1 Petrus 5:1-14

5  Daarom gee ek hierdie vermaning aan die ouer manne onder julle, want ek is ook ’n ouer man+ saam met hulle en ’n getuie+ van die lyding van die Christus, ja, ’n deelgenoot van die heerlikheid wat geopenbaar gaan word:+  Hou as herders toesig+ oor die kudde van God+ wat onder julle sorg is, nie onder dwang nie, maar gewillig;+ ook nie uit liefde vir oneerlike gewin nie,+ maar gretig;  ook nie as persone wat baasspeel+ oor dié wat God se erfenis is nie,+ maar deur voorbeelde vir die kudde te word.+  En wanneer die hoofherder+ openbaar gemaak is, sal julle die onverwelklike kroon+ van heerlikheid ontvang.+  Net so moet julle, jonger manne, onderdanig wees+ aan die ouer manne. Maar omgord julle almal met ootmoed teenoor mekaar,+ want God staan die hoogmoediges teë, maar hy gee onverdiende goedhartigheid aan die nederiges.+  Verneder julle dan onder die magtige hand van God, sodat hy julle op die bestemde tyd kan verhef;+  terwyl julle al julle sorge op hom werp,+ want hy sorg vir julle.+  Bly nugter van verstand, wees waaksaam.+ Julle teenstander, die Duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en is daarop uit om iemand te verslind.+  Maar weerstaan hom,+ vas in die geloof, in die wete dat dieselfde dinge in die vorm van lyding in die hele gemeenskap van julle broers in die wêreld veroorsaak word.+ 10  Maar nadat julle ’n klein rukkie gely het,+ sal die God van alle onverdiende goedhartigheid, wat julle geroep het tot sy ewige heerlikheid+ in eenheid+ met Christus, self julle opleiding voltooi; hy sal julle standvastig maak,+ hy sal julle sterk maak.+ 11  Aan hom die mag+ vir ewig. Amen. 12  Deur Silvaʹnus,+ ’n getroue broer, soos ek hom beskou, het ek met min woorde aan julle geskryf,+ om aanmoediging te gee en ’n ernstige getuienis dat dít die ware onverdiende goedhartigheid van God is; staan hierin vas.+ 13  Sy wat in Babilon+ is, ’n uitverkorene soos julle, stuur vir julle groete, en so ook Markus,+ my seun. 14  Groet mekaar met ’n liefdeskus.+ Mag julle almal wat in eenheid met Christus is, vrede hê.+

Voetnote