1 Samuel 10:1-27

10  Samuel het toe die fles+ olie geneem en dit op sy kop uitgegiet en hom gesoen+ en gesê: “Is dit nie omdat Jehovah jou as ’n leier+ oor sy erfdeel+ gesalf het nie?  Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy beslis twee manne naby die graf van Ragel+ in die gebied van Benjamin by Selsag vind, en hulle sal beslis vir jou sê: ‘Die eselinne wat jy gaan soek het, is gevind, maar nou het jou vader die saak van die eselinne+ opgegee en oor julle besorg geraak en gesê: “Wat sal ek omtrent my seun doen?”’+  En jy moet daarvandaan nog verder gaan en tot by die groot boom van Tabor kom, en drie manne wat na die ware God in Bet-El+ opgaan, sal jou daar ontmoet; een dra drie boklammers+ en een dra drie ronde brode+ en een dra ’n groot kruik wyn.+  En hulle sal beslis na jou welstand vra+ en jou twee brode gee, en jy moet dit uit hulle hand aanvaar.  Daarna sal jy by die heuwel van die ware God+ kom, waar daar ’n garnisoen+ van die Filistyne is. En wanneer jy daar by die stad kom, sal jy beslis ’n groep profete+ ontmoet wat van die hoogte+ afkom, en voor hulle uit ’n snaarinstrument+ en tamboeryn+ en fluit+ en harp,+ terwyl hulle as profete spreek.  En die gees+ van Jehovah sal beslis oor jou werksaam word, en jy sal beslis saam met hulle as ’n profeet spreek+ en in ’n ander mens verander word.  En wanneer hierdie tekens+ oor jou kom, moet jy doen wat jou hand moontlik vind,+ want die ware God is met jou.+  En jy moet voor my uit na Gilgal+ afgaan; en kyk! ek gaan af na jou toe om brandoffers te offer, om gemeenskapsoffers+ te bring. Sewe+ dae moet jy bly wag totdat ek na jou toe kom, en ek sal jou beslis laat weet wat jy moet doen.”  En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart in ’n ander begin verander;+ en al hierdie tekens+ het op dié dag uitgekom. 10  En hulle het daarvandaan na die heuwel gegaan, en kyk, ’n groep profete het hom tegemoetgekom; dadelik het die gees van God oor hom werksaam geword,+ en hy het onder hulle as ’n profeet begin spreek.+ 11  En toe almal wat hom voorheen geken het, hom sien, kyk! toe het hy saam met profete geprofeteer. Gevolglik het die volk die een vir die ander gesê: “Wat het met die seun van Kis gebeur? Is Saul ook onder die profete?”+ 12  ’n Man van daar het toe geantwoord en gesê: “Maar wie is hulle vader?” Daarom het dit ’n spreekwoord+ geword: “Is Saul ook onder die profete?” 13  Eindelik het hy opgehou om as ’n profeet te spreek en by die hoogte gekom. 14  Later het die broer van Saul se vader vir hom en vir sy dienaar gesê: “Waarheen het julle gegaan?” Daarop het hy gesê: “Om die eselinne te soek,+ en ons het verder gegaan om te kyk, maar hulle was nie daar nie. So het ons by Samuel gekom.” 15  Hierop het Saul se oom gesê: “Vertel my tog asseblief: Wat het Samuel vir julle gesê?” 16  Toe het Saul vir sy oom gesê: “Hy het ons uitdruklik vertel dat die eselinne gevind is.” En die saak van die koningskap waaroor Samuel gepraat het, het hy hom nie vertel nie.+ 17  En Samuel het die volk voor Jehovah in Mispa+ bymekaargeroep 18  en vir die kinders van Israel gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê:+ ‘Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle verlos uit die hand van Egipte+ en uit die hand van al die koninkryke wat julle onderdruk het.+ 19  Maar julle—vandag het julle julle God verwerp+ wat vir julle ’n redder uit al julle kwaad en julle benoudhede was, en julle het gesê: “Nee, maar ’n koning moet jy oor ons aanstel.” Gaan staan dan nou voor Jehovah volgens julle stamme+ en volgens julle duisende.’” 20  Daarop het Samuel al die stamme van Israel laat nader kom,+ en die stam Benjamin is aangewys.+ 21  Toe het hy die stam Benjamin volgens sy families laat nader kom, en die familie van die Matriete is aangewys.+ Laastens is Saul, die seun van Kis, aangewys.+ En hulle het hom gesoek, en hy kon nie gevind word nie. 22  Hulle het Jehovah derhalwe verder geraadpleeg:+ “Het die man al hierheen gekom?” Hierop het Jehovah gesê: “Hier is hy, versteek+ tussen die bagasie.” 23  En hulle het gehardloop en hom daarvandaan gaan haal. Toe hy in die middel van die volk gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe langer as die res van die volk.+ 24  Toe het Samuel vir die hele volk gesê: “Het julle die een gesien wat Jehovah uitgekies het,+ dat daar onder die hele volk niemand soos hy is nie?” En die hele volk het begin juig en gesê: “Mag die koning lewe!”+ 25  Daarop het Samuel met die volk oor die regmatige deel van die koningskap+ gepraat en dit in ’n boek geskryf en dit voor Jehovah neergesit. Toe het Samuel die hele volk weggestuur, elkeen na sy huis. 26  Wat Saul betref, hy het na sy huis in Giʹbea+ gegaan, en die dapper manne wie se hart God geroer het, het saam met hom gegaan.+ 27  Wat die deugniete+ betref, hulle het gesê: “Hoe sal hý ons red?”+ Gevolglik het hulle hom verag,+ en hulle het vir hom geen geskenk gebring nie.+ Maar hy was die hele tyd soos iemand wat stom geword het.+

Voetnote