1 Samuel 16:1-23

16  Uiteindelik het Jehovah vir Samuel gesê: “Hoe lank sal jy oor Saul treur,+ terwyl ek hom daarenteen verwerp het om as koning oor Israel te heers?+ Vul jou horing met olie+ en gaan. Ek sal jou na Isai,+ die Betlehemiet, stuur, want ek het onder sy seuns vir my ’n koning uitgesoek.”+  Maar Samuel het gesê: “Hoe kan ek gaan? As Saul daarvan hoor, sal hy my beslis doodmaak.”+ En Jehovah het gesê: “Jy moet ’n jong koei uit die beeste saam met jou neem, en jy moet sê: ‘Ek het gekom om aan Jehovah ’n offerande te bring.’+  En jy moet Isai na die offerande nooi; en wat my betref, ek sal aan jou bekend maak wat jy moet doen,+ en jy moet vir my die een salf+ wat ek jou sal aanwys.”  En Samuel het gedoen wat Jehovah gesê het. Toe hy by Betlehem+ kom, het die ouer manne van die stad hom bewend+ tegemoetgegaan, en hulle het gesê: “Beteken u koms vrede?”+  Hierop het hy gesê: “Dit beteken vrede. Ek het gekom om aan Jehovah ’n offerande te bring. Heilig+ julle, en julle moet saam met my na die offerande kom.” Toe het hy Isai en sy seuns geheilig, waarna hy hulle na die offerande genooi het.  En toe hulle inkom en hy Eliʹab+ sien, het hy dadelik gesê: “Waarlik, voor Jehovah staan sy gesalfde.”  Maar Jehovah het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en na sy hoë gestalte kyk nie,+ want ek het hom verwerp. Want God sien nie soos die mens sien nie,+ want die mens sien wat vir die oë sigbaar is;+ maar Jehovah sien wat die hart+ is.”  Toe het Isai Abinaʹdab+ geroep en hom voor Samuel laat verbygaan, maar hy het gesê: “Ook hierdie een het Jehovah nie uitgekies nie.”  Daarna het Isai Samma+ laat verbygaan, maar hy het gesê: “Ook hierdie een het Jehovah nie uitgekies nie.” 10  So het Isai sewe van sy seuns voor Samuel laat verbygaan; nogtans het Samuel vir Isai gesê: “Jehovah het hulle nie uitgekies nie.” 11  Uiteindelik het Samuel vir Isai gesê: “Is dit al die seuns?” Hierop het hy gesê: “Die jongste is tot nou toe uitgelaat,+ en kyk! hy laat die skape wei.”+ Daarop het Samuel vir Isai gesê: “Stuur tog en laat hom haal, want ons sal nie vir ete aansit voordat hy hier kom nie.” 12  Toe het hy gestuur en hom laat kom. En hy was rooierig,+ ’n jong man met pragtige oë en ’n aantreklike voorkoms. Toe het Jehovah gesê: “Staan op, salf hom, want dit is hy!”+ 13  Daarop het Samuel die horing met olie+ geneem en hom in die midde van sy broers gesalf. En van dié dag af het die gees van Jehovah oor Dawid werksaam geword.+ Later het Samuel opgestaan en na Rama+ gegaan. 14  En die gees van Jehovah het van Saul gewyk,+ en ’n slegte gees+ van Jehovah af het hom verskrik. 15  En die knegte van Saul het vir hom begin sê: “Kyk tog, God se slegte gees verskrik u. 16  Laat ons heer asseblief u knegte voor u bevel gee dat hulle ’n geoefende+ harpspeler+ moet soek. En wanneer God se slegte gees oor u kom, moet hy met sy hand speel, en dit sal beslis met u goed gaan.” 17  Toe het Saul vir sy knegte gesê: “Voorsien my asseblief van ’n man wat goed kan speel, en julle moet hom na my toe bring.”+ 18  En een van die dienaars het geantwoord en gesê: “Kyk! Ek het gesien dat ’n seun van Isai, die Betlehemiet, ’n geoefende speler+ is, en hy is ’n dapper, sterk man+ en ’n krygsman+ en ’n intelligente spreker+ en ’n welgevormde man,+ en Jehovah is met hom.”+ 19  Toe het Saul boodskappers na Isai gestuur en gesê: “Stuur tog jou seun Dawid, wat by die kleinvee is,+ na my toe.” 20  Daarop het Isai ’n esel, brood en ’n leersak+ met wyn en ’n boklam geneem en dit deur die hand van sy seun Dawid na Saul toe gestuur.+ 21  So het Dawid by Saul gekom en hom gedien;+ en hy het hom baie liefgekry, en hy het sy wapendraer geword.+ 22  Gevolglik het Saul na Isai gestuur en gesê: “Laat Dawid asseblief voortgaan om my te dien, want hy het guns in my oë gevind.” 23  En wanneer God se gees oor Saul gekom het, het Dawid die harp geneem en met sy hand gespeel; en daar was verligting vir Saul en dit het met hom goed gegaan, en die slegte gees het van hom gewyk.+

Voetnote