1 Samuel 18:1-30

18  En net toe hy klaar met Saul gepraat het, het die siel van Joʹnatan+ aan die siel van Dawid verkleef geraak,+ en Joʹnatan het hom liefgekry soos sy eie siel.+  Toe het Saul hom op dié dag geneem, en hy het hom nie toegelaat om na sy vader se huis terug te keer nie.+  En Joʹnatan en Dawid het ’n verbond gesluit,+ omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.+  Verder het Joʹnatan die moulose oorkleed uitgetrek wat hy aangehad het en dit aan Dawid gegee, en ook sy klere, en selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.  En Dawid het begin uitgaan. Waar Saul hom ook al gestuur het, het hy omsigtig opgetree,+ sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het;+ en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die knegte van Saul.  En by hulle intog, toe Dawid terugkeer nadat hy die Filistyne verslaan het, het die vroue uit al die stede van Israel koning Saul met sang+ en danse tegemoet begin gaan, met tamboeryne,+ met blydskap+ en met luite.  En die vroue wat die geleentheid gevier het, het in wisselsang bly sê: “Saul het sy duisende verslaan,En Dawid sy tienduisende.”+  En Saul het baie toornig geword,+ en vanuit sy oogpunt was hierdie woord sleg, sodat hy gesê het: “Hulle het aan Dawid tienduisende gegee, maar aan my het hulle die duisende gegee, en nou moet nog net die koningskap aan hom gegee word!”+  En van dié dag af het Saul Dawid voortdurend agterdogtig aangekyk.+ 10  En die volgende dag+ het God se slegte gees oor Saul werksaam geword,+ sodat hy hom in die huis soos ’n profeet gedra het,+ terwyl Dawid soos in vroeër dae met sy hand musiek gespeel het;+ en die spies was in Saul se hand.+ 11  En Saul het die spies gegooi+ en gesê: “Ek gaan Dawid teen die muur vaspen!”+ maar Dawid het twee keer voor hom weggekoes.+ 12  En Saul het bang geword+ vir Dawid omdat Jehovah met hom was,+ maar van Saul het hy gewyk.+ 13  Gevolglik het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder+ en hom as sy hoof oor duisend aangestel; en hy het gereeld voor die manskappe uitgegaan en ingekom.+ 14  En Dawid het voortdurend in al sy weë omsigtig opgetree,+ en Jehovah was met hom.+ 15  En Saul het heeltyd gesien dat hy baie omsigtig optree,+ sodat hy vir hom bang was. 16  En die hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, omdat hy voor hulle uitgegaan en ingekom het. 17  Uiteindelik het Saul vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter Merab.+ Haar sal ek aan jou as vrou gee.+ Wees net vir my ’n dapper man en voer die oorloë van Jehovah.”+ Maar Saul het by homself gesê: “Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.”+ 18  Hierop het Dawid vir Saul gesê: “Wie is ek en wie is my bloedverwante, my vader se familie, in Israel, dat ek die skoonseun van die koning sou word?”+ 19  Maar teen die tyd dat Merab, Saul se dogter, aan Dawid gegee moes word, was sy reeds aan Aʹdriël,+ die Meholatiet,+ as vrou gegee. 20  En Migal,+ Saul se dogter, was verlief op Dawid, en hulle het Saul daarvan vertel, en die saak het hom geval. 21  Toe het Saul gesê: “Ek sal haar aan hom gee sodat sy vir hom as ’n strik kan dien+ en sodat die hand van die Filistyne teen hom kan wees.” Gevolglik het Saul vir Dawid gesê: “Deur een van die twee vroue sal jy vandag ’n huweliksverbintenis met my aangaan.” 22  Verder het Saul sy knegte beveel: “Praat in die geheim met Dawid en sê: ‘Kyk! Die koning het behae in jou, en al sy knegte het jou liefgekry. Gaan dan nou ’n huweliksverbintenis met die koning aan.’” 23  En die knegte van Saul het hierdie woorde voor die ore van Dawid begin spreek, maar Dawid het gesê: “Is dit iets makliks in julle oë om ’n huweliksverbintenis met die koning aan te gaan, terwyl ek ’n arm man is+ en geringgeag word?”+ 24  Toe het die knegte van Saul aan hom berig gebring en gesê: “Met sulke woorde het Dawid gespreek.” 25  Daarop het Saul gesê: “Só sal julle vir Dawid sê: ‘Die koning skep nie behae in ’n bruidsprys+ nie, maar in honderd voorhuide+ van die Filistyne, om hom op die vyande van die koning te wreek.’”+ Maar Saul het planne beraam om Dawid deur die hand van die Filistyne te laat val. 26  Toe het sy knegte hierdie woorde aan Dawid meegedeel, en die saak het Dawid geval, om ’n huweliksverbintenis+ met die koning aan te gaan, en die dae het nog nie verstryk nie. 27  Daarom het Dawid opgestaan, en hy en sy manne het gegaan en onder die Filistyne tweehonderd man doodgemaak,+ en Dawid het hulle voorhuide gebring+ en die volle getal daarvan aan die koning gegee, om ’n huweliksverbintenis met die koning aan te gaan. Daarop het Saul sy dogter Migal aan hom as vrou gegee.+ 28  En Saul het gesien en te wete gekom dat Jehovah met Dawid was.+ Wat Saul se dogter Migal betref, sy het hom liefgehad.+ 29  En weer het Saul nog meer vrees vir Dawid gekoester, en Saul het vir altyd ’n vyand van Dawid geword.+ 30  En die vorste+ van die Filistyne het uitgetrek, en elke keer as hulle uitgetrek het, het Dawid omsigtiger+ as al die knegte van Saul opgetree; en sy naam het baie kosbaar geword.+

Voetnote