1 Samuel 20:1-42

20  En Dawid het uit Najot in Rama gevlug.+ Hy het egter gekom en voor Joʹnatan gesê: “Wat het ek gedoen?+ Wat is my oortreding, en watter sonde het ek voor jou vader begaan, want hy soek my siel?”  Hierop het hy vir hom gesê: “Dit is ondenkbaar!+ Jy sal nie sterf nie. Kyk! My vader sal nie iets groots of iets kleins doen sonder om dit aan my oor te onthul nie;+ en waarom sou my vader hierdie saak vir my wegsteek?+ Dit gebeur nie.”  Maar Dawid het ook gesweer+ en gesê: “Jou vader moet gewis weet dat ek guns in jou oë gevind het,+ en daarom sou hy sê: ‘Moenie dat Joʹnatan dit weet nie sodat hy nie gekrenk voel nie.’ Maar so waar as Jehovah lewe+ en so waar as jou siel lewe,+ daar is in werklikheid maar net ’n tree tussen my en die dood!”+  En Joʹnatan het vir Dawid gesê: “Wat jou siel ook al mag sê, sal ek vir jou doen.”  Hierop het Dawid vir Joʹnatan gesê: “Kyk! Môre is dit nuwemaan,+ en ek behoort vir seker saam met die koning aan te sit om te eet; en jy moet my wegstuur, en ek sal my tot die aand van die derde dag in die veld versteek.+  As jou vader my enigsins mis, dan moet jy sê: ‘Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem+ te gaan, want daar het hulle ’n jaarlikse offerande vir die hele familie.’+  As hy só sê: ‘Dit is goed!’ dan beteken dit vrede vir jou kneg. Maar as hy enigsins toornig word, moet jy weet dat hy op kwaad besluit het.+  En jy moet liefderyke goedhartigheid teenoor jou kneg bewys,+ want jy het jou kneg saam met jou in ’n verbond+ van Jehovah gebring. Maar as daar ongeregtigheid in my is,+ moet jý my doodmaak, want waarom sou jy my na jou vader bring?”  Hierop het Joʹnatan gesê: “Dit is ondenkbaar aangaande jou! Maar sal ek jou dit nie vertel as ek enigsins te wete kom dat my vader besluit het dat kwaad oor jou moet kom nie?”+ 10  Toe het Dawid vir Joʹnatan gesê: “Wie sal my vertel of jou vader jou dalk ’n harde antwoord gee?” 11  Daarop het Joʹnatan vir Dawid gesê: “Kom net, en laat ons uitgaan na die veld.” En hulle twee het uitgegaan na die veld. 12  En Joʹnatan het verder vir Dawid gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel,+ ’n getuie wees+ dat ek omstreeks hierdie tyd môre, of die derde dag, my vader sal pols, en sal ek dan nie, as hy Dawid goedgesind is, na jou stuur en dit beslis aan jou oor onthul nie? 13  Mag Jehovah so aan Joʹnatan doen en mag hy so daaraan toevoeg+ as ek, ingeval my vader dit goedvind om jou kwaad aan te doen, dit nie inderdaad aan jou oor onthul en jou wegstuur nie, en jy nie sekerlik in vrede gaan nie. En mag Jehovah met jou wees,+ net soos hy met my vader was.+ 14  En sal jy nie, as ek dan nog lewe,+ ja, sal jy nie die liefderyke goedhartigheid van Jehovah teenoor my bewys, sodat ek nie sal sterf nie?+ 15  En jy sal tot onbepaalde tyd nie jou liefderyke goedhartigheid van my huis afsny nie.+ Ook wanneer Jehovah al die vyande van Dawid van die oppervlak van die aarde af uitroei, 16  sal die naam van Joʹnatan nie uit die huis van Dawid uitgeroei word nie.+ En Jehovah sal dit van die hand van Dawid se vyande eis.” 17  Toe het Joʹnatan weer vir Dawid gesweer weens sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad soos hy sy eie siel liefgehad het.+ 18  En Joʹnatan het vir hom gesê: “Môre is dit nuwemaan,+ en jy sal beslis gemis word, want jou sitplek sal leeg wees. 19  En op die derde dag sal jy beslis baie gemis word; en jy moet na die plek kom waar jy jou op die werksdag versteek het,+ en jy moet naby hierdie klip bly. 20  En wat my betref, ek sal drie pyle aan een kant daarvan skiet, om hulle na ’n teiken te stuur waarheen ek wil. 21  En kyk! ek sal die dienaar stuur en sê: ‘Gaan, vind die pyle.’ As ek uitdruklik vir die dienaar sê: ‘Kyk! Die pyle is aan hierdie kant van jou, neem hulle’, dan moet jy kom, want dit beteken vrede vir jou en daar skort niks nie, so waar as Jehovah lewe.+ 22  Maar as ek vir die jong man só sê: ‘Kyk! Die pyle is verder van jou af’, moet jy gaan, want Jehovah het jou weggestuur. 23  En wat die woord betref wat ons gespreek het,+ ek en jy, wel, mag Jehovah tot onbepaalde tyd tussen my en jou wees.”+ 24  En Dawid het hom in die veld versteek.+ En dit het nuwemaan geword, en die koning het by die maaltyd gaan aansit om te eet.+ 25  En die koning het soos ander kere op sy sitplek gesit, op die sitplek by die muur; en Joʹnatan was teenoor hom, en Abner+ het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg. 26  En Saul het op dié dag hoegenaamd niks gesê nie, want hy het by homself gesê: “Iets het gebeur sodat hy nie rein is nie,+ want hy is nie gereinig nie.” 27  En die dag ná die nuwemaan, op die tweede dag, was Dawid se plek nog leeg. Hierop het Saul vir sy seun Joʹnatan gesê: “Waarom het die seun van Isai+ nie gister of vandag na die maaltyd gekom nie?” 28  Toe het Joʹnatan Saul geantwoord: “Dawid het my dringend verlof gevra om na Betlehem te gaan.+ 29  En hy het gesê: ‘Stuur my asseblief weg, want ons het ’n familieofferande in die stad, en my broer het my beveel. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my asseblief wegglip sodat ek my broers kan sien.’ Daarom het hy nie na die koning se tafel gekom nie.” 30  Toe het Saul se toorn+ teen Joʹnatan ontvlam, en hy het vir hom gesê: “Jou seun van ’n opstandige diensmeisie,+ weet ek nie goed dat jy tot jou eie skande en tot die skande van die skaamdele van jou moeder+ die seun van Isai kies nie? 31  Want al die dae dat die seun van Isai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie stewig gevestig word nie.+ Stuur dan nou en bring hom na my toe, want hy is vir die dood bestem.”+ 32  Maar Joʹnatan het sy vader Saul geantwoord en vir hom gesê: “Waarom moet hy doodgemaak word?+ Wat het hy gedoen?”+ 33  Daarop het Saul die spies na hom toe gegooi om hom te tref;+ en Joʹnatan het te wete gekom dat sy vader besluit het om Dawid dood te maak.+ 34  Onmiddellik het Joʹnatan in gloeiende toorn+ van die tafel af opgestaan, en hy het op die tweede dag ná die nuwemaan geen brood geëet nie, want hy was gekrenk weens Dawid,+ omdat sy vader hom verneder het.+ 35  En in die oggend het Joʹnatan na die veld uitgegaan na Dawid se afgesproke plek,+ en daar was ’n jong dienaar by hom. 36  En hy het vir sy dienaar gesê: “Hardloop asseblief, vind die pyle wat ek skiet.”+ Die dienaar het gehardloop, en hy het die pyl so geskiet dat dit verby hom gegaan het. 37  Toe die dienaar tot by die plek kom waarheen Joʹnatan die pyl geskiet het, het Joʹnatan agter die dienaar aan begin roep en gesê: “Is die pyl nie verder van jou af nie?”+ 38  En Joʹnatan het agter die dienaar aan geroep: “Haas jou! Maak gou! Moenie stilstaan nie!” En die dienaar van Joʹnatan het die pyle opgetel en toe na sy heer gekom. 39  Die dienaar het niks geweet nie; net Joʹnatan en Dawid het van die saak geweet. 40  Daarna het Joʹnatan sy wapens aan die dienaar gegee wat aan hom behoort het en vir hom gesê: “Gaan, neem dit na die stad.” 41  Die dienaar het gegaan. Wat Dawid betref, hy het daar naby aan die suidekant opgestaan. Toe het hy met sy gesig op die aarde geval+ en drie keer gebuig; en hulle het begin om mekaar te soen+ en oor mekaar te huil, totdat Dawid die meeste gehuil het.+ 42  En Joʹnatan het vir Dawid gesê: “Gaan in vrede,+ aangesien ons, ons twee, in die naam van Jehovah gesweer+ en gesê het: ‘Mag Jehovah tot onbepaalde tyd tussen my en jou en tussen my nageslag en jou nageslag wees.’”+ Toe het Dawid opgestaan en weggegaan, en Joʹnatan het in die stad ingekom.

Voetnote