1 Samuel 1:1-28
1 En daar was ’n sekere man van Ramataʹim-Soʹfim+ van die bergstreek van Eʹfraim,+ en sy naam was Elʹkana,+ die seun van Jeroʹham, die seun van Eliʹhu, die seun van Tohu, die seun van Suf,+ ’n Efraimiet.
2 En hy het twee vrouens gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die ander was Peninʹna. En Peninʹna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.+
3 En dié man het van jaar tot jaar uit sy stad opgegaan om hom voor Jehovah van die leërs neer te werp+ en om aan hom offerandes te bring in Silo.+ En dit is waar die twee seuns van Eli, Hofni en Piʹnehas,+ priesters vir Jehovah was.+
4 En op ’n dag het Elʹkana ’n offerande gebring, en hy het dele aan sy vrou Peninʹna en aan al haar seuns en haar dogters gegee;+
5 maar aan Hanna het hy een deel gegee. Dit was nietemin Hanna wat hy liefgehad het,+ en Jehovah het haar moederskoot toegesluit.+
6 En haar mededingster het haar ook erg getart+ om haar ontsteld te laat voel omdat Jehovah haar moederskoot toegesluit het.
7 En so het sy jaar na jaar gedoen,+ elke keer as sy na die huis van Jehovah opgegaan het.+ So het sy haar getart, sodat sy gehuil het en nie geëet het nie.
8 En haar man Elʹkana het vir haar gesê: “Hanna, waarom huil jy, en waarom eet jy nie, en waarom is jou hart bedroef?+ Is ek nie vir jou beter as tien seuns nie?”+
9 Toe het Hanna opgestaan nadat hulle in Silo geëet en nadat hulle gedrink het, terwyl die priester Eli op die stoel by die deurpos van die tempel+ van Jehovah gesit het.
10 En sy was bitter van siel,+ en sy het tot Jehovah begin bid+ en baie gehuil.+
11 En sy het ’n gelofte gedoen+ en gesê: “O Jehovah van die leërs, as u vir seker die ellende van u slavin sal aansien+ en aan my sal dink,+ en u u slavin nie sal vergeet nie en aan u slavin ’n manlike nakomeling sal gee, sal ek hom aan Jehovah gee al die dae van sy lewe, en geen skeermes sal op sy kop kom nie.”+
12 En terwyl sy lank voor Jehovah gebid het,+ het Eli haar mond dopgehou.
13 Hanna het in haar hart gepraat;+ net haar lippe het gebewe, en haar stem is nie gehoor nie. Maar Eli het gedink dat sy dronk is.+
14 Daarom het Eli vir haar gesê: “Hoe lank sal jy jou soos ’n dronk mens gedra?+ Sit jou wyn van jou af weg.”
15 Hierop het Hanna geantwoord en gesê: “Nee, my heer! Ek is ’n vrou beswaard in gees; en ek het nie wyn en sterk drank gedrink nie, maar ek stort my siel voor Jehovah uit.+
16 Moenie u slavin met ’n deugniet+ gelykstel nie, want uit die oorvloed van my besorgdheid en my kommer het ek tot nou toe gepraat.”+
17 Toe het Eli geantwoord en gesê: “Gaan in vrede,+ en mag die God van Israel jou versoek toestaan wat jy van hom gevra het.”+
18 Hierop het sy gesê: “Laat u diensmeisie guns in u oë vind.”+ En die vrou het weggegaan en geëet,+ en haar gesig het nie meer besorgdheid oor haar situasie getoon nie.+
19 Toe het hulle die oggend vroeg opgestaan en hulle voor Jehovah neergewerp, waarna hulle teruggekeer en in hulle huis in Rama+ gekom het. Elʹkana het toe met sy vrou Hanna gemeenskap gehad,+ en Jehovah het aan haar begin dink.+
20 En Hanna het na verloop van ’n jaar swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en hom Samuel genoem,+ want, het sy gesê, “van Jehovah het ek hom gevra”.+
21 Na verloop van tyd het die man Elʹkana saam met sy hele huisgesin opgegaan om die jaarlikse offerande+ en sy gelofteoffer+ aan Jehovah te bring.
22 Wat Hanna betref, sy het nie opgegaan nie,+ want sy het vir haar man gesê: “Sodra die seun gespeen is,+ sal ek hom bring, en hy sal voor Jehovah verskyn en tot onbepaalde tyd daar woon.”+
23 Hierop het haar man+ Elʹkana vir haar gesê: “Doen wat goed is in jou oë.+ Bly by die huis totdat jy hom speen. Mag Jehovah net sy woord uitvoer.”+ Toe het die vrou by die huis gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.+
24 En net nadat sy hom gespeen het, het sy hom saam met haar geneem, tesame met ’n drie jaar oue bul en een efa meel en ’n groot kruik wyn,+ en sy het in die huis van Jehovah in Silo+ ingegaan. En die seun was by haar.
25 Toe het hulle die bul geslag en die seun na Eli toe gebring.+
26 Daarop het sy gesê: “Verskoon my, my heer! So waar as u siel lewe,+ my heer, ek is die vrou wat by u in hierdie plek gestaan het om tot Jehovah te bid.+
27 Met betrekking tot hierdie seun het ek gebid dat Jehovah my versoek moet toestaan+ wat ek van hom gevra het.+
28 En op my beurt het ek hom aan Jehovah geleen.+ Al die dae dat hy bestaan, is hy een wat gevra is vir Jehovah.”
En hy het hom daar voor Jehovah neergebuig.+