1 Samuel 19:1-24

19  Eindelik het Saul met sy seun Joʹnatan en met al sy knegte daaroor gepraat om Dawid dood te maak.+  Wat Saul se seun Joʹnatan betref, hy het groot behae in Dawid gehad.+ Daarom het Joʹnatan Dawid vertel en gesê: “My vader Saul wil jou laat doodmaak. En wees asseblief dan nou môreoggend op jou hoede, en jy moet in ’n skuilplek bly en wegkruip.+  En wat my betref, ek sal uitgaan en sekerlik langs my vader gaan staan in die veld waar jy sal wees, en ek sal ten behoewe van jou met my vader praat, en ek sal sekerlik sien wat sal gebeur, en ek sal jou beslis vertel.”+  Toe het Joʹnatan goed van Dawid gepraat+ by sy vader Saul en vir hom gesê: “Laat die koning nie teen sy kneg Dawid sondig nie,+ want hy het nie teenoor u gesondig nie en sy werke was vir u baie voordelig.+  En hy het sy siel in sy palm geplaas+ en die Filistyn doodgemaak,+ sodat Jehovah ’n groot redding vir die hele Israel bewerk het.+ U het dit gesien, en u was bly. Waarom sou u dan teen onskuldige bloed sondig deur Dawid sonder rede+ te laat doodmaak?”+  Toe het Saul die stem van Joʹnatan gehoorsaam, en Saul het gesweer: “So waar as Jehovah lewe,+ hy sal nie doodgemaak word nie.”  Later het Joʹnatan Dawid geroep, en Joʹnatan het hom al hierdie woorde vertel. Toe het Joʹnatan Dawid na Saul toe gebring, en hy was voor hom net soos voorheen.+  Na verloop van tyd het daar weer oorlog uitgebreek, en Dawid het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en hulle met ’n groot slagting verslaan,+ en hulle het voor hom gevlug.+  En Jehovah se slegte gees+ het oor Saul gekom toe hy met sy spies in sy hand in sy huis sit, terwyl Dawid met sy hand musiek speel. 10  Gevolglik het Saul Dawid met die spies teen die muur probeer vaspen,+ maar hy het voor Saul weggekoes,+ sodat hy die spies in die muur gesteek het. En Dawid het gevlug sodat hy gedurende daardie nag kon ontkom.+ 11  Later het Saul boodskappers+ na Dawid se huis gestuur om dit dop te hou en om hom in die oggend te laat doodmaak;+ maar sy vrou Migal het Dawid vertel en gesê: “As jy jou siel nie vannag laat ontkom nie, sal jy môre dood wees.” 12  Onmiddellik het Migal Dawid deur die venster laat afsak, sodat hy kon weggaan en vlug en ontkom.+ 13  Toe het Migal die terafimbeeld+ geneem en dit op die slaapbank gesit, en sy het ’n net van bokhaar op die plek vir sy kop gesit, waarna sy dit met ’n kleed bedek het. 14  Saul het toe boodskappers gestuur om Dawid te gaan haal, maar sy het gesê: “Hy is siek.”+ 15  Daarop het Saul die boodskappers gestuur om Dawid te sien en het gesê: “Bring hom op sy slaapbank na my toe op, sodat ek hom kan laat doodmaak.”+ 16  Toe die boodskappers inkom, kyk, toe was die terafimbeeld op die slaapbank en ’n net van bokhaar op die plek vir sy kop. 17  Hierop het Saul vir Migal gesê: “Waarom het jy my so bedrieg,+ sodat jy my vyand+ weggestuur het dat hy kon ontkom?” En Migal het vir Saul gesê: “Hy het vir my gesê: ‘Stuur my weg! Waarom moet ek jou doodmaak?’” 18  Wat Dawid betref, hy het gevlug en ontkom+ en by Samuel in Rama+ gekom. En hy het hom alles vertel wat Saul hom aangedoen het. Toe het hy en Samuel weggegaan, en hulle het in Najot+ gaan woon. 19  Na verloop van tyd het Saul dié berig gekry: “Kyk! Dawid is in Najot in Rama.” 20  Dadelik het Saul boodskappers gestuur om Dawid te gaan haal. Toe hulle die bejaardes van die profete sien profeteer, en Samuel wat in sy posisie oor hulle staan, het die gees+ van God oor Saul se boodskappers gekom, en ook hulle het hulle soos profete begin gedra.+ 21  Toe hulle Saul daarvan vertel, het hy onmiddellik ander boodskappers gestuur, en ook húlle het hulle soos profete begin gedra. Daarop het Saul weer boodskappers gestuur, die derde groep, en ook hulle het hulle soos profete begin gedra. 22  Uiteindelik het ook hy na Rama gegaan. Toe hy by die groot reënput kom wat in Segu is, het hy begin vra en gesê: “Waar is Samuel en Dawid?” Hierop het hulle gesê: “Daar in Najot+ in Rama.” 23  En hy het daarvandaan verder gegaan na Najot in Rama, en die gees+ van God het oor hom gekom, ja, oor hom, en hy het verder geloop en hom deurentyd soos ’n profeet gedra totdat hy in Najot in Rama gekom het. 24  En hy het ook sy klere uitgetrek, en ook hy het hom voor Samuel soos ’n profeet gedra, en hy het daardie hele dag en daardie hele nag naak bly lê.+ Daarom het hulle begin sê: “Is Saul ook onder die profete?”+

Voetnote