1 Samuel 15:1-35

15  Toe het Samuel vir Saul gesê: “Jehovah het mý gestuur om jou as koning oor sy volk Israel te salf,+ en luister nou na die stem van die woorde van Jehovah.+  Só het Jehovah van die leërs+ gesê: ‘Ek sal rekenskap eis+ vir wat Aʹmalek aan Israel gedoen het toe hy hom in die weg gestaan het terwyl hy uit Egipte opgetrek het.+  Gaan nou, en jy moet Aʹmalek verslaan+ en hom met alles wat hy het, aan vernietiging oorgee,+ en jy mag nie medelye met hom hê nie, en jy moet hulle doodmaak,+ man sowel as vrou, kind sowel as suigeling,+ bul sowel as skaap, kameel sowel as esel.’”+  Toe het Saul die manskappe opgeroep en hulle in Telaʹim+ getel: tweehonderdduisend voetsoldate en tienduisend man van Juda.+  En Saul het tot by die stad van Aʹmalek gekom en by die stroomvallei in ’n hinderlaag gelê.  Intussen het Saul vir die Keniete+ gesê: “GAAN,+ VERTREK, GAAN WEG onder die Amalekiete uit, sodat ek jou nie saam met hulle wegvee nie. Jy het liefderyke goedhartigheid teenoor al die kinders van Israel bewys+ toe hulle uit Egipte opgetrek het.”+ Toe het die Keniete vertrek onder Aʹmalek uit.  Daarna het Saul Aʹmalek verslaan+ van Haʹwila+ af tot by Sur,+ wat teenoor Egipte lê.  En hy het Agag,+ die koning van Aʹmalek, lewend gevang, en al die ander mense het hy met die skerpte van die swaard aan vernietiging oorgegee.+  Maar Saul en die manskappe het medelye gehad met Agag en met die beste van die kleinvee en die beeste+ en die vettes en met die ramme en met alles wat goed was, en hulle wou dié nie aan vernietiging oorgee nie.+ Wat al die goed betref wat veragtelik en verworpe was, dit het hulle aan vernietiging oorgegee. 10  Die woord van Jehovah het toe tot Samuel gekom en gesê: 11  “Ek is werklik spyt+ dat ek Saul as koning laat regeer het, want hy het hom daarvan afgekeer+ om my te volg en my woorde nie uitgevoer nie.”+ En dit het Samuel ontstel,+ en hy het die hele nag deur tot Jehovah geroep.+ 12  Toe het Samuel vroeg opgestaan om Saul in die oggend te ontmoet. Maar daar is aan Samuel berig gebring en gesê: “Saul het na Karmel+ gekom, en kyk! hy het vir hom ’n monument opgerig,+ en hy het toe omgedraai en oorgegaan en na Gilgal afgegaan.” 13  Eindelik het Samuel by Saul gekom, en Saul het vir hom begin sê: “Mag u geseënd wees+ deur Jehovah. Ek het die woord van Jehovah uitgevoer.”+ 14  Maar Samuel het gesê: “Wat beteken hierdie geluid van kleinvee in my ore dan, en die geluid van beeste wat ek hoor?”+ 15  Hierop het Saul gesê: “Hulle het dit van die Amalekiete af gebring, want die manskappe+ het medelye gehad met die beste van die kleinvee en van die beeste, om aan Jehovah u God offerandes te bring;+ maar wat oorgebly het, het ons aan vernietiging oorgegee.” 16  Hierop het Samuel vir Saul gesê: “Hou op! En ek sal jou vertel wat Jehovah verlede nag vir my gesê het.”+ Toe het hy vir hom gesê: “Spreek!” 17  En Samuel het gesê: “Was dit nie toe jy klein was in jou eie oë+ dat jy hoof van die stamme van Israel was en dat Jehovah jou as koning oor Israel gesalf het+ nie? 18  Later het Jehovah jou met ’n opdrag gestuur en gesê: ‘Gaan, en jy moet die sondaars,+ die Amalekiete, aan vernietiging oorgee, en jy moet teen hulle veg totdat jy hulle uitgeroei het.’+ 19  Waarom het jy dan nie die stem van Jehovah gehoorsaam nie, maar gulsig op die buit afgepyl+ en gedoen wat sleg was in die oë van Jehovah?”+ 20  Saul het egter vir Samuel gesê: “Maar ek hét die stem van Jehovah gehoorsaam+ deurdat ek gegaan het met die opdrag waarmee Jehovah my gestuur het, en ek het Agag,+ die koning van Aʹmalek, gebring, maar Aʹmalek het ek aan vernietiging oorgegee.+ 21  En die manskappe+ het uit die buit skape en beeste geneem, die beste daarvan as iets wat aan vernietiging oorgegee is, om in Gilgal+ aan Jehovah u God offerandes te bring.”+ 22  Hierop het Samuel gesê: “Skep Jehovah soveel behae in brandoffers+ en offerandes as in gehoorsaamheid aan die stem van Jehovah? Kyk! Om gehoorsaam te wees,+ is beter as ’n offerande,+ om aandag te skenk beter as die vet+ van ramme; 23  want opstandigheid+ is dieselfde as die sonde van waarsêery,+ en om vermetel vooruit te dring dieselfde as die gebruik van towerkrag en teraʹfim.+ Aangesien jy die woord van Jehovah verwerp het,+ verwerp hy jou ook as koning.”+ 24  Toe het Saul vir Samuel gesê: “Ek het gesondig;+ want ek het die bevel van Jehovah en u woorde oortree, omdat ek die manskappe gevrees het+ en daarom hulle stem gehoorsaam het. 25  En vergewe+ nou asseblief my sonde en keer saam met my terug sodat ek my voor Jehovah kan neerwerp.”+ 26  Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou terugkeer nie, want jy het die woord van Jehovah verwerp, en Jehovah verwerp jou sodat jy nie meer koning oor Israel sal wees nie.”+ 27  Toe Samuel omdraai om weg te gaan, het hy onmiddellik die slip van sy moulose oorkleed gegryp, maar dit het afgeskeur.+ 28  Hierop het Samuel vir hom gesê: “Jehovah het vandag die koninklike heerskappy oor Israel van jou afgeskeur,+ en hy sal dit beslis aan jou medemens gee wat beter is as jy.+ 29  En buitendien sal die Voortreflikheid van Israel+ nie ontrou wees nie,+ en Hy sal nie spyt voel nie, want Hy is nie ’n mens, dat Hy sou spyt voel nie.”+ 30  Hierop het hy gesê: “Ek het gesondig. Eer my+ asseblief nou voor die ouer manne van my volk en voor Israel en keer saam met my terug, en ek sal my beslis voor Jehovah u God neerwerp.”+ 31  Toe het Samuel teruggekeer agter Saul aan, en Saul het hom voor Jehovah neergewerp. 32  Daarna het Samuel gesê: “BRING Agag, die koning van Aʹmalek, hier na my toe.” Toe het Agag huiwerig na hom toe gegaan, en Agag het by homself begin sê: “Waarlik, die bitter ervaring van die dood het gewyk.” 33  Samuel het egter gesê: “Net soos jou swaard+ vroue van kinders beroof het, so sal jou moeder+ die meeste van kinders beroof wees onder die vroue.”+ Daarop het Samuel Agag in stukke gekap voor Jehovah in Gilgal.+ 34  Samuel het toe na Rama gegaan, en Saul het na sy eie huis in Giʹbea+ van Saul opgegaan. 35  En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie weer gesien nie, want Samuel het oor Saul getreur.+ Wat Jehovah betref, hy was spyt dat hy Saul koning oor Israel gemaak het.+

Voetnote