1 Samuel 12:1-25

12  Uiteindelik het Samuel vir die hele Israel gesê: “Kyk, ek het na julle stem geluister in alles wat julle vir my gesê het,+ dat ek ’n koning oor julle moet laat regeer.+  En kyk nou, die koning wandel voor julle!+ Wat my betref, ek het oud+ en grys+ geword, en my seuns, kyk, hulle is by julle,+ en ek—ek het van my jeug af tot vandag toe voor julle gewandel.+  Hier is ek. Getuig teen my voor Jehovah en voor sy gesalfde:+ Wie se bul het ek geneem of wie se esel het ek geneem+ of wie het ek verkul of wie het ek verdruk of uit wie se hand het ek swyggeld aanvaar om my oë daarmee te verberg?+ En ek sal dit aan julle teruggee.”+  Hierop het hulle gesê: “U het ons nie verkul nie, en u het ons nie verdruk nie, en u het hoegenaamd niks uit die hand van enigiemand aanvaar nie.”+  Toe het hy vir hulle gesê: “Jehovah is ’n getuie teen julle, en sy gesalfde+ is vandag ’n getuie dat julle hoegenaamd niks in my hand gevind het nie.”+ Hierop het hulle gesê: “Hy is ’n getuie.”  En Samuel het verder vir die volk gesê: “Jehovah is ’n getuie, wat Moses en Aäron gebruik het en wat julle voorvaders uit Egipteland laat optrek het.+  Gaan staan dan nou, en ek sal julle voor Jehovah rig en julle vertel van al die regverdige dade+ van Jehovah wat hy aan julle en aan julle voorvaders gedoen het.  “Nadat Jakob in Egipte gekom+ en julle voorvaders tot Jehovah om hulp begin roep het,+ het Jehovah Moses+ en Aäron gestuur, sodat hulle julle voorvaders uit Egipte sou lei en hulle op hierdie plek sou laat woon.+  En hulle het Jehovah hulle God vergeet,+ sodat hy hulle in die hand van Siʹsera,+ die leërhoof van Hasor, en in die hand van die Filistyne+ en in die hand van die koning van Moab+ verkoop het,+ en dié het teen hulle bly veg. 10  En hulle het tot Jehovah om hulp begin roep+ en gesê: ‘Ons het gesondig,+ want ons het Jehovah verlaat om die Baäls+ en die Astoʹret-beelde te dien;+ en verlos+ ons nou uit die hand van ons vyande, sodat ons u kan dien.’ 11  En Jehovah het Jerubʹbaäl+ en Bedan en Jefta+ en Samuel+ gestuur en julle uit die hand van julle vyande rondom verlos, sodat julle in veiligheid kon woon.+ 12  Toe julle sien dat Nahas,+ die koning van die kinders van Ammon, teen julle opgetrek het, het julle vir my bly sê: ‘Nee, maar ’n koning moet oor ons regeer!’+ terwyl Jehovah julle God al die tyd julle Koning was.+ 13  En hier is nou die koning wat julle gekies het, wat julle gevra het;+ en kyk, Jehovah het ’n koning oor julle aangestel.+ 14  As julle Jehovah vrees+ en hom dien+ en sy stem gehoorsaam+ en nie teen die bevel van Jehovah in opstand kom+ nie, sal julle sowel as die koning wat oor julle sal regeer, beslis volgelinge van Jehovah julle God wees. 15  Maar as julle nie die stem van Jehovah gehoorsaam nie+ en julle teen die bevel van Jehovah in opstand kom,+ sal die hand van Jehovah beslis teen julle en julle vaders wees.+ 16  Gaan staan dan nou ook en sien hierdie groot ding wat Jehovah voor julle oë doen. 17  Is dit nie vandag die koringoes+ nie? Ek sal Jehovah aanroep+ sodat hy donderslae en reën sal gee;+ weet dan en sien dat julle kwaad oorvloedig is+ wat julle in die oë van Jehovah gedoen het deur vir julle ’n koning te vra.” 18  Daarop het Samuel Jehovah aangeroep,+ en Jehovah het op dié dag donderslae en reën gegee,+ sodat die hele volk Jehovah en Samuel baie gevrees het. 19  En die hele volk het vir Samuel begin sê: “Bid+ vir u knegte tot Jehovah u God, aangesien ons nie wil sterf nie; want ons het kwaad by al ons sondes gevoeg deur vir ons ’n koning te vra.” 20  Toe het Samuel vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie.+ Julle—julle het al hierdie kwaad gedoen. Moet net nie daarvan afwyk om Jehovah te volg nie,+ en julle moet Jehovah met julle hele hart dien.+ 21  En julle mag nie afwyk om die onwerklikhede te volg+ wat geen voordeel bring+ en wat nie verlos nie, omdat hulle onwerklikhede is. 22  Want Jehovah sal sy volk ter wille van sy groot naam+ nie verstoot nie,+ omdat Jehovah self besluit het om julle sy volk te maak.+ 23  Ook wat my betref, dit is vir my ondenkbaar om teen Jehovah te sondig deur op te hou om vir julle te bid;+ en ek sal julle in die goeie+ en regte weg onderrig.+ 24  Vrees+ net Jehovah, en julle moet hom in waarheid dien met julle hele hart;+ want kyk watter groot dinge het hy vir julle gedoen.+ 25  Maar as julle skaamteloos doen wat sleg is, sal julle weggevee word,+ julle sowel as julle koning.”+

Voetnote