1 Samuel 13:1-23

13  Saul was [?] jaar oud toe hy begin regeer het,+ en hy het twee jaar oor Israel regeer.  En Saul het vir hom drieduisend man uit Israel gekies; en tweeduisend was by Saul in Migmas+ en in die bergstreek van Bet-El, en duisend was by Joʹnatan+ in Giʹbea+ van Benjamin, en die res van die manskappe het hy weggestuur, elkeen na sy tent.  Toe het Joʹnatan die garnisoen+ van die Filistyne+ verslaan wat in Geba+ was; en die Filistyne het daarvan te hore gekom. Wat Saul betref, hy het deur die hele land op die horing laat blaas+ om te sê: “Laat die Hebreërs hoor!”  En die hele Israel het gehoor dat gesê word: “Saul het ’n garnisoen van die Filistyne verslaan, en nou het Israel ’n stank geword+ vir die Filistyne.” Toe is die manskappe bymekaargeroep om Saul na Gilgal+ te volg.  En wat die Filistyne betref, hulle het bymekaargekom om teen Israel te veg: dertigduisend strydwaens+ en sesduisend ruiters en mense so talryk soos die sandkorrels wat aan die seestrand is;+ en hulle het opgetrek en in Migmas, oos van Bet-Awen,+ begin kamp opslaan.  En die manne van Israel het gesien dat hulle in groot nood verkeer,+ want die volk was onder groot druk; en die volk het in die grotte+ en die gate en die kranse en die kelders en die waterputte gaan wegkruip.  Daar was selfs Hebreërs wat deur die Jordaan getrek het+ na die land van Gad+ en Giʹlead. Maar Saul was nog in Gilgal, en al die manskappe het gebewe terwyl hulle hom gevolg het.+  En hy het sewe dae lank gewag tot die vasgestelde tyd wat Samuel gesê het;+ en Samuel het nie na Gilgal gekom nie, en die manskappe het van hom af verstrooid geraak.  Uiteindelik het Saul gesê: “BRING die brandoffer en die gemeenskapsoffers hier na my toe.” Daarop het hy die brandoffer geoffer.+ 10  En net toe hy die brandoffer klaar geoffer het, kyk, toe het Samuel gekom. En Saul het uitgegaan om hom te ontmoet en hom te seën.+ 11  Toe het Samuel gesê: “Wat het jy gedoen?”+ Hierop het Saul gesê: “Ek het gesien dat die manskappe van my af verstrooid geraak het,+ en u—u het nie binne die vasgestelde dae gekom nie,+ en die Filistyne is in Migmas bymekaargebring,+ 12  daarom het ek by myself gesê:+ ‘Nou sal die Filistyne teen my aftrek in Gilgal, en ek het nie die aangesig van Jehovah versag nie.’ Toe het ek my gedwing+ en die brandoffer geoffer.” 13  Hierop het Samuel vir Saul gesê: “Jy het dwaas opgetree.+ Jy het nie die gebod+ van Jehovah jou God onderhou wat hy jou beveel het nie,+ want as jy het, sou Jehovah jou koninkryk tot onbepaalde tyd oor Israel bevestig het. 14  En nou sal jou koninkryk nie standhou nie.+ Jehovah sal beslis vir hom ’n man na sy hart vind;+ en Jehovah sal hom as ’n leier+ oor sy volk aanstel, omdat jy nie onderhou het wat Jehovah jou beveel het nie.”+ 15  Toe het Samuel opgestaan en van Gilgal af na Giʹbea van Benjamin opgegaan, en Saul het die manskappe getel, dié wat nog by hom was, ongeveer seshonderd man.+ 16  En Saul en sy seun Joʹnatan en die manskappe wat nog by hulle was, het in Geba+ van Benjamin gebly. Wat die Filistyne betref, hulle het in Migmas+ kamp opgeslaan. 17  En die stroopbende het in drie afdelings+ uit die kamp van die Filistyne uitgetrek. Die een afdeling het gedraai na die pad na Ofra,+ na die land Sual, 18  en die ander afdeling het gedraai na die pad van Bet-Horon,+ en die derde afdeling het gedraai na die pad na die grens wat op die Seboʹïmvallei uitkyk, in die rigting van die wildernis. 19  En daar was nie ’n smid te vinde in die hele land van Israel nie, want die Filistyne het gesê: “Sodat die Hebreërs nie ’n swaard of ’n spies kan maak nie.”+ 20  En al die Israeliete het na die Filistyne toe afgegaan om elkeen sy ploegskaar of sy bylpik of sy byl of sy sekel te laat skerp maak.+ 21  En die prys om die ploegskare en die bylpikke en die drietandwerktuie en die byle skerp te maak en om die osprikkel+ vas te sit, was ’n pim. 22  En op die dag van oorlog was daar nie ’n swaard+ of ’n spies te vinde in die hand van enigeen van die manskappe wat by Saul en Joʹnatan was nie; maar daar kon een gevind word wat aan Saul+ en aan sy seun Joʹnatan behoort het. 23  En ’n voorpos+ van die Filistyne het na die kloofpas van Migmas+ uitgetrek.

Voetnote