1 Samuel 11:1-15

11  En Nahas, die Ammoniet,+ het opgetrek en teen Jabes+ in Giʹlead kamp opgeslaan. Daarop het al die manne van Jabes vir Nahas gesê: “Sluit ’n verbond met ons dat ons u sal dien.”+  Toe het Nahas, die Ammoniet, vir hulle gesê: “Op hierdie voorwaarde sal ek dit met julle sluit, op voorwaarde dat julle almal se regteroog uitgesteek word,+ en ek sal dit as ’n smaad op die hele Israel lê.”+  Hierop het die ouer manne van Jabes vir hom gesê: “Gee ons sewe dae tyd, en ons sal boodskappers deur die hele gebied van Israel stuur, en as daar vir ons geen redder is nie,+ dan sal ons na u toe uitkom.”  Na verloop van tyd het die boodskappers by Giʹbea+ van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek, en die hele volk het hulle stem begin verhef en gehuil.+  Maar kyk, Saul het agter die beeste van die veld af gekom, en Saul het gesê: “Wat makeer die volk, dat hulle huil?” En hulle het hom die woorde van die manne van Jabes begin vertel.  En die gees+ van God het oor Saul werksaam geword toe hy hierdie woorde hoor, en sy toorn het hewig ontvlam.+  Daarop het hy ’n paar bulle geneem en hulle in stukke gesny en dit deur die hand van die boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur+ en gesê: “Elkeen onder ons wat nie as ’n volgeling van Saul en van Samuel uittrek nie—so sal met sy beeste gedoen word!”+ En vrees+ vir Jehovah+ het op die volk begin val sodat hulle soos een man+ uitgetrek het.  Toe het hy hulle volle getal in Besek opgeneem,+ en die kinders van Israel was driehonderdduisend en die manne van Juda dertigduisend.  Hulle het toe vir die boodskappers wat gekom het, gesê: “So moet julle vir die manne van Jabes in Giʹlead sê: ‘Môre sal daar vir julle redding kom wanneer die son warm word.’”+ Daarop het die boodskappers gekom en vir die manne van Jabes vertel, en hulle was bly. 10  Toe het die manne van Jabes gesê: “Môre sal ons na julle toe uitkom, en julle moet met ons doen ooreenkomstig alles wat goed is in julle oë.”+ 11  En die volgende dag het Saul+ die volk in drie afdelings opgestel;+ en hulle het gedurende die oggendwaak+ tot binne-in die kamp gekom en die Ammoniete verslaan+ totdat die dag warm geword het. Toe sommige oorgebly het, is hulle verstrooi, en daar het onder hulle nie twee bymekaar oorgebly nie.+ 12  En die volk het vir Samuel begin sê: “Wie is dit wat sê: ‘Saul—gaan hy koning oor ons wees?’+ LEWER die manne uit, sodat ons hulle kan doodmaak.”+ 13  Saul het egter gesê: “Geen man moet op hierdie dag doodgemaak word nie,+ want vandag het Jehovah redding in Israel bewerk.”+ 14  Later het Samuel vir die volk gesê: “Kom en laat ons na Gilgal+ gaan sodat ons daar die koningskap kan vernuwe.”+ 15  En die hele volk het na Gilgal gegaan, en daar het hulle Saul voor Jehovah in Gilgal koning gemaak. Toe het hulle daar voor Jehovah gemeenskapsoffers gebring,+ en Saul en al die manne van Israel het hulle daar grootliks verbly.+

Voetnote