mense te lewe nie, maar vir God se wil.+  Want die tyd+ wat verby is, is voldoende vir julle om die wil van die nasies te kon volbring+ toe julle in losbandige dade,+ welluste, oordadighede met wyn,+ swelgerye, drinkpartye en onwettige afgoderye+ gewandel het.  Omdat julle nie meer hierdie weg tot dieselfde lae poel van losbandigheid+ saam met hulle bewandel nie, vind hulle dit vreemd en hou hulle aan om julle te smaad.+  Maar hierdie mense sal rekenskap gee aan die een+ wat gereed is om die lewendes en die dooies te oordeel.+  Trouens, met dié doel is die goeie nuus ook aan die dooies bekend gemaak,+ sodat hulle vanuit die standpunt van mense+ na die vlees geoordeel kan word, maar vanuit die standpunt van God na die gees kan lewe.+  Maar die einde van alles het naby gekom.+ Wees dus gesond van verstand+ en wees waaksaam met die oog op gebede.+  Bo alles moet julle intense liefde vir mekaar hê,+ want die liefde bedek ’n menigte sondes.+  Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.+ 10  Na die mate waarin elkeen ’n gawe ontvang het, moet julle dit gebruik om mekaar te dien as goeie bestuurders van God se onverdiende goedhartigheid waaraan daar op verskillende maniere uiting gegee word.+ 11  As iemand spreek, laat hom as ’t ware die heilige verklarings+ van God spreek; as iemand dien,+ laat hom dien as afhanklik van die krag wat God verskaf;+ sodat God in alles deur middel van Jesus Christus verheerlik kan word.+ Die heerlikheid+ en die mag is syne vir ewig en altyd. Amen. 12  Geliefdes, moenie verbaas wees oor die brand onder julle, wat as ’n beproewing oor julle kom,+ asof iets vreemds met julle gebeur nie. 13  Inteendeel, hou aan om julle te verbly,+ aangesien julle deelgenote in die lyding van die Christus is,+ sodat julle julle ook gedurende die openbaring+ van sy heerlikheid kan verbly en kan oorloop van vreugde. 14  As julle vir die naam van Christus gesmaad word,+ is julle gelukkig,+ omdat die gees van heerlikheid, ja, die gees van God, op julle rus.+ 15  Laat niemand van julle egter ly+ as ’n moordenaar of ’n dief of ’n kwaaddoener of as iemand wat hom met ander se sake bemoei nie.+ 16  Maar as hy ly+ as ’n Christen, moet hy hom nie skaam nie,+ maar aanhou om God in hierdie naam te verheerlik. 17  Want dit is die vasgestelde tyd vir die oordeel om by die huis van God te begin.+ As dit dan nou eers by ons begin,+ wat sal die einde wees van dié wat nie aan die goeie nuus van God gehoorsaam is nie?+ 18  “En as die regverdige met moeite gered word,+ waar sal die goddelose en die sondaar dan verskyn?”+ 19  Laat dan ook dié wat in ooreenstemming met die wil van God ly, aanhou om hulle siel aan ’n getroue Skepper toe te vertrou terwyl hulle goed doen.+

Voetnote